martie_blogrz
Diverse

Martie Swanepoel blog oor Aardklop-kunstefees: “Mieliewoede”

My plan van aksie Saterdagoggend by Aardklop was ‘n besoek aan die SARIE-, Lééf en Idees-tydskriftente om ‘n paar vriendinne te groet en om dan deur die stalletjies te draf op soek na ‘n grys broek vir ‘n foto vir SARIE se Kersfeesboek.

Die broek moes ‘n eenvoudige snit en styl hê en by die vyfde klerestalletjie hang sy daar in haar volle prag. Perfek.

Ek het my fonds pas oor my arm gegooi om te betaal toe die gewoel van Aardklop skielik in stadige aksie oorgaan.

“I was totally not prepared for the child bearing hips of the Afrikaner women,” hoor ek die eienares van die stalletjie by iemand kla.

Dis soos in die flieks. Vir ‘n paar sekondes is die feeslawaai stil en haar stem weerklink oor die vol tent.

Sy kon netsowel Heil Hitler! in die Killarney Mall geskreeu het.

Jo jo! Hier kom moeilikheid, weet ek.

Ek en my grys broek staan vasgekeer aan die einde van die gangetjie. Voor my staan die uitspreker van die gewraakte woorde en aan die ander kant van haar staan ‘n vrou met ‘n arm vol klere saam met haar slanke dogter.

Die statige lang vrou met child bearing hips draai in stadige aksie om.

“I beg your pardon?”

“I was just saying I didn’t have enough stock for the bigger women at the festival …”

“Do you understand Afrikaans?” vra die vrou terwyl dit vir my lyk asof sy al langer en statiger uitrys van woede.

“Barely …”

Well, my English is excellent. I live in Bothaville and though my mother is from English decent and some of my best friends are English, I am proud to be Afrikaans …”

Sy swaai haar ring wat sekerlik net ‘n agste karaat minder as die Cullinan-diamant weeg onder die vrou se neus sodat dié ‘n goeie reuk van mielie-geld kan kry.

In ‘n sagte, maar ysige stemtoon vertel sy die vrou hoe sy alle ismes van rassisme tot rockspaaiderisme verpes en hoe sy dink ons kan ‘n wonderlike land hê as mense mekaar aanvaar.

Dis duidelik die vrou uit die mielie-adel is meer de bliksem in as Boetman.

Ek kyk vinnig rond vir ‘n ontsnaproete ingeval die vuiste begin klap. Ek besluit ek sal onder die klere-rails deur leopard crawl as dinge handgemeen raak.

Ek sal ná vanoggend se preek aan my tieners oor dronk mense by die rockfees moeilik kan verduidelik dat ek ‘n blou oog opgedoen het tussen die laag op laag gekreukelde feesmodes van Aardklop.

Gelukkig doen Mev. Bothaville haar adellikheid gestand en na sy die vrou met ‘n sagte perfekte Oxford English uitgetrap het, stop sy die hoop klere wat sy sou koop netjies in die stomgeslane vrou se arms en stap weg.

“Vrystaat!” sê ‘n man met ‘n kort denimbroek, reuse kuite en vellies.

Ek wou eintlik net ‘n grys broek kom koop. Ek was nie voorbereid op ‘n heruitbreek van die Boere-oorlog in een van Aardklop se tente nie.

Ek is ongelukkig een van daardie mense wat nooit gereed is met die regte antwoord op die regte tyd nie en voel instinktief hier moet ek liefs my mond hou. Die mieliemagnaat se vrou het immers klaar mooi vir die vrou ge-explain hoe sy oor die saak voel.

Ek sit my grys broek woordeloos op die hoop klere in die vrou se arms en stap ook weg.

Skielik hou ek niks meer van die broek se style nie.

  • Heila

    Hoop daardie klerestalletjie het nie n enkele verkoop verder gehad nie – damn vroumens!! Die vermetelheid……

  • Ilse

    Mooi man! Viva Boere-adel! En Afrikanerheupe.

  • Muggie

    Dit is een van my ‘pet’hates – mense wat so grof veralgemeen. Trots is ek darem nou op daardie Bothaviller! Asof dit net ons Afrikanervroue is wat heupe het en kinders baar. Wil liefs nie weet wat sy oor van ons ander landgenote kwytraak nie. En trots op jou Martie dat jy jou perfekte grys broek ook net daar gelos het.

  • elizabeth

    the cheek of the lowclass!

  • Monica

    Wens hier was ‘n "laaik" knoppie, ek sou dit beslis geklik het!

  • alet butler

    alet luv, luv dit ook!!!!

  • Annette Gilham

    Bravo Mev Bothaville, Bravo!!!

  • http://peopmnagrizl.com/ ipluznsdxi

    FdSzy0 vjtmjswvuhjq, [url=http://acljuuxpvkmd.com/]acljuuxpvkmd[/url], [link=http://uecxypeljrgn.com/]uecxypeljrgn[/link], http://yoxhcgurrsig.com/

  • Alaa

    Ich finde die Idee interessant und setlle mir folgende Fragen:Gibt es irgendwo das Quelldokument also die Beschwerde im Volltext?Gibt es bereits au er dem Fall Rust Entscheidungen des Presserats zu 1.1. bzw. dem alten 8 in denen ein Versto bejaht wurde?Bei enger Interpretation k nnte man 1.1. auch als Verbot der Geheimhaltung von Informantenkontakten und als Gebot der vollst ndigen Ver ffentlichung von Quelldokumenten verstehen, beides geschieht aber in der Praxis nicht, spricht dass nicht gegen die hier wohl angestrebte enge Auslegung?W rde sich denn etwas ndern, wenn die 5 nicht alle Dokumente bekommen h tten sondern a) der Informant b) Wikileaks die Dokumente von vornherein in Salamitaktik nur Einzeldokumente an die Medien seiner Wahl ggfls. auch unter Bedingungen und nderungen seiner Wahl herausgegeben h tte?W re bei OpenLeaks eine andere Beurteilung angebracht?Letztlich denke ich, dass Exklusivvertr ge hier wohl, wenn das Ganze berhaupt Sinn machen soll hier nur die finanzielle Komponente f r die es bei Wikileaks bisher meines Wissens keine Anhaltspunkte gibt begrenzen will.Und berhaupt zeigt all dies und auch die Kritik hier doch nur eines: Es ist eine Umkehr von einem Nichtnachfrage zu einem Nachfragemarkt im Gange! Bisher wollte kaum jemand den teuren investigativen Journalismus betreiben und jetzt sind so einige klassische Journalisten pikiert weil ihnen Wikileaks die Show stiehlt und zeigt das jetzt auf einmal andere Gesetze gelten. Quellen zumindest bestimmte sind sexy und wenn jetzt immer mehr Leaks-Portale und hnliches (Taz, Der Westen) auftauchen werden es die Whistleblower werden, die umworben werden.Dies sollte statt mit Beschwerden aber mit guter und sicherer Technik, Schutz-, Hilfe- und Einflussm glichkeiten f r Whistleblower und vor allem mit guter Aufbereitung der Geschichten, hoher Aufmerksamkeitswirkung und letztlich Nachweis von Ver nderungsmacht (ggfls. auch durch Spezialisierung oder Regionalisierung) geschehen. Es bleibt spannend!