Diverse

Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes

Nou een oggend klop ‘n vrou wat ek nog net een keer ontmoet het aan my deur. ‘n Bondel papiere onder die arm.

Sy groet vriendelik en vra hoe dit gaan. Ek kry nie tyd om haar te vertel ek voel regtig ellendig nie.

“Jong, ek wil hê jy moet gou my kind se opstel regruk. Dis ‘n baie belangrike opstel en ek weet nie of ek orals my woorde reg ingespan het nie.  En my taalgebruik is horribaal! Ek het tot twee-uur vanoggend aan die ding geskryf …”

Sy rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek ‘n woord in.

“Ek is eintlik op deadline en ek is hondsiek.”

“Dit sal nie lank neem nie, ek belowe. My kind is in haar tweede jaar en sy moet ‘n goeie punt kry!”

My brein, wat saam met my kop zoei van die lae bloeddruk, probeer sin maak uit wat die vrou nou net gesê het.

Ek vermoed sy probeer my vertel sy het haar kind se tweedejaar-opstel vir Afrikaans-Nederlands geskryf en ek moet dit fantasties laat klink sodat die lui klein brat ‘n goeie punt kan kry. En, sy voel vere dat ek hondsiek is.

Ek wens eintlik ek paas voor haar uit. Maar sy sal sweerlik die potlood en die bondel papiere gereed hê as ek my oë oopmaak.

“Jong, soos ek gesê het …” My woorde val op dowe ore.

“Ek los dit in elk geval hier by jou as jy netnou beter voel.”

En woerts trek sy met haar luukse 4 x 4 weg.

Na die tyd vererg ek my eers oor die “Net gou regruk”. Die vrou se man is ‘n gesiene kontrakteur. Dalk moet ek hom bel en vra of hy “net gou” my 80-jarige huis sal kom regruk terwyl ek die taak wat sy vrou vir sy lui kind geskryf het, “net gou regruk”.

Ek is bereid om my beginsels vir so ‘n deal bietjie te buig.

Ek kan ook nie help om te wonder wat van die arme skoolkinders gaan word vir wie die vrou se dogtertjie eendag Afrikaans moet gaan gee nie.

“O ja, en sê vir julle mamma’s as hulle die opstelle skryf, moet dit asseblief nie langer as 150 woorde wees nie …”

My nuuskierige inbors laat my tog ‘n paar paragrawe van die  4 x 4 koningin van tweedejaar-opstelle se skryfsel op papier lees.

Ek snak opnuut na my asem. Dit sal my ten minste ‘n week neem net om te probeer verstaan wat die vrou probeer sê!

“Net gou …” Verbeel jou.

Iewers het seker ‘n advertensie verskyn dat my werk my nie besig genoeg hou nie.

‘n Verlangse kennis bel uit die bloute.

“Haai, hoe gaan dit? Ek dreig al lánkal om jou te bel. Jy is darem een van my gunsteling-mense …”

Uiteinde van die gesprek is dat sy eintlik wil hê ek moet ‘n verslag wat sy moet ingee, herskryf.

Ek is nog besig om die inligting te verwerk toe sy nog heuning-om-die-mond-taktiek vir ‘n meer oortuigende effek ingooi.

“Hoe gaan dit met jou twee pragtige dogters en daardie oulike man van jou?”

Dis net toe dat ek die gaping van ‘n leeftyd kry.  

“Jong, my een pragtige dogter is eintlik ‘n seun wat nou matriek skryf en my oulike man sit al twee jaar met sy sterre in die hemel … en o ja, hoeveel woorde moet ek vir jou herskryf? Ek vra R2,50 per woord …”

Ek neem aan ek is nie meer een van haar “gunsteling-mense” nie.

  • Tanya O’Connor

    OH my oh my! Party mense WIL net nie luister nie! Moes ook die ander dag so ‘n antwoordjie uitpluk toe ek "gedwing" is om te "erken" dat ek aan baby blues ly! Mense rammel en rammel net voort sonder om te luister of laat ek liewer seg te wil luister!

  • tessa

    liewe ouers – arme martie! 🙂 bly jy het die een vrou darem op haar jis gegee. en die 4×4 – jou bankbesonderhede onder aan die vraestel geskryf? geniet jou blogs baie. liefde uit upington.

  • kqcCfz iiwmeziokhtz, [url=http://dsgkrxgebnqn.com/]dsgkrxgebnqn[/url], [link=http://dapchwnppgmy.com/]dapchwnppgmy[/link], http://zwaliqcyvikc.com/

  • BeccaRae

    Mehrere Einw nde:Die Rechtesituation zwischen Verlagen und Autoren ist nicht gearde sauber gekl rt, was die Zweitverwertung von deren Texten angeht. Von Total-Buyout bis gar kein Nutzungsrecht ist alles dabei, weil an dieser Seite der Rechteverwertung noch gar kein echtes Strategiedenken seitens der Verlage, aber auch kaum mehr bei den Autoren vorliegt.Das Geschimpfe auf die Buchpreisbindung halte ich obendrein f r wohlfeil das Argument dagegen kann ja wohl nicht lauten, der Reader sei so teuer. Mal ganz abgesehen davon, dass eine Entscheidung dar ber nicht einfach eine kaufm nnische ist, an dieser Stelle gibt es einige weitere externe H rden.Insgesamt aber stimmt nat rlich, dass die Verlage hier Initiative zeigen m ssten allein, wer die Preisk mpfe und Personalschrumpfungen in der Branche der letzten Jahre mitverfolgt hat, wei , wie utopisch die Vorstellung von einer gemeinsamen Investitionsanstrengung ist.Aber wer wei , vielleicht schafft Random House oder ein anderer big player ja einfach Fakten und setzt Ma st be, Bertelsmann k nnte ja jedem Kunden einen Reader subventionieren. Offene Formate kann ich mir allerdings beim besten Willen nicht vorstellen.