martie_blogrz
Diverse

Martie blog: “Meetsnoere van genade”

Met kwistige kwashale verf die vrou haar oordeel. Oor iemand se seerkry en hartseer verf sy dik hale swart verf. Die emmer waarin sy haar verfkwas doop, is skynbaar diep. Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek terwyl ek na haar luister. Ek het al met mense gepraat wat misdade gepleeg het, dwelms gebruik het, hul lewensmaats verkul het.

Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan ‘n sucker vir oortuiging?

Is dit verkeerd om – volgens die vrou met die verfkwas se oordeel – ‘n insig te probeer kry in die storie agter die storie?
Sy glo dis simpatie wat ek uit my jammerhartigheid skep.
Maar ek glo ek weet beter.
En ek is tevrede daarmee.
As die lewe my nie ook al kliphard onder die jis geskop het nie, sou ek anders oor baie situasies kon dink.
Ek is intens dankbaar daarvoor. Dit het my teruggebring aarde toe.
Ek het geleer die mensdom se oordeel is geweldig genadeloos oor situasie waarvan hulle eintlik maar min weet.
Oor koppies tee en glase wyn het ek ook voorheen vryelik my mening uitgespu. Tot ek in die bek geruk is.
Glashuise.

Toe ek onlangs party trek vir ‘n veroordeelde, laat ‘n kennis my weet: “Ek het ‘n emmer vol klippe en ek is gereed om te gooi …”
Sjoe, my ou, weet jy waarvan jy nou praat? Het ek gewonder.
Ek het na my val ‘n hoë klipmuur om myself gebou.
Want dit keer my om nie so maklik ‘n klip te mik nie … en ander moet hel hard mik om my raak te gooi.
O, weet ek nie hoe lekker dit is om in ‘n koor te oordeel nie? Sappig en lekker.

Maar as een van jou ruite aan skerwe spat, dink jy twee keer voor jy volgende keer saam sing. Ek onthou nog goed die woorde van ‘n vrou vir wie die lewe nog net geglimlag het.
My lewenskrisis het vir haar skynbaar maklik gelyk om op te los. Sy het gemeen ek het nie genoeg geloof nie.

Sy het my gemeet met die goed bedoelde maatband van iemand wat op wie die son helder skyn.

“Dink jy nie …”

Ek het geluister hoe maklik die oplossing volgens haar sou kon wees.
Geloof.
My skat, het ek so mooi as moontlik probeer sê, mens verstaan GELOOF beter as die lewe jou hard op jou sterre laat beland.

En hier waar ek op my sitvlak sit, glo my, weet ek van GELOOF.

Sy is jonk en mooi en talentvol en leef in ‘n verwysingsraamwerk waar alles mooi en goed en wonderlik is. Ek hou my hart vas vir haar want sy sal nog moet leer van die lewe se toetse en beproewings.
En dis waar jou geloof werklik getoets word.

Maar die mense met die emmers swart verf …
Ek was ook eens so.

Ek ken ‘n vrou wat al tien jaar sê sy is jammer vir die sondes wat sy in die gemeenskap se oog gepleeg het.
“Gaan dit ooit genoeg wees?” vra sy my een aand in trane. Gaan dit?
Hoe kan ek vir haar sê dit sal waarskynlik nooit genoeg vir mense wees nie?

Ek kyk sprakeloos na die vloei van die verfkwas. Kwistige hale.
Deur die glasvenster lyk die swart verf vir my baie strak.
Goddank ons word in sentimeters van genade geoordeel.
Sewentig maal sewe keer.

  • Tanya O’Connor

    HIerdie gaan ek druk en vele kere vorentoe lees! Dit is goed vir my siel!

  • Judy Lessing

    Mooi storie Martie.

  • http://www.eyeafrika.co.za Ben

    Diep Martie. Soms is dit juis daardie diep krap wat die wond genees….

  • Johnny

    Ai daar staan so baie tussen die lyne…

  • http://www.woordbos.blogspot.com Charlene

    Martie,dankie…ek is een van daai mense wat haar ware vriende op haar een hand kan tel juis omdat ek altyd die storie agter die storie soek,nee, uitsoek.Omdat ek vas glo dat daar in elke mens iets goeds skuil. Die wêreld laat mens nie sommer jou wandade vergeet nie, inteendeel is ek verlede jaar deur my buurman daaraan herinner dat ek die aanval in my huis moes verwag -‘jy voer dan al jare lank die straatkinders’.Vergewe en vergeet?…

  • http://uadyjwcxhucd.com/ zhxoasd

    iVMyMZ jxlbbgwpfktu, [url=http://bfyfmybjgkno.com/]bfyfmybjgkno[/url], [link=http://hyemeqixftdy.com/]hyemeqixftdy[/link], http://wqetkbrzynkl.com/

  • Gaurab

    Ich stimme Twitgeridoo zu. Die Einordnung als vorne oder links-liberal weckt sofrot wieder Assoziationen, die der Piratenpartei eigentlich nicht gerecht werden. Da mf6chte ich lieber den Begriff piratig mit der im Artikel erwe4hnten Bedeutung ffcllen.@magicalfruit: Deine Ausffchrungen zeigen ganz gut, dass man sich am Begriff Chancengleichheit orientieren kann, um fcber zu eng gefasste Lf6sungen wie Studiengebfchren abschaffen hinauszudenken.