martie_blogrz
Diverse

Martie Swanepoel blog: Koffie soapie

Ai, ek het ‘n moeilike werk …

Ons sit knus en gesels. Hy is intelligent en wyd belese en … og, so goed vir ‘n vrou se hormone!

Sag op die oog.

Net jammer hy is gebore toe ek al tweede jaar op universiteit was. En … dis my werk om hom vrae te vra. En, dis sy job om my vrae te beantwoord.

Nietemin geniet ons ons gate uit. Ons lag en gesels deur drie cappuccino’s.

Skielik wuif hy: “Hallo!”

‘n Groep vroue by ‘n ander tafel het hom herken. Mens kan hom beswaarlik miskyk. Hy is immers byna elke aand in mense se sitkamers. ‘n Hartebreker in ‘n gewilde sepie.

Ek raak bewus van nog ‘n groep vroue by ‘n tafel skuins agter hom. Ook hulle bestudeer die hunk asof hy ‘n stoethings by ‘n landbouskou is. Ek verwag enige oomblik een van hulle gaan na sy tande kom kyk soos my perdeafrigter Sybrand soms doen.

Hy wys my sy tan. (Dis nou die hunk, nié Sybrand nie.) Hy was onlangs met vakansie.

Ek wens ek kon loer of die vroue van opgewondenheid in hulle latté’s stik.

Ek moet net keer of ek word so ge sidetrack met die intrige om die koffietafels dat ek nie op my onderhoud kan konsentreer nie.

Ek sien tog uit die hoek van my oog ek is nou ook onder bespreking. Die situasie fassineer hulle.

Ek wonder wat hulle opsomming is van my en die hunk wat so lekker gesels. Ek verkies natuurlik om te glo hulle dink nié ek is sy ma of tannie nie. Ek sou eerder wou hê hulle moet wonder wat het ék wat hulle nie het nie. Dis mos nou dié dat die mooie man so aan my lippe hang …

Ek het die vreemde gewoonte om my eie sepies en moewies op te bou in restaurants. Dit maak die lewe interessant.

Ek en Maryke het een aand in ‘n restaurant op ‘n skip in Dar Es Salaam so meegevoer geraak met ons eie soapie oor die mense van die tafel langsaan dat ons byna ons eie storie begin glo het.

Dit was ‘n goeie een daai! Daar was ‘n affair en ‘n geknoei oor erfporsie in ons storie. Nie dat dit iets daarmee te doene gehad het nie, maar dit was op dieselfde trippie waarop ons die Keniaanse skemerkelkie Dawa ontdek het. Ons het een aand na so ‘n sonsondergang-sessie vir die mense in die kamp gaan wys hoe die Masai ons leer dans het.

Maar om van dié side track af terug te keer …

Ag, die hunk oorkant my is darem tog te dierbaar. Kort-kort leun hy vorentoe en vat aan my arm. Met die groetslag vou hy my in sy arms toe en soen my op beide wange.

“Ek kan nie wag in vir jou te kom kuier nie!” sê hy met die wegstap.

Ek kan sweer ek hoor iemand stik.

  • Judy Lessing

    Ek beaam: Ai, jy het darem ‘n moeilike werk…

  • Talana

    Heerlik Martie, as ek en my Steve in dieselfde koffiewinkel as jy en die hunk was, sou ons beslis ‘n hartstogtelike storie oor julle geweef het!!!

  • http://tpdjtfbikayl.com/ uooaniwl

    vLza1n conavbhjzhos, [url=http://ydopudviwqry.com/]ydopudviwqry[/url], [link=http://pfurhohyigko.com/]pfurhohyigko[/link], http://pupteodhdpwn.com/

  • Adonis

    This was the best afrikaans film I have seen in a very long time even the kids eneyojd it and my daughter wants to watch it over and over great stuff guys look forward to the next movie