Diverse

Janie du Plessis blog: “Die vakansie is verby – ek’t ‘n vakansie nodig!”

Op die 1ste Januarie is my huis te chaoties vir persoonlike plannetjies oor dieet of ‘oorbegin’. Dit is die tyd van die jaar wat ek soos ‘n masjien deurdruk en aangaan, kook, onthaal, reël, beplan en min slaap. Om te dink dat ek aandag aan myself kan gee tot minstens middel-Januarie is totaal sinneloos, want my nuwe jaar begin eers in Februarie. En as ma het ek geleer dat my Sabbatdag beslis nie op ‘n Sondag is nie!

In die jare wat ek in Europa gebly het, het ek groot feeste gereël vir die familie; een in Italie vir die Itailaanse familie en een in Portugal vir die aangetroude Portugese familie. Tog is die herinneringe wat ek daarvan het, herinneringe van ‘n bakleiery onder mekaar en ‘n ongemaklikheid wat soos ‘n wolk oor die keurigheid gehang het, en alles uiteindelik bederf het.

En hoe harder ek gewerk het om die feestyd intiem en gelukkig te maak, hoe groter het die verhoog geword vir die drama deur die familie, jaar na jaar, en elke keer in ons huis! Vir jare was ek altyd kwaad oor Kerstyd, altyd geïrriteerd met die twiste tussen familielede, die selfsug van ander wat ‘n mens se spasie oorneem, die niggie of nefie wat steeds vasgevang is in die ongelukkige huwelik en niks daaraan doen nie. Die gekla, die gekuier van die lui gaste, die gevretery… Ek’t dikwels net van moedeloosheid op my bed gelê en huil!

Maar nou is Kersfees vir my die lekkerste tyd van die jaar, want as ma het ek oor die jare gewoond geraak aan die magdom werk, die skoonmaak en aanhoudende kosmakery wat dit bring! Eintlik hou ek van ‘n reuse-Kerstafel, kleintjies wat koekies bak en tafels versier, tieners wat Kerskonsert hou, die mans wat kalkoen braai in die weber en selfs die luies wat rondlê en lawaai in die son. Die feestyd voel net nie vir my soos Feestyd as daar nie baie mense by my huis kuier, of sommer net inval en bly vir ete en die kinders daar los om oor te slaap nie.

Dit het jare gevat, maar ek’t slim geword en nou ry ek daardie Feestyd-brander soos ‘n kampioen! Ek verwag nie rus nie. Ek verwag nie meer lekker leestyd nie. Ek het lankal ophou verwag dat ek myself met ‘n droë swemhanddoek sal kan afdroog. Nee, ek kners met liefde op my tande en wag vir die Sabbatdag – my Sabbatdag -as my vakansie begin en almal weg is.

My Sabbatdag is partykeer sommer op ‘n Woensdag of soggens as almal slaap en ek vyfuur op my stoep sit en kyk hoe dit begin lig word bokant die berge hier in Kaapstad.

Ons is al diep in die nuwe jaar in en vandag, Sondag, is die eerste dag wat ek dalk by die swembad sal kan uitkom… Die gaste is weg, die kinders gaan terug skool toe, almal het begin werk… en ek vier fees oor die min was – en skottelgoed, die stilte in die huis, die mandjie in plaas van ‘n trollie wat ek moet stoot in die supermark,vroeg in die bed te klim na ‘n toebroodjie vir aandete en sommer self te besluit wat ek op die TV gaan kyk …

Jissie – Nou hou ek darem lekker vakansie!

  • Annaline

    Ek ken ook die gevoel, het ook al die jare toe ek getroud was rondgespring en almal bederf oor Kerstyd. meestal ten koste van myself, nou is dit anders. Die mense vir wie ek lief is kom kuier en maak my lewe vol. Nadat hulle almal weg is en net hier en daar ‘n beduidenis is dat daar ‘n klompie mense by my gekuier het, soos die loopring van my kleinkind wat nie ook ingepas het na al die geskenke nie, raak ek weer rustig. Gaan stap saans alleen langs die see, lees my boek tot my oë toeval, eet Woolies afgemerkte kerskoek en drink goeie wyn….ek rus ook eers as ek weer begin werk, maar dit is lekker en ek verkies dit so…

  • Beatrix Roux

    Geniet dit gate uit – jy verdien dit. Ons was jou graag nooi as ‘n spreker by ‘n vroue-oggend. Waar kan ek jou kontak (agent?).

  • Francoise

    Uwe Boden sagt:Hallo Hanna,Kinder der Konsummaterialisten klingt ein wenig anerwtebd, daher r hrt sicher auch deine Frage nach der Haltung der Gestalter. Der Begriff beschreibt ein bestimmtes Milieu des Modells von Sinus Sociovision (www.sociovision.de). Wir haben gelernt Zeichen, Bilder, Schrift, Kleidung, etc. wie Sprachen zu lesen, aus denen wir Zugeh rigkeiten zu bestimmten Milieus und Gruppen ableiten.Ein Interesse f r kologie ist bei den so genannten Konsummaterialisten gering oder nicht vorhanden. Gerade wegen seiner sehr beschr nkten finanziellen Mittel zeigt dieses Milieu ein ausgepr gtes Konsumverhalten. Viele Angeh rige des Milieus konzentrieren sich ganz auf die Gegenwart, auf spontanen und prestigetr chtigen Konsum, um zu beweisen, dass sie an die Konsumstandards der b rgerlichen Mitte Anschluss halten k nnen. Dar ber hinaus geht es in der Freizeit um Unterhaltung, Ablenkung, Action, zu Hause fernsehen, Videos ansehen, Videospiele, Musik und Radio h ren. Damit einher geht die Ausstattung mit moderner Unterhaltungselektronik.Durch die zielgruppenspezifische gestalterische Umsetzung als Videospiel werden die Kinder der Konsummaterialisten erreicht. Es stellt sich nicht die Frage nach Gut oder B se im Hinblick auf Videospiele. Ziel ist es, Inhalte wie Nachhaltigkeit, Artenvielfalt oder Klimawandel f r Zielgruppen, die bisher keinen Zugang zu diesen Themen hatten, gestalterisch professionell aufzubereiten, und deren Interesse zu wecken. Uwe Boden