img_1604_copyfader
Diverse

Martie Swanepoel blog: “Kantelende seën”

Onder die gat is daar ‘n reuse duik in die sinkplate waarin my yskas én wasmasjien sal pas. Die stoep se een dakplaat is geknak en ‘n hoop stene en rommel lê van voor my agterdeur tot 10 m verder agter die kruietuin.

Dit was ‘n heerlike shopping ekskursie deur Pick ‘n Pay tot en met Selina se Please Call Me.

“Die satellietskottel het afgeval,” het sy die saak eufemisties gestel.

Vrydag het ‘n kraan gebars, die gastehuis se geyser het gedooi. Nou die satellietskottel, het ek moedeloos met my trollie vol groceries gedink.

Maar noudat ek hier langs die swembad staan, is ek by moedeloos verby. My 90 jarige huis se skoorsteen het omgeval en verkrummel. Eenkant langs die swembad lê die satellietskottel met sy beskeie skade.

Ek maak somme in my kop hoeveel gaan dit kos om ‘n kwart van my dak en ‘n skoorsteen van die Essie stoof in die sitkamer af tot bo te herbou. Die hele kaggelpaneel in die sitkamer sal oopgekap moet word.
Donderdagaand het die blitse in harde slae om my huis geslaan. Dit was net een te veel vir die ou dame se skoorsteen.

Ek wil net noem ek trou oor ‘n maand. Dit was reeds ‘n dilemma hoe ons al Gert se meubels ook in die huis gaan inpas.

Dit is nou nie juis ‘n gerieflike gedagte dat my sitkamer dalk in ‘n hoop bourommel en stof gehul gaan wees nie.

Terwyl ek en Abel bekommerd na die reënwolke kyk en seile oor die skade span, besef ek die seëning. Daar waar die hoop rommel nou op die stoep lê, het ‘n groep tieners Saterdagaand gebraai.

As die skoorsteen my dak so hard getref het dat dit lyk of ‘n vlieënde piering daar ‘n crash landing uitgevoer het, sou dit ‘n kind kon doodval.

Die skoorsteen moes drie dae na die storm wankelend aan haar waardigheid probeer klou het voor sy gekantel het. Skielik lyk die skade nie meer so groot nie.

Ek is dankbaar.

  • Islam

    Hm, die Frage ist hier wohl, in wie weit es dem Informanten berlassen ist, zu edeschtinen, wem er sein Material berlassen will wenn ein Mitarbeiter des BMI, der meinetwegen Namentlich sogar bekannt ist, dem Spiegel eine Menge an Dokumenten gibt, und der Spiegel dann diese nach und nach ver ffentlicht wer will den Informanten zwingen, die Dokumente auch der Welt zu geben?Und wer sagt, dass WL die zu ver ffentlichenden Depeschen nicht ausw hlt und den Redaktionen zur Verf gung stellt? (WL ver ffentlicht die Depeschen, ber die berichtet wurde? Oder berichten die Medien ber die Depeschen, die ver ffentlicht werden? )Gr e,Michael