sr1011janiecover5
Diverse

Janie du Plessis blog: “Dis ‘n kop-ding”

Om ‘n positiewe mense te wees beteken nie dat jou kop altyd reg dink nie. ’n Mens word nie net wakker in die oggend met ‘n kop vol gesonde gedagtes of  planne nie. Dis ‘n keuse – amper soos gesond eet. Jy besluit self of jy die gesonde kos of die ongesonde kos in jou trollie gaan pak as jy in die supermark se gang afstap.

Elke dag as ek wakker word, voel ek soos ‘n soldaat wat my kamoefleerklere, pantser en geweer vasgordel aan my lyf, goed bewapen vir die daaglikse besoedeling van ander mense se oordeel en opinies.

Maar, die week het Rambo sy gat gesien. Ek lees  op die oomblik ‘n riller van Michael Connelly en die Chinese triads en hoe magtig hulle invloed is in die gemeenskap en oor die wêreld. Die triads se wette word nie eers deur die gemeenskap betwyfel nie. Veral die ouer geslag aanvaar die reëls en bly vir hulle lewens sonder bevraagtekening gehoorsaam aan die ongeregtigheid.

Ons boere het ook‘triads – ons noem hulle komitees. Hulle is mense sonder tatoes en swaarde, maar net gevaarliker – hulle is in ons kerke en ons liefdadigheidsorganisasies en nie eers die slimstes van ons kan die laksman onder hulle herken nie.

Daar’s altyd ‘n paar laksmanne in ‘n komitee – verbloem agter ‘n netjiese haardos,ordentlike kinders en ‘n mooi huis is hulle daai mense wat jou verstom met hulle onredelike stemme, wrede oordeel en agterbakse politieke strategieë. Ons komitees se mag lê in hulle mag om besluite te neem.Die mag om te veto en die harde werkers met ‘n kopknik te herinner wie’s die baas.

Dit maak nie saak hoe positief jy is nie – daar is geen verweer teen die magteloosheid wat onredelikheid jou laat voel nie. Ek voel so magteloos as iemand my dag net sonder rede bederf! Maak nie saak hoe ek fokus op positiwiteit en opregtheid of gedissiplineerd my dae vol dade met waarde probeer vul nie – dit vat eintlik net een ander mens se negatiwiteitof egosentriese selfsug om die orde te versteur.

My ma sê altyd – ‘n Mens moet positief dink, of pasop wat jy dink! As dit nie vir die simpel mense om my was nie, was my kop net vol goeie gedagtes. Dis wat sommige mense met hulle nougesette oordeel binne-in my kop kom sit wat my deurmekaar en onseker laat voel en dit is die ding wat ek die meeste mee sukkel, want ek het nog net nie geleer hoe om die gemors wat ander mense in my kop sit, uit te kry nie.

My kop werk soos my swembad by my huis. Nie altyd lekker nie… Ek dink die probleem lê by die filter se masjien wat nie sterk genoeg is vir die gemors wat hy moet hanteer nie en my creepy crawly haak die heeltyd by die trappies vas en suig net in sirkels op dieselfde plek op.

Ek’t vrede gemaak met my swembad, want ek weet al lankal dat hy meer werk verg as my buurman s’n. Sekere tye van die jaar moet ek tot 3 keer per dag die blare van die uitheemse peperboom wat bles word, uitskep. As die blare langer as ‘n dag in die water lê, begin dit afsak na die bodem toe en danweet ek dat ek binne 3 weke sal super shock!

Dis dieselfde met my kop… ek moet elke dag aan hom werk. My filter se masjien is ook maar vrot en my creepy crawly haak ook dikwels in die hoek vas en dink in sirkels. Ek moet elke dag blare skep, en doen ek dit nie, weet ek ook dat ek binne 3 weke sal moet super shock.

Swembad-onderhoud is darem nie altyd harde werk nie. In die wintermaande gooi ek net daai drywende spoetnik-ding in- en los hom so tot minstens einde Oktobermaand, want hy bly sommer so helderop sy eie, sonder onderhoud.

Met ‘n hittegolf agter die rug en ‘n paar gewetenlose besluite in die raadsaal, wag ek en die swembad nou geduldig vir die winter en die temperatuur om te sak…

  • Antoinette

    Ek stem so saam met jou – ek "fight" eerder tatoes en swaarde, as die agterbaksheid en selfbelang van seker komitees en hul lede – ek het probeer, alles vir n awesome doel, maar wel later besef, "let go", jy gaan beslis nie die battle wen nie – maak n verskil iewers anders. Sterkte, winter is oppad.

  • http://www.deborah.co.za Deborah Ho-Chung

    Jou woorde is so waar Vrou. En jou beeldspraak is pragtig. Dit het my lekker laat lag. Daar is egter raad vir jou creepy crawly wat so in sirkels rond hardloop hoor. My tuindiens ou het iets gestel aan myne en nou loop dit vlot.
    My persoonlike creepy crawly is egter n ander storie. Net onlangs het ek besluit om my omgewing te spring clean. Daai bome wat so blare in my swembad gooi het ek een vir een afgesny. En as ek hulle nie kan uitkap nie loop ek dan draaie om hulle. As dit nie moontlik is nie gebruik ek my i- pod om hulle te vermy – soos die vrou by die gym – iemand wie ek glad nie ken nie- wat elke oggend wil skinner oor die ander mense wat sy ook nie eers ken nie.
    Maar dis maklikker gese as gedaan… en elke dag is n stryd om positief te bly…. maar dis troosend om te weet dat ek nie aleen in my stryd is nie.
    Sterkte met albei jou filter en daai steekse creepy crawly! :-)
    En ek vra askuus vir spel en taal foute – maar ek het n veskooning daarvoor ek belowe.

  • Amy

    Great article! I feel more like that the poor frog that got stuck in our
    pool’s weir! I am yo-yoing between irritation and frustration. One
    thing that I do know is that a good dose of shock (including acid)
    treatment will get your pool sparkling again. Unfortunately you have to
    take out the rubbish that the wind blew in! Should a small stone land
    in your pool, it sinks to the bottom, if you step on it, it really
    hurts. Bend down and toss it as far away from the pool as possible. The
    pool HAS to be clean to enjoy it! A

  • Marie van Heerden

    Skitterend! Ek kry lekker tot in my tone, dis nie net ek nie. Ons het almal hierdie "positiewe" ding, "ons gaan nie toelaat dat ander mense in ons kop kom rondfoeter nie", "ek is in beheer van hoe ek voel…", werk nie altyd so nie, maar dit maak dit nie verkeerd nie. Hou moed, Meisie. As jy die dag voel die "komitee’s" kry jou onder…"have a big one" sê my liewe niggie Kotie, en more begin ons weer. Onthou, "what people think of you is none of your business".

  • http://bqpzlculmvxk.com/ fmaqxwvvhwd

    EdcUEM gysrmmpeuctc, [url=http://wlywtknmvtfu.com/]wlywtknmvtfu[/url], [link=http://jshkjpgjovsi.com/]jshkjpgjovsi[/link], http://eefxjhuroyqt.com/

  • Uday

    Naja man kann davon halten was man will, menier Ansicht nach ist’s aber einfach nicht mehr Zeitgeme4df. Buttons sind auf jeden Fall eine wirklich sehr tolle Sache wenn sie gut gemacht sind sprich mit PhotoShop die Vorliegenden verursachen bei mir aber einfach nur 1998er Augenkrebs (sorry). Ich kann mir auch beim besten Willen nicht vorstellen, dass die User so etwas fcberhaupt noch sehen. Der am he4ufigsten vorkommende Usecase ist wohl wirklich die Valid CSS/HTML’ Aussage. Klickt man dann aber drauf bekommt man in 90% der Fe4lle ein ganz anderes Ergebnis vom Validator *zwinker* BTW Button Das Markup des Abschlusslinks ist scheints zerbrf6selt, fix das mal und dann schreib doch bitte mal wieder was. Es gibt einfach zu wenige Blogs in denen ein Insider in so einem einsteigerfreundlichem Level schreibt. Das Web braucht mehr davon!