Diverse

Martie Swanepoel blog: “Ipekonders”

So elke twee weke draf ek by die apteek in vir ’n vitamiene-inspuiting, maar dié week het ek my voete daar ingesleep.

“Hallo Hallo! Lanklaas gesien.”

Ja, ek kan dit voel. My petrol is op.

“Ek sien dis vandag die regterboud se beurt.”

Sy begin my altyd vrae vra oor my werk die oomblik as sy daardie brandende vitamiene B spuit in my boud druk.

“Uhhhhh… ja ek is nogal besig.”

Dis wat ek laas onthou het ek vir haar gesê het.

Ek word wakker op die vloer.

Die arme suster buk met ’n geskokte gesig oor my.

“Was dit baie seer?”

“Nee, ek voel bietjie sleg.”

Sy maak my sit op haar bedjie.

Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af … “Haai vrou, leef jy nog? Jou bloeddruk is vrééslik laag.”

Sy neem my pols en luister na my hart.

“Oeps, daar gee jou hart ’n skip!”

Dit laat my nie juis beter voel nie.

Ek stap daar uit met ’n afspraak vir ’n EKG en bloedtoetse.

Ek sweer dis psigosimptomatiese simptome want skielik voel ek sieker as toe ek ingestap het. Dis net oor sy vir my gesê het my hart gee ’n skip. Dis nie iets wat mens op deadline-dag wil hoor nie.

Ek kry ’n akute aanval van ipekonders want terwyl ek skryf, wag ek heeltyd dat my hart nog ’n skip moet gee.

“Ha ha ha!” sê ek die aand vir Gert oor die foon. “Ek kan nou eerlik vir jou sê my hart skip as ek met jou praat.”

Hy skrik hom dood en vra diskreet of my mediese fonds in orde is. Gelukkig vra hy niks van my testament nie, want dit sou my ipekonders glad nie goed gedoen het nie.

Vroegoggend trek die dokter ’n gelling bloed en die suster stop my ’n glasie in die hand.

Daai dekselse glasies. My blaas kan nooit op demand deliver nie.

“Jammer, ek kan regtig nie.” Ek kry ’n botteltjie “om later die middag terug te bring”.

Nou vir die EKG.

Ek word vol jel gesmeer en plakkers geplak om vas te stel of ek die oggend gaan oorleef.

Die dokter vertel my “hoe gelukkig mense met lae bloeddruk is”  en dat die hartkloppings deel is van die kwaal.

Somehow voel ek nie op die oomblik baie “gelukkig” oor my kwaal nie. Ek voel of ek weer gaan uitpaas.

“En hoe lyk sake met jou mammogram en papsmeer?”

Ek voel ’n beklemming om my skippende hart. As hierdie man my nou vir knoppe gaan bevoel en ’n papsmeer doen, gaan ek sweerlik uitpaas. Dis die soort ding waarvoor ek sielkundige voorbereiding nodig het. Nie iets wat aan my gedoen kan word nadat ek reeds gemartel is nie.

Gelukkig word dié “aangenaamhede” bespreek vir oor ’n maand by die ginekoloog.

“As jou bloedtoetse terug is, kan ons vir jou medisyne gee.”

“Maar ek kan nie wag nie. Ek MOET nou beter voel! Ek is op deadline!”

Die man verstaan duidelik niks van deadlines nie. Geen toetse, geen medikasie.

Ek gaan stop desperaat by die gesondheidswinkel.

Die gawe vrou vra my na my eetgewoontes.

“Piesangs!, Jy MAG dit nie eet as jou bloeddruk laag is nie!”

Ek eet omtrent ’n tros op ’n dag …

Ek kry Himalaya Rock Salt, druppels vir lae bloeddruk en ’n multivitamien wat R300 vir 150 kapsules kos! Mens moet vyf per dag drink …

“O, en gaan koop ’n flessie Bovril en eet dit tussen etes,” groet die vriendelike vrou aan wie ek pas omtrent die helfte van my huispaaiement betaal het.

By die huis neem ek al my nuwe doepa en sit en wag dat ek beter moet voel.

Niks gebeur nie.

My gewete oor die twee onproduktiewe dae raak erger as die lamheid en ek gaan sit by my rekenaar.

Na ’n paar eposse, korreksies en hierdie blog, voel ek of ek darem weer ’n skip in my produktiwiteit het.

 

 

 

 

 

 

 

 

  • D71kRT qbcxtihpyjfe, [url=http://mlpooxpynlas.com/]mlpooxpynlas[/url], [link=http://aemjuizxeusq.com/]aemjuizxeusq[/link], http://bwjshezeavlr.com/

  • Duan

    Wir m ssen aufpassen (und mit wir meine ich alle in und an der Branche Beteiligten), da wir keine Huhn-Ei-Diskussion hmbeekominn:a. Verlage produzieren zu wenig und technisch eingeschr nkte E-Booksb. Mangels interessanter Masse ist der Komplex uninteressant f r den Leserc. Wenn Leser kein Interesse hat, brauchen Verlage auch keine E-Books produzieren, lohnt ja nicht.Zumindest technisch/strategisch hat sich bei Verlagen in den letzten Jahren einiges getan, da mu man den Verlagen schon zugestehen, das merkt man in vielen Diskussionen mit Kollegen. Und wenn die Entwicklungsgeschwindigkeit so weiter anh lt (und, mit Verlaub, in der Verlagsbranche dauern Innovationen merkw rdigerweise immer l nger als in anderen Branchen), sehe ich in einigen Jahren sowohl ein gr eres Angebot als auch einen gr eren Markt.Allerdings darf man dabei nie die Nutzungssituation aus dem Auge verlieren eine komplett fl chendeckende alle gl cklich machende E-Book-Landschaft sehe ich nicht, eher ein Splitten eher belletristischer Titel in Nebeneinander zwischen Print und E-Book (bei dem Print noch lange die erste Geige spielen wird) und einem deutlichen Verlagern ber das jetzige E-Book-Format hinaus von Fachinformationen (Ratgeber, Sach- und Fachb cher, Ausbildungsbereich).