martie_blogrz
Diverse

Martie Swanepoel blog: Gebed op ‘n teerpad

Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde oorweeg ek dit om nie stil te hou by die ongelukstoneel oorkant die plakkerskamp nie.

Ek is reeds laat vir my afspraak in Pretoria. Vreeslik selfsugtig dink ek ek het nie tyd nie. En dis gevaarlik. Sug. Hoekom is ék weer die eerste een op ‘n ongelukstoneel?

Mens is vreeslik selfgesentreerd in jou eie haastige bestaantjie. Soms te haastig om menslik te wees.

Die man wat skuins oor die sitplek van sy bakkie lê, kon een van my geliefdes gewees het, beskuldig ek myself toe ek langs hom gaan sit.

Sy bakkie het heen en weer oor beide kante van die snelweg getol.

Ek verwens myself weer dat ek nie ten minste chirurgiese handskoene in my kar het nie. Al wat ek by my het, is twee bottels mineraalwater.

Ek weet nie veel van noodhulp af nie, maar keer dat die polisiemanne wat vinnig op die toneel is die man sommer net uit die bakkie ruk. Ek weet darem dat mens nie sommer ‘n beseerde moet hanteer nie ingeval hy sy nek of rug beseer het.

Ek bied aan om by die man te sit terwyl die polisiemanne die stukke takke en dele van die man se bakkie wat oor die pad gestrooi lê van die besige snelweg verwyder.

‘n Groep nuuskieriges van die plakkerskamp drom vinnig om die bakkie saam.

Ek dink aan die vreemdheid van die lewe. Hier sit ek op ‘n snikhede Saterdagoggend saam met ‘n vreemde man in sy bakkie voor Sebokeng. Die man het hulp nodig en al wat ek kan doen, is om te hoop die ambulans kom gou.

My instink sê vir my ek moet sy natgeswete voorkop met die water laaf. Dit help en dit lyk of hy begin reageer.

Hy het geen dokumente aan hom nie. Iewers is daar ‘n gesin wat nie op hierdie oomblik weet hulle geliefde is in nood nie.

‘n Jaar gelede het ek op pad werk toe gesien hoe ‘n vragmotor ‘n jong Zimbabwiër raakry. Ek het geweet ek sou laat vir werk wees as ek stilhou, maar het toe ook gevoel ek het geen keuse nie.

Die polisie wat die jong man gejaag het voor hy onder die trok beland het, het dadelik aangeneem hy is dood. Maar toe ek op die teerpad by hom gaan sit, het ek besef hy leef nog.

Dit was kort voor Kersfees. Daar op die teerpad het ek Robert Mugabe sit en verwens want ek het gevoel dit is sy skuld dat die polisie die jong onwettige immigrant oor die besige pad gejaag het.

Die jong man het waarskynlik hoop en ‘n nuwe lewe in ons land kom soek en nou lê hy kort voor Kersfees sterwend op ‘n teerpad in Vanderbijlpark.

Ek het sy voorkop gestreel en vir hom gebid want ek kon sien sy oë raak glasig en sy asemhalinmg al vlakker. Ek het gebid vir die ma iewers in Afrika wat besig was om ‘n jong seun te verloor.

‘n Man het tussen die verkeersopeenhoping deur in my rigting gehardloop en ‘n paspoort op my skoot neergesit. “He is my brother.”

“He is still alive” is al wat ek kon uitkry voor hy vinnig tussen die nuuskierigs verdwyn het.

Hoe wreed is die lewe. Die arme man vrees die polisie so dat hy nie by sy sterwende broer kan bly nie. Ek kan my indink hoe dit hom moes skeur om weg te stap van die ongelukstoneel.

Sy broer het minute later gesterf. Sy naam was William Madimbe. Hy was twintig jaar oud.

Ek weet nie wie die vreemde man is in wie se bakkie ek nou sit en wag vir die ambulans nie.

Sy gesig boer die res van die dag in my gedagtes. Ek sal seker nooit weet wat met hom gebeur het na ek weggery het nie.

Ek hoop net as dieselfde tragedie eendag een van my mense tref, sal ‘n haastige mens in ‘n breukdeel van ‘n sekonde besluit om tog maar stil te hou.

  • Gert Bosman

    Pragtig Martie! Jy’t die regte ding gedoen! Wens die res van ons mensdom was ook nog soos jy.

  • Stephanie

    Agge nee Martie. Hoe ontstel jy my nou. Hoe ontstellend die gedagte dat daar daagliks duisende mense in vrees lewe omdat hulle "onwettig" is. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Europa. Kyk maar na die Roma. En die miljoene elders in Afrika wat nie onwettig is nie, maar daagliks moet vlug voor moordbendes wat deur hebsug, korrupsie en magsbeheptheid aangevuur word.

  • http://otwxohfhxqgb.com/ xtufewzewk

    5B9gfG bzevmonpayud, [url=http://aylwcxbuaugs.com/]aylwcxbuaugs[/url], [link=http://oozcmglznndq.com/]oozcmglznndq[/link], http://xznkhlcmlngo.com/

  • http://www.youtube.com/watch?v=oryKVZfix_Y narnia

    wooohoo nice post!

  • http://ditmmolajgzv.com/ isybsow

    xZXwEr bravldccckqd, [url=http://ufvjtnnftbmy.com/]ufvjtnnftbmy[/url], [link=http://golbwfcmdojt.com/]golbwfcmdojt[/link], http://hepcxxhaogaq.com/

  • Oday

    Ich wei berhaupt nicht, wie die Kommunikation zseichwn verschiedenen Redaktionen und WL abgelaufen ist.@Earl Danke f r das Bild. Das wir mir auch vorher klar Die Frage ist, ob der Pressekodex damit umgehen kann, ob er angepasst werden sollte oder ob es einfach so l uft, wie du vermutest dass er nicht einschl gig ist.@Omega: Das ist keine Klage, sondern eine Beschwerde bei einem Organ der Selbstkontrolle. Sie l uft damit au erhalb des staatlichen Regulierungssystems.Ich finde das Vorgehen brigens prinzipiell auch in Ordnung aus Sicht der Sorgfaltspflicht. Ich habe aber ein Problem damit, dass dies nun monatelang mit den immer selben Medienpartnern so weitergehen soll. Wenn ich selbst die Depeschen auswerte, m chte ich gerne wissen, ob es hnliche zu derselben Fragestellung gibt. Da ich das nicht tun kann, bleibt ein ungutes Gef hl.Du musst auch bedenken, dass andere Medien wie etwa Al-Jazeera, die ber eine unbestrittene Kompetenz in Fragen des Nahen und Mittleren Ostens verf gen, auch keinen Zugang haben. Damit entsteht ein Bias in der Berichterstattung.Insgesamt ist das eine Frage der Masse, der Verh ltnism igkeit und des Handlings.