Diverse

Martie Swanepoel blog: Karoo-maan

Mens kan dit nêrens so mooi sien soos in die Karoo nie, sê die wyse man.

“Stap saam. Ek sal jou die wonder wys.” Maar ek het nie tyd nie! My reis is haastig.

“Dis nie jou reg om te sien nie. Dis ‘n genadige geskenk. Jou kop moet stil wees as jy oor die vlakte kyk. Dan kan jy sien.”

Hy is immers ‘n wyse man.

Ek trek die deur agter my toe op Victoria-Wes. In die volmaan se lig begin my reis. Daar is genoeg tyd op die pad wat die man beduie het. Ek kyk op na die maan. Sal jy vanoggend helder op ons skyn? Sal jy ons volg, soos die man belowe het? Ons jou wondere wys?

Die lug is silwergrys en helder. Dit speel oor die landskap. Oor die punte van die koppe en die plato van die berge.

Tot by Britstown verlig syl ons pad.

My hart word stil. Op die kruis wat die jong vrou gister vir my gegee het, staan Sy Gees sal my deur die maanlig en donkertes lei. Sy weet, want sy het al meer gehuil as duisend mense in ‘n leeftyd. Tog het sy my ‘n groot vrede as geskenk gegee. Daardie gawe lê in my siel terwyl die maanlandskap my vertel hoe wyd genade kan lê.

Op die pad na De Aar sien ek ….

Ek wag om die wonder te sien. Die maan lê al laag oor die berge. ‘n Gloed wys die son is op pad. Sal die vuurbal betyds wees? Vertroue. Dis wat die vrou my vertel het haar aan die gang hou. Ek maak my oë toe en vra vir stilte en geloof. Toe sien ek dit. Die wonderwerk waarvan die wyse gepraat het.

Verby Philipstown en Petrusville word die son wakker.

Die son verf die landskap. Tot by ons bestemming volg die gloed. Deur die vliegtuig se venster streel dit oor die wolke. In Johannesburg blink dit speels in die plasse na die donderstorm. Met die laaste skof van my reis wonder ek of ek die wonderwerk by my huis ook sal kan sien. Geduld, het die wyse man gesê. Genadige geduld.

  • Ri1mpt bakxahtcykqy, [url=http://aqhzsoobfpod.com/]aqhzsoobfpod[/url], [link=http://nrpickmaviiu.com/]nrpickmaviiu[/link], http://cqrxucbbtwof.com/

  • Brendy

    Peferct shot! Thanks for your post!