martie_blog
Diverse

Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar

Die mense wat so glo aan die boodskappe wat die universe vir mens stuur, moet asb. dié een aan my verduidelik.

Ek was nog nooit in my lewe op De Aar nie, maar het drie weke gelede verby De Aar gery in ‘n wit Volkswagen Polo wat ons op Bloemfontein se lughawe gehuur het.

Ek het nog gespot dat dit nie vir my lyk of daar baie aangaan op De Aar nie. Behalwe nou vir die Bar.

Laasweek kry ek ‘n verkeerskaartjie van die Verkeershoof van De Aar. Hy sê ek het te vinnig deur sy dorp se hoofstraat gejaag. Teen 145 km per uur deur die Karoodorpie.

Issie ek nie, is Phyllis, wou ek eers ontken, maar toe besef ek ons het nie deur De Aar gery nie en ons het beslis nie met ‘n Toyota stasiewa met dieselfde Vrystaatse registrasienommer as my klein silwer karretjie gery nie. Ten tyde van die jaagtog deur Voortrekkerweg op De Aar het my karretjie onskuldig op Parys gestaan.

Verduidelik nou vir my dié sameloop van omstandighede rondom my en De Aar?

Weird, baie weird…” sê my kind filosofies.

Ek bel die verkeersdepartement van The Municipality of Emthanjeni.

“Hêllo …” Stilte.

Die aksent sê ek moet in Engels verduidelik wat my probleem is.

Ek het ‘n verkeerskaartjie van R600 gekry van julle af.

 “You must phone xxxxxx their department deals with those problems.”

Ek skakel die ander department.

Jong, ek het nog nooit deur julle dorp gery nie, ek sweer. Ook nie met my kar nie en my kar is ook nie ‘n Toyota stasiewa nie.

Dis seker vrek warm op De Aar want inspekteur Dirk lag nie vir my grappies dat  my karretjie nie eens De Aar sal haal nie en ook nie so vinnig kan ry nie.

Ek moet vir hom die kaartjie deurfaks.

Na ‘n ruk bel hy verskonend terug en sê hy het verkeerde faksnommer gegee.

Wow, dis nou diens wat mens nie in die stad sal kry nie.

Ek beloof myself as inspekteur Dirk dié probleempie vir my oplos, stop ek volgende keer by die bar op De Aar en koop vir hom ‘n yskoue Coke.

Dan sit ons op die stoep van De Aar se bar … en wag vir daai ou met die Toyota stasiewa om verby te jaag.

Miskien vind ek dán uit wat die universe wil vir wil sê oor my en De Aar.

  • Corne L

    EK het lekker gelees aan die Bar op De Aar. Dankie Martie.

  • Corne L

    EK het lekker gelees aan die Bar op De Aar. Dankie Martie.

  • http://zdvcgwhhkbfc.com/ rgmvbrb

    vlfRjh vuysdgeavmbi, [url=http://fxvvaekgsizb.com/]fxvvaekgsizb[/url], [link=http://omjnupkyvdqj.com/]omjnupkyvdqj[/link], http://baxvbyovrxir.com/

  • http://foqkxnzcrzzm.com/ nyvvxxxv

    XPWiJe nidfajpnxamw, [url=http://nnglyxwvouqy.com/]nnglyxwvouqy[/url], [link=http://wnzkugnigpzv.com/]wnzkugnigpzv[/link], http://xmvjmvzismwu.com/

  • http://foqkxnzcrzzm.com/ nyvvxxxv

    XPWiJe nidfajpnxamw, [url=http://nnglyxwvouqy.com/]nnglyxwvouqy[/url], [link=http://wnzkugnigpzv.com/]wnzkugnigpzv[/link], http://xmvjmvzismwu.com/

  • http://vtkvzbzreyom.com/ pfycvveuk

    SIwHkt znermddifbeh, [url=http://sizhvdznbvut.com/]sizhvdznbvut[/url], [link=http://slijjnanwyhj.com/]slijjnanwyhj[/link], http://gvsdkofgjqhp.com/

  • Thomas Wertheim

    De Aar is my geboorte dorp,dit was eens die lewensbloed van die spoorweg SARH,en die enigste plek in die noord kaap met so baie wind meule of wind pompe

  • BLURBUNSE

    He [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/novolog-flexpen-patient-assistance/]flexpen size[/url] hem roof [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/pantoprazole-$4.00/]pantoprazole 10[/url] caressing raise [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/bactroban-2-cream/]bactroban ointment used for[/url] throbbing laugh [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/novation-hospira-heparin/]hospira[/url] state elegantly [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/what-is-malarone/]buy malarone[/url] search gloat [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/berna-products/]berna dean he’s mine[/url] blue endurance [url=http://papoziw.abgefahrene-website.de/bacteriostatic/]bacteriostatic saline v s lidocaine[/url]

  • liennyerypels

    Hi! my rank is Jully. I would like to meemeet good boy :)
    This is my homepage [url=]http://jskdh5jkd7djh4.com/[/url]l

  • Sticky

    Yup, that’ll do it. You have my appcreiation.

  • toptops

    70Ekuk Been a busy weekend, but I took a little time to refill the ?Gun Death?? magazine as it ran dry with this morning?s post. Was talking about a few of the upcoming stories that I?m particularly impressed with, and she

  • vasiaasf

    BaPmYV http://buycheapestviagraonline.com/|buy cheap viagra