martie_blogrz
Diverse

Martie Swanepoel blog: Nagsluiper

Ek het ‘n vriendin wat ‘n hele naweek om kan slaap. Dit verstom my. Ek slaap soms, maar soms baie min. Sy slaap dikwels en baie. Vir lank het ek gedink ek MOET elke nag agt uur slaap. Ander mense doen dit dan? Dit het ‘n magstryd tussen my en Slaap geword.

Ek het rondgerol, kamilletee, whisky en melk,  Milo, warm melk met neutmuskaat en sjerrie gedrink om moedswillige Slaap nader te lok. Selfhipnose, asemhalingstegnieke en ontspannende musiek het ook nie gewerk nie. ‘n Oorlog vir nagte lank tussen die lakens tussen my en Slaap.

O, Slaap jy kan my so lekker van ‘n afstand af tart!

Homeopatiese slaapmiddele en uit desperaatheid slaappille het al gehelp, maar dit het gevoel soos kul. Asof ek Slaap tot oorgawe dwing. Soms is dit iets wat my ontstel het, wat my wakker hou, en partykeer wil my brein doodeenvoudig net nie afskakel nie. Soms is ek sommer net wakker.

Ek moet dit nie eens waag om ‘n stewige middagslapie te vang nie. Ook nie om te vroeg te gaan slaap nie. Dan kan ek verseker wees dat ek ‘n slapelose nag gaan hê.

Natuurlik wens ek, ek kon soos ander mense net in die bed klim, op my sy draai, slaap, en agt uur later wakker word. Maar dis my nie beskore nie. Gewoonlik moet ek Slaap lê en inwag. Daar is baie nagte wat ek heerlik rus, maar ek slaap nooit deur nie.

Ek hou nie daarvan om uit te slaap nie. Daar is niks so erg soos om in ‘n vreemde bed te lê en wag vir Slaap nie. Hotelkamers is vir my die ergste. Dis aaklig om slapeloos te wees én ingeperk te voel. Ek het die regte kussings, my hopie boeke op my bedkassie, toegang tot my tee en doepas en die veiligheid van my huis en ‘n spinnede kat nodig in sulke nagte.

Dit het my lank geneem om te aanvaar dat die nagdier in my soms ontwaak. En ek het vrede begin maak met hierdie nagsluiper in my. Ek het geleer om die slapelose ure te geniet.

Ek loop deur die huis en die tuin. Ek dink kruietee op die stoep en kyk na my bome se silhouette. Ek dryf somernagte op die swembad en kyk na die sterre. Ek sit op my sitvlak in my kruietuin en vroetel in die grond. Ek hoor uile en verwarde duiwe. Ek sien vuurvliegies.

Die maan se roetes oor my huis ken ek al. Soms volg ek ‘n satelliet of sien ‘n nagvlug hoog bokant die wolke op pad Kaapstad toe. Ek het al koeke gebak in die nag. En konfyte gekook.

E-posse wag in mense se inbokse wat ek in die nanag geskryf het.

In die winter sal ek nog kole in die Essie gooi en na die gloeiende warmte staar. In die somer sal ek skuifdeure oopskuif en die varsheid van die vroegdag ervaar.

Soms lê ek net in my bed na die nagstilte en luister.

Ek lees, bid en dink. Soms is ek sommer net.

Party nagte jaag donker monsters van kommer en neuroses mekaar  in die labirinte van my kop, maar meestal dink ek stories uit en kry blink planne. Wonderlike dinge wat ek kan doen.

Dis hoekom die laptop deesdae langs my bed slaap. Om al my planne neer te skryf.

Ek drink in sulke nagte die rustigheid van my groot ou huis in. Ek gaan kyk na my slapende kinders en streel honde- en katlywe. Soms kom een van die katte in van haar nagavonture en kom lê by my. Met my hande op ‘n sagte pels praat ons woordeloos oor ons liefde vir die nag.

Ja, ek het slapelose nagte leer liefkry. Ek aanvaar nou dit is deel van my.

Ek weet nie hoeveel uur ek gemiddeld per nag slaap nie en ek wil dit ook nie weet nie. As ek slaap, slaap ek, maar as ek wakker is, probeer ek ‘n stukkie van die lewe gaps wat ek andersins sou gemis het.

Ek en Slaap is nou vriende. Sy is nie meer my vyand nie. Sy raak deesdae al hoe vrygewiger.

Maar sy weet wanneer dit weer tyd is om die nagsluiper in my te laat ontwaak.

  • http://alexbbroadway.blogspot.com Alex B Broadway

    Ek moes ook, na maande se gesukkel, aanvaar dat ek net nie soos ander mense ‘n perfek uitgewerkte slaappatroon het nie. Van die beste idees kom in die aand wanneer dit stil en donker is, en ek het later geleer dat ek soveel meer produktief kan wees as ek ‘n paar uur by my dag sit…

  • Judy Lessing

    Ek het weer ‘n vriendin genaamd Insomnia wat gereeld by my oornag. Sy maak my kop so vol gedagtes, dat selfs al sluimer ek in, werk sy nog steeds aan die "taak op hande".

  • Tanya O’Connor

    Ek het altyd so in die vroee oggend ure geskryf toe ek Rory verwag het, nou is ek genoodsaak om myself te dwing om te slaap. Het al gewens ek kan my kop "in plug" by my Apple dat als soggens net eenvoudig voor my verskyn wat ek uitgedink het!

  • http://aqykanivhfom.com/ maookpp

    ZRJFXz qjzppixwogxu, [url=http://unouhtuflada.com/]unouhtuflada[/url], [link=http://pirhfbqkijvw.com/]pirhfbqkijvw[/link], http://tosirgrjzltw.com/

  • tnwhcchhu

    GYyPGH wwfxthzryddh, [url=http://dxkacvohwhur.com/]dxkacvohwhur[/url], [link=http://wnvodomjkzra.com/]wnvodomjkzra[/link], http://hcpitaxciglp.com/

  • Auth

    Die ganze Diskussion zeigt, dass wir bisher nur von der enitoomalen Seite an das Thema rangehen.Wenn ganze Ste4dte ffcr ihren ste4dtischen Grundbesitz mal eben Widerspruch einlegen (Altona), dann zeigt das doch, dass hier verkannt wird, welchen Mehrwert ein solcher Dienst auch leisten kann. Hier ge4be es die Mf6glichkeit kostenlos die ste4dtischen Gebe4ude zu zeigen und dem Bfcrger eine zuse4tzliche Info zu geben! Ohne Steuergelder oder staatliche Zuschfcsse! -Es wird sich zeigen, ob gerade die gepixelten Gebe4ude und Grundstfccke in Zukunft das Interesse wecken. Was steckt dahinter? Weshalb soll hier etwas nicht gezeigt werden? Dann wird es schnell eine Internetcommunity geben, die diese Daten einzeln erfasst und wieder ins Netz stellt.Auch wird sich der Mieter, der Stredf mit seinem Vermieter hat noch schnell die Wohnung lf6schen lassen, bevor er auszieht, damit sein Vermieter die Wohnung nicht so schnell vermietet bekommt ..Wenn das Bundesdatenschutzgesetz gee4ndert werden soll, so gilt es dies mit Bedacht zu tun und die Fachleute der Geoinformationsbranche nicht zu fcberhf6ren! Denn schliedflich liegen die Mehrwerte ffcr die gesamte Wirtschaft auf der Hand.