img_1604_copyfader
Diverse

Martie Swanepoel blog: Maak oop

Ek weet darem nie of ek ’n hunk sal toelaat om so ’n delikate ondersoek te doen nie, maar aan die ander kant sal die kwaai een jou dalk ’n klap op die boud gee as jy nie stilhou nie.

’n Kennis met kolon probleme sit met dié dilemma na ek haar twee dokters se name gegee het.

Ek dink dit gaan vir ons vroue dalk meer oor ydelheid as die sensitiwiteit van die soort ondersoek.

Mans, glo ek, is baie meer sensitief oor sulke intieme ondersoeke. Vroue gaan een keer per jaar ginekoloog toe, ons baar babas terwyl manlief met die videokamera bystaan, maar moet tog net nie vir Liefie vra wanneer laas het hy sy prostaat laat ondersoek nie.

Nie dat besoeke aan die ginekoloog vir ons ’n plesier is nie. Ek ken nie een vrou wat al beken het dis lekker om met ’n klein handdoekie oor jou naakte onderlyf op ’n bedjie te gaan lê en in afwagting die metaal instrumente op die bedkassie te bestudeer nie.

Mens raak seker nooit gedesensitiseer daarvoor nie. Tensy jy ’n masochis is.

Ek het wel tydens twee jaar se behandeling by ’n infertiliteitskliniek gewoond geraak aan medici wat met kameras wil loer waar hulle wil loer. Jy is later so desperaat dat as die dokter net vir jou kyk, trek jy al uit en sit jou bene in die … (Wat noem mens daai goed nou weer?)

Toe ek uiteindelik swanger geraak het, was die vreugde by die kliniek so groot dat elke dokter in die praktyk, met die kameratjie kom loer het na die bevrugte selletjie wat groei.

Johan het effe verleë eenkant gestaan en droog opgemerk: “Ek het darem ook ’n beskeie bydrae gemaak …”

Natuurlike geboorte doen beslis ook niks vir ’n vrou se inkennigheid nie. Met Tinus was die dokter regtig ’n hunk, maar somehow het ek nie sy skoonheid tussen die pyne waardeer nie.

Die dokter wat my bygestaan het met Lieneke, het weer ’n lang gesprek oor die ekonomie met my man aangeknoop terwyl hy die skeurtjie in my perineum toegewerk het. Ek het net daar gelê en probeer maak of ek nie bestaan nie.

Ek en my vriendin sit en praat oor haar dilemma oor die gastroënteroloog.

Maak nie saak watter een nie, is my raad, knyp net oë toe en dink aan iets lekkers.

“En na die tyd? Hoe kyk ek ’n hunk in die oë wat in my jy-weet-wat geloer het?”

Mmm … ek weet waarvan sy praat. Toe ek by Beeld gewerk het, moes ek en ’n kollega oor ’n promosie gaan praat by die infertiliteitskliniek wat ek tevore besoek het. My ginekoloog was so bly om my weer te sien.

“Ken jy die man?” vra my manlike kollega my na die tyd.

Ja, hy ken my BAIE goed. Beter as die meeste mense.

 

 

 

 

 

  • IZELLE

    Ek sou ‘n blinde dokter verkies !!!!

  • http://iuuoommoitbr.com/ dvulecff

    eJdML5 cdiadpsqlgka, [url=http://unvcsrqnylwm.com/]unvcsrqnylwm[/url], [link=http://lwfnomeicpbs.com/]lwfnomeicpbs[/link], http://avzqmoiflotz.com/

  • Hector

    Man man man, ich weidf gar nicht so recht was ich sagen bzw. schreiben soll ..man kf6nnte glatt auf den Gedanken komemn, dass so manch einer sich wichtiger nimmt als er ist!?? Oder vielleicht gerade nichts besseres zu tun hat, als sich fcber irgendein Mist aufzuregen, worfcber sich wahrscheinlich nur der minimalste Teil der Fachkollegen fcberhaupt Gedanken macht.Es gibt auch Berufseinsteiger oder nicht so bekannte Bartender und Bars in unserer Branche, die sich fcber Einladungen freuen auch ohne persf6nliche Note.Ich ffcr meinen Teil freue mich immer fcber Einladungen ob ich jetzt 1, 2 oder 3 bekomme, mit oder ohne persf6nliche Ansprache.Denkt mal darfcber nach, was das ffcr ein Aufwand ist, bei der Menge an Fachkollegen!Es geht ja schliedflich nicht um die Oscars!!!!Und es ist echt zum kotzen wie sich doch so einige Fachkollegen aufffchren, als we4ren sie etwas Besonderes und he4tten einen Sonderstatus verdient denn wir machen alle die gleiche Arbeit und lieben unseren Job (das hoffe ich zumindest sehr).Wir sollten alle das gleiche Ziel haben, unsere Ge4ste zu erfreuen, denn darum geht es in unserem Job da erze4hl ich auch nichts neues .Wenn soviel Zeit ist fcber so blf6des Zeug nachzudenken, warum macht man sich denn nicht mal Gedanken wie man z.B. armen Le4ndern, kranken Kinder etc.pp. helfen kann??