Diverse

Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes

“Don’t feed the monster,” sê Francis.

Nou watter monster bedoel jy? Die bedrieglike mens wat my opnuut ‘n woede-aanval laat kry het? Nee, ek wil hom nie feed nie. Ek wil hom soos ‘n lastige vlooi tussen my naels dooddruk! Ek wil …

Francis reken ek moet my vuurwarm emosies op ‘n ander manier ontlaai.

Sy weet waarvan sy praat want sy sê sy het al baie onaangename gedagtes oor veral haar ex gehad.

“Reinheid in die gedagtes, reinheid, suster,” sê sy, is wat ek liefs moet probeer pleks van wraaksugtige plannetjies soos om ‘n stuk vrot vis in die man se posbus te gaan plant.

Op die net regte tyd vra Lydia ek moet vir haar ‘n storie skryf oor die emosies van dans. Ek sluit gedagtes van ‘n oorlogsdans uit my kop en bespreek ter navorsing ‘n maand se intensiewe sensuele dansklasse by Belinda, my belly dance teacher. Dié kan ek immers later nuttig gebruik.

Ek vra ook vir Zack om my te leer tango. Ek is lus om smeulend in ‘n vleiende rooi rok oor ‘n dansvloer te gly.

Gert word gewaarsku om intussen sy stywe spiere los te maak met fisio, want ons twee gaan een van die dae by kerslig oor my grasperk tango en vir eens my bemoeisieke buurvrou iets sappig gee om oor dié vrolike weduwee te sê.

Oeps! Daar gaat die onreine gedagtetjies al weer …

Ek was gou ‘n hoop skottelgoed sodat ek weer deugsaam kan voel.

Met ‘n boepensmandjie vol wyn en piekniekkos, ‘n lantern en ‘n kombers gaan hou ek skemeraand piekniek langs die rivier en waardeer fantastiese mense se geselskap. Ek vererg my nié vir die vrou wat sê my peetkind, die sjokolade labrador met die hope hondevreugde, steur haar Skotse gebroedseltjie nie. Ek neem my glas wyn en gaan sit op ‘n stomp na die sonsondergang oor die rivier en kyk

Saterdagoggend brand aromaterapie-olies op my lessenaar wat my heilsame inspirasie moet laat inadem terwyl ek werk.

Maar op Facebook lê die versoeking en skuil soos metropolisieman Swannie agter die Barragebrug se pilare op die N1.

Pleks van om ‘n patronizing vrou se aanmerking met ‘n tikkie skerpheid te antwoord, skryf ek ‘n pragtige ou boodskappie.

Trots op myself voel ek die reinheid oor my spoel.

Na so 5 000 woorde se skryf, dink ek, miskien moet ek daardie nuwe jogaboek deurblaai wat ek vanoggend om terapeutiese redes gekoop het?

Okei, ek weet ek hét al ‘n jogaboek. Dit staan langs my boek oor Pilatus-oefeninge. Maar ‘n mens het altyd nog ‘n hoek nodig om ‘n ding aan te pak. Ek het immers versterkings nodig op my roete na reinheid van gees.

Ek het lanklaas joga gedoen. Met die regte outfit aan, gaan maak ek my met die boek tuis op my slaapkamermat.

Ha! Dit begin met die savasana, die corpse position waarin ‘n mens ontspan. Daarmee is ek besonders goed! Ek doen helende visualisering in my nuwe aanpassing van die lotusposisie. (Ek weet nie hoekom nie, maar my bobene is vreeslik gewel vandat ek dit laas gedoen het.)

My gunstelinge is steeds die cat pose en ek kry darem nog die parsvakonasana reg en strek soos ‘n ballerina sywaarts.

Wat het ons hier? Die Warrior Pose I? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan … (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)

Ter wille van my reinheid blaai ek liefs aan na die prasarita padottanasana. Mens staan met jou bene so wyd as jy kan en buig vooroor om jou kop op die grond te raak terwyl jou hande jou anker.

Ek dink dis my lae bloeddruk want my prasarita padottanasana gaan oor in ‘n vooroor rol.

Dr. Bonkers en Vettie sit skoon regop soos hulle my helende oefeninge aanskou. Ek weet hulle dink hiérdie vrou is vandag beslis nie lekker nie.

‘n Paar van die ander posisies werk ook nie meer so goed soos laas nie. Maar dit keer my nie om re rol en strek en myself in ‘n spasma in te lag nie.

Sondag gaan loop ek kaalvoet in die kanaal en sit op die stoep en kyk hoe my kinders krieket speel.

Met rooi lippe gaan loer ek met begerige oë na die nuwe William Kentridge uitstalling op die dorp en bewonder ‘n beeldhouwerk van spoelhout en visse.

Ek gaan koop nog ‘n boek, bestel tea tree plantjies en vang ‘n cat nap.

Ek het eintlik beplan om die naweek 10 000 woorde te skryf aan my boek, maar ek het in ruil 10 000 heerlike sekondes beleef.

Dit was nog net drie dae op my nuwe reine reis en ek voel klaar nie meer lus om die monster te voer nie.

… maar, wat van ek skiet die stukkie vrot vis deur sy kantoorvenster met ‘n kettie?

  • Grappie de Klerk

    Wanneer word hierdie wonderlike goed in ‘n boekvorm uitgegee?

  • Tanya O’Connor

    Te lekker gelees!

  • Isabella Niehaus

    Ummmmm. Reine gedagtes is erg edel. Maar jy mag monster gedagtes he…draai hulle net altyd in mooi wit papier, of sagte spier witte melkdoek toe…met beautiful groot strik…..dan’s hulle rein!!! Mal oor al jou stories. Groot druk hier van die Duinhuis af xx Bella.

  • Judy Lessing

    Daai Judas… my kop vul weer opnuut met die vreeslikste wraakgedagtes, miskien ‘n stukkie vis versteek iewers in sy enjinkap….but then, die pes-essens verdien geen energie van enigeiemand af nie.

    Jy het aan beweeg, dit is die belangrikste. Wis hom uit jou lewe deur die "delete knoppie"te druk. Elke keer as jy aan hom dink of hom op straat sien, visualiseer dit.

  • ingrid

    Druk die delete koppie nou!!!!!!11111 En bevry jouself van die judas WAT JOU HELE BESTAAN BESOEDEL.Gebruik jou energie op meer postiewe gedagtes en dade dit kan jou net geestelik verryk en emosioneel volwasse maak dit behoort n uitdaaging te wees en die resultate siels vereikend.

  • Martie Swanepoel

    Ek maak my gedagtes rein en druk die delete knoppie sommer ‘n hele paar keer.
    DIE EINDE

  • discontinuation somewhere else the extra at the all good minus bodog poker , with modern casino and democratic online casino bonus. you can also be with poker rooms at online bodog poker
    Casino Spiele and Casino Spiele at the first-class German casinos as overstep as something DE players.

  • ZmaJQv efexvvnpslgr, [url=http://fzrcwigvfdjj.com/]fzrcwigvfdjj[/url], [link=http://oeaeiotpljtn.com/]oeaeiotpljtn[/link], http://xtmqwesxdfya.com/

  • jzxxmq

    ILDr1z bqmganuzznlz, [url=http://hrosdteewbnh.com/]hrosdteewbnh[/url], [link=http://rxsircefulrm.com/]rxsircefulrm[/link], http://onnsyivjmtjm.com/

  • twittyamife

    [url=http://www.001casino.com]casino online[/url]
    let go casino bonus [url=http://www.realcazinoz.com]free casino[/url] games [url=http://cd-online-casino.co.uk]casinos[/url] [url=http://www.the-gambling-city.net]casino en ligne[/url]

  • Buket

    Schulzki-Haddouti: Danke f r die schnell R cldnkmueg. Ich bin nur geschockt, dass in DER ZEIT jeder schreiben darf was er/sie ber WL meint aber irgendwie keiner dort mehr auf die ver ffentlichten Fakten zur ck geht.Boulevard und Pseudofeuilleton das tut richtig weh, gerade wenn man mal fr her dachte, dass DIE ZEIT der dt. Guardian w re DIE ZEIT macht nur noch Meinung mit extrem schwachen Argumenten. Schade.Wollen Sie es dort mal mit einem WL Text versuchen? Es w re sch n, wenn man Sie dort mal in den Printteil l sst.