img_1604_copy
Diverse

Martie Swanepoel blog: Haasmoord

Selina staan langs ‘n blombedding en beduie vir my na die wollerige bondeltjie wat onder die grond uitsteek. Onmiskenbaar die laaste rusplek van Dr. Bonkers, die vermiste dwerghaas.

Tussen my laventelbos en knoffellelies is ‘n vlak graffie waarin Quinne haar sonde probeer verberg het. Langs Krismis se volstruisbeen van die fênsie pet shop in Pretoria.

Ek kan nie help om te lag vir Selina se humorsin nie. ‘n Kitsbegrafnis. Quinne het die ter aardebestelling waargeneem en Selina die gewyde sang.

On the spot. R.I.P.

Dié wat nie stilletjies lag nie, gluur beskuldigend na Quinne. Sy lyk inderdaad net so hartseer soos Lieneke.

Toe Vettie en Dr. Bonkers laasweek uit die hok gekom het, was die versoeking skynbaar net te groot vir Quinne. Koos het Vettie se liggaampie Vrydag met deernis kom oorhandig en ek het dit langs die hoenderhok begrawe voor Lieneke die nare werklikheid kon aanskou.

My kind het ‘n hele middag op die bed gelê en rou.

Ek het lanklaas soveel toewyding en liefde gesien as waarmee sy haar twee dwerghase versorg het.

Maar hulle was sweerlik iewers verwant aan Houdini die Haas, want geen hok wat hierdie onhandige ma probeer prakseer het, kon hulle binne hou nie.

Ons het heeltyd gehoop Dr. Bonkers skuil iewers in die tuin. Tot vandag.

Quinnie is ‘n sagte, liewe hond. ‘n Lewende teddiebeer met poele teerheid vir oë. Ek was geskok met die duidelike obsessie wat sy ontwikkel het sedert die dwerghase vier maande gelede gearriveer het. Sy het ure lank met haar kop op haar voorpote voor die hok “gewaak”.

Maar iewers in haar jare van ‘n sagte, liewe hond wees, het ‘n haasjagter geskuil. Wie weet, dalk was dit ‘n jarelange droom van my dertienjarige domesticated dierasie.

Ure na die tragedie sit Lieneke steeds bewoë op die stoep met Quinne se kop tussen haar hande.

“Ek weet ek moet baie, baie kwaad wees vir jou, maar ek vergewe jou, want ek is lief vir jou.”

Ek spreek die stille hoop uit dat vergifnis vir my kind altyd so maklik sal wees.

  • Ilse Salzwedel

    Ai tog! En Dr. Bonkers en Vettie was juis sulke liewe hase. Ek het nog nie die nuus gebreek vir my twee nie, want hulle gaan summier ook rou.
    En ja, wie kan vir Quinne kwaad bly met daai gevreet?

  • http://avbtrsfmctlt.com/ csazmadscex

    B5fweG wvugwyxlppyp, [url=http://girpbsyhssyc.com/]girpbsyhssyc[/url], [link=http://ydjwqrhzdzaj.com/]ydjwqrhzdzaj[/link], http://ohxcwbfsdwqw.com/

  • http://vgekcqhbyumw.com/ zgxlrfffay

    WHLJn5 ctyexxvwxwql, [url=http://ciaegtekoohz.com/]ciaegtekoohz[/url], [link=http://zangjwyrfeid.com/]zangjwyrfeid[/link], http://hglgfpubnmny.com/

  • Burak

    I think there is nothing seixer than a chunky sweater or men’s button up with nothing underneath.. and nothing comfier. Recently I’ve been finding myself turning to nudes and neutrals as my new go to instead of black. And of course a little gold never hurts any look!