img_1693
Diverse

Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop

Vroegoggend gaan pluk ek vir myself ‘n bos kruie en geurige takke om in ‘n vaas op my lessenaar te sit. Ek kneus kort-kort van die blare en asem die lieflikheid van die lewe in.

Roosmaryn, olyf, ‘n roketplant wat blom, laventel, ‘n tak van die nartjieboom en ‘n bos koljanderblomme.

Ek pluk graag bosse kruie. Party gaan kombuis toe, ander word in ‘n vaas gedruk.

Ek deel dit ook as offergawes uit.

Toe ‘n vriendin onlangs na ‘n ernstige motorongeluk en koma herstel het, het ek weekliks ‘n nuwe bos kruie langs haar bed gaan sit. Dit het haar herinner daar is lewe agter die pyn.

Waar die kruietuin nou staan, was ‘n kaal stuk grond toe ek hier ingetrek het. Die hele tuin, behalwe die 25 bome was kaal en verwaarloos …

Soos my lewe in daardie tyd gevoel het.

Ek het die grond begin bewerk en die hardheid van die aarde met ‘n pik en kanaalwater saggemaak en genesende kompos ingewerk.

Party dae het ek gedink dat die barre stuk grond my gaan wen. Maar dit het nie.

Dié kruietuin te plant, was by my ‘n dringende begeerte.

‘n Dam vir die eende met speke beddings rondom het stadig nuwe lewe op die kaal stuk aarde gebring.

Ek wou nie die kruie-boeke op my rak raadpleeg nie. Ek moes die stukkie aarde se belofte self ontdek.

Soos ek die dieptes van my menswees leer ken het.

Die tuin het ‘n klassieke kruietuin-struktuur, maar my kreatiewe gees kon nie weerstaan om plantjies deurmekaar te plant nie. Ek wil met elke kyk na die tuin ‘n ander plantjie raaksien.

In vier jaar het my tuin ‘n verlengstuk geword van die fase van my lewe wat ek hier op Parys kom beleef het.

Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur ‘n diep lewenskrisis gaan, behoort ‘n tuin te plant.

Dit is die vingers in die grond steek, die meng van die kompos, die vasdruk van ‘n plantjie en die reuk van vars natgemaakte grond wat vir my hoop gebring het.

Saam met die rowe oor my siel het ek plantjies sien groei en miniatuur-klein saadjies sien ontkiem en sterk plantjies word.

Ek self kon nie glo dat my geloof se mosterdsaadjies so sterk kon groei nie.

Voor my agterstoep het ‘n stuk klipperige aarde ‘n lushof van genesing geword.

Daar is al studies oor die emosionele uitwerking van kruie op die gemoed gedoen. Maar met my leke-kennis kan ek net vertel hoe dit my binneste laaf as ek in my aromatiese stukkie hemel werk

Daar moet iets betowerend aan my kruietuin wees want my Persiese kat, Max, het die tuin as sy huis aanvaar. Hy rol sy lyf oor die Penny Royal tot hy een wolbol aroma is. Hy kruip in onder die laventelbos en vly hom teen die tiemie.

Hy slaap dag en nag in die tuin. Een van sy gunstelingplekke is onder die roosmaryn- en laventelbosse langs kleikunstenaar en dramaturg Daleen Kruger se katbeelde of op die damwal langs een van die hasies van rivierklei wat Louise Kreussel vir my gemaak het.

Vroeg soggens en laat smiddags is my tuin op sy mooiste. Dan streel die sagte lig die plante. Ek kan ure op my stoep sit en daarna staar. Ek het selfs al in die nag in my klein heiligdom gewerk.

Ek beskou dit as sintuiglike terapie.

Vir dae gaan die vaas vol geur vir my oneindige vreugde verskaf.

My kruieboeke verduidelik wat dit is wat ek ervaar.

Die roket verdryf negatiewe emosies, koljander het vertroostende warmte, laventel se helendheid streel, sitrus se geur lig die gemoed lig en die olyftak bring vreedsame energie.

Aromas van vrede.

‘n Bos aroma vir die gemoed uit ‘n plek wat eens net rou grond was.

  • Tanya O’Connor

    Martie, ek het dit soo geniet om jou kruie plesier te lees! Moet sê ek verkies kruie bo blomme, en groen bo kleur. Rondom die huis is daar soveel fynbos en die mooiste plante, kruie is maar min in my tuin, net sand, daar groei darem bietjie roosmaryn en ‘n bos of twee laventel. So lekker om te sien hoe die groen so deur die grond lewe kry.

  • Judy Lessing

    Kruie, mmmm…….my gunsteling plante. Ek ervaar, sien, proe en ruik so ver as wat ek jou blog lees. Bly daardie tyd in jou lewe is verby Sus.

  • http://mreoaywdizei.com/ qmxrqlnz

    7rhutN qahstbpyzvzg, [url=http://uxfckxmdzycl.com/]uxfckxmdzycl[/url], [link=http://vxdsatcvcrgl.com/]vxdsatcvcrgl[/link], http://uixzavwqdhga.com/

  • Renu

    Hm, die zitierte Stelle des Codex scibehrt ja, dass _die Redaktion_ die Quelle abschirmt oder durch einen Exklusivvertrag bindet. Im vorliegenden Fall hat _die Quelle_ sich doch aber die Medienpartner ausgesucht (wenn man von WL als Intermedi r einstuft, ist es ja der Beschreibung nach eher auf Seiten der Quelle anzuordnen ). Und die Quelle wird auch nicht geheimgehalten jeder sollte bei Bedarf einen Weg finden, WL zu kontaktieren, falls nicht Also ich w sste pers nlich nicht, was der Spiegel falsch gemacht hat h tten sie sagen sollen nein, wir k nnen das nicht ver ffentlichen, ihr m sst das schon allen Medien zug nglich machen ? Wo ist dann die Grenze zwischen Informant, den man sch tzen darf/muss und dem Medienpartner , den man teilen MUSS?