sr0709rubrieksete
Diverse

Kersgroete

Vir my is Kersfees ’n herinnering en ’n soort blydskap, ’n onthou en ’n vergeet, engelkore en besige strate, Vrede op aarde en oorlog oral.

Dis ’n fees van ’n Kind: ’n Kind en ’n kind. Die Kind wat gebore is, sou die wêreld se koers vir altyd verander en nuwe bakens stel van menswees en geloof.

Die mooiste musiek word gespeel in kerke én geblêr in winkels. En daar is tog ’n gees van welwillendheid.

My eerste herinnering is van mense by ons aan tafel met groen papierkêpsies op. Ek weet nie wanneer dit was nie, iewers in die vroeë oorlogsjare toe kêpsies nog vermaak was. Op die kêpsies was PEACE, LOVE, CHRIST, JOY, ens.

Nou wens ek vir al SARIE se lesers ’n gesëende Kersfees met ’n kêpsie op. Mag vreugde en liefde oorheers. Mag Christus ook aan tafel wees. En mag Hy oral voor stap, met ons agterna.

Desember 2009 se Laaste sê

Ná baie jare groet ek ook my lesers. Baie dankie vir jul ondersteuning. Baie dankie aan die SARIE-span. Baie dankie aan almal wat met die blad gehelp het, veral André, Lerine, Chris en Helene. En ’n Kersfeesdrukkie vir my geliefde meisie: Michélle.

Maar die lesers: Mag die pad altyd ’n avontuur wees en mag God altyd iewers in jou prentjie wees.

Izak de Villiers
Kersfees 2009


  • http://svhbxgsdpwvh.com/ gddlplj

    CGcrYN nknrblkvofox, [url=http://lhuzcraibrrw.com/]lhuzcraibrrw[/url], [link=http://gbnafxoaxnnd.com/]gbnafxoaxnnd[/link], http://iglhhewyitbl.com/