Diverse

Martie Swanepoel blog: Verraad

Dit gaan sit vas in my keel soos ‘n hap van ‘n hardgekookte eier. Ek het ‘n glas water nodig om dit af te sluk.

‘n Vrou wie ek ken, sê sy weet haar man verkul haar, maar sy voel sy het finansieel nie ‘n keuse as om te bly nie.

Hét mens nie ‘n keuse nie?

Ek het in my vriendekring gesien hoe ‘n man se affair ‘n vrou kan verteer.

Verraad het ek al aan my eie lyf gevoel knaag.

Vandaar my heftige reaksie.

Nee, ek glo nie alle mans verkul hulle vroue nie. Ek haat ook nie mans nie. Ek is trouens baie lief vir hulle.

My reaksie is dus nie teen mans gemik nie. Vroue verkul ook hulle mans.

Ek kan net nie verstaan dat ‘n mens voel jy het nie ‘n keuse nie. Glo my, as ‘n vrou wat al uit die as opgestaan het na verraad sê ek dit nie ligtelik nie.

Al leef jy van die een maaltyd na die ander. Al loop jy met jou voete. Jy hét ‘n keuse.

Mens is dit aan jouself verskuldig. As iemand klaar ‘n stuk uit jou siel geskeur het, hoekom sy kompulsiewe ontrouheid jaar na jaar toelaat om soos ‘n kanker aan jou te vreet?

Jy laat toe dat ‘n ander mens jou geluk bepaal. Jy is soos ‘n gyselaar.

Judas het my op skool al verkul. Op universiteit ook, glo ek. Ons sou trou, maar toe verpletter hy my drome en ek huil tien jaar oor hom.

Na 28 jaar kom vertel hy my dat dit wat hy aan my gedoen het hom nog altyd gepla het en dat hy nooit opgehou het om vir my lief te wees nie. Aan die grens het hy in sy malariakoors glo my naam geyl …

Ek en vriendinne en kollegas was skoon bewoë oor die roerende brief waarin hy my vertel hoe hy na my gesoek het en hoe sy een kind so blou oë hom konstant aan my herinner het.

As ‘n mens deur ‘n brose stadium van jou lewe gaan, val jy ondanks jou gesonde verstand vir sulke mooi woorde. Veral uit die mond van ‘n man wie se verraad jou dekades lank in nagmerries geteister het.

Sonder om die sensasionele derms van die hele spektakel uit te ryg, kan ek jou nou ‘n brief gee dat ‘n skaap wat graag deur die draad breek, nooit daardie gewoonte afleer nie.

My pletter val was harder as toe ek ‘n jong meisie was. Die man wat met groot beloftes drome in my brose gemoed kom plant het, het my op die wreedste moontlike manier verpletter en verraai. (Soos hy dit waarskynlik met sy vorige vrouens ook gedoen het.)

My familie, vriende, kollegas, kennisse, skinderbekke en aasvoëls wat graag die laaste stukkies vleis van jou siel afpik, het geweet my pragtige romantiese storie van die man wat my kwansuis nooit vergeet het nie, het platgeval. Selfs ‘n skinderblad het daaroor gekwyl.

Die man wat die olyfplaas vir my sou koop. Die paleis net reg vir ‘n prinses. Die blink kar, want net die beste is goed genoeg vir my.

Ek was vir hom beeldskoon, onweerstaanbaar, beminlik … En ek hét vir ‘n ruk so gevoel.

Better to have loved and lost than never to have loved at all ?

Jammer, maar die spreekwoord laat op die oomblik ‘n slegte smaak in my mond.

Deur die waas van die geluk waarvoor ek so uitgehonger was, kon ek nie die krake raaksien nie. Miskien wou ek nie.

Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ‘n verraaier… daardie dag bars jou lewe soos ‘n helium ballon.

Natuurlik is dit nie maklik om op te staan en aan te gaan as jy finansieel en emosioneel geruïneer is nie.

Jy doen dit met moeite.

Maar wat my gered het, is die feit dat ek besef het ek het ‘n keuse om my menswees terug te eis.

Judas het klaar ‘n negatiewe invloed op omtrent 30 jaar van my lewe gehad. Hoekom hom toelaat om nog een sekonde van my geluk te steel? Hy is dit hoegenaamd nie werd nie.

Glo dit as jy wil, maar hy het presies dieselfde storie gaan vertel vir die meisie met wie hy voor my op skool uitgegaan het! Hy het haar ook “nooit vergeet nie”. Vir haar het hy ook “nooit opgehou liefhê nie”.

Ek het byna van my kantoorstoel afgeval toe sy my by die werk bel en dié “romantiese” storie vertel. Sy wou eintlik uitvis wat die verbintenis tussen my en Judas was.

“O, hy het dieselfde storie vir my vertel. En wat my skok, is dat hy dieselfde roerende verhaal aan jou vertel het terwyl ek en hy nog ‘n verhouding gehad het. Ons troudag was volgens hom net ‘n kwessie van tyd. Soos toe ons op universiteit was …”

Nee, sy het haar nie aan my waarskuwings gesteur nie. En ja, hy het enige verhouding tussen ons voor my ten sterkste ontken!

Sy het haar man gelos en met hom getrou. Dit is sy vierde huwelik.

As sy geluk getref het, goed vir haar.

Maar ek sê elke dag dankie dat my oë oopgegaan het.

Onlangs vertaal ek ‘n stuk oor vergifnis en vergeet.

Die vrou wat dit geskryf het, se man was ook ‘n serial bedrieër. Skinderblaaie het ook die sappigheid van haar mislukte liefde opgeslurp.

Gaan dit my as Christen uit die hemel hou as ek Judas nie vergewe nie? Ek werk daaraan. Op die oomblik wil ek verkieslik nie eens dieselfde lug as hy inasem nie.

Net toe ek dink my lewe het sy laagste laagtepunt bereik, het Judas my kom wys die lewe kan jou platter as plat klap.

Dis dié dat ek nie die gedagte afgesluk kan kry dat iemand bereid is om by ‘n bedrieër te bly net oor sy dink sy het nie ‘n finansiële keuse nie.

My liewe mens, ek het klippe gekou. Ek het geldelik gewurg, maar weet jy wat, ek staan vandag trots en regop.

Ek is so dankbaar vir die nuwe kans wat ek het om weer te leef en lief te hê. Om weer te vertrou. Want mens moet nooit ophou om aan die liefde te glo nie.

My nuwe geluk word gekoester en vertroetel. Dis myne en ek het baie hard daaraan gewerk om dit weer blink te poets.

Dit was my keuse.

  • Amanda Gilbert nee Strydom

    My boom met die dorings…

    Die saadjie wat ek jare terug gekry het was so broos en het koestering Nso nodig gehad. SO ek het voor die kansel beloof om die saadjie te plant sodat hy die mooiste blomme kon dra.

    Met oorgawe te gee,hom te dra met my liefde wat vrouwees gevul het.

    Die saadjie het ontkiem en groot geraak. Maar die boom wat die mooiste blomme moes dra het net dorings gedra en dit was met moeite en seer met bloed wat oral geloop het soos die dorings gesteek het.

    Later in die jare het die boom so groot geword en die dorings so lank niemand wou meer aan die boom snoei!

    Maar op ‘n dag het daar ‘n ‘sy kind van Thailand’ gekom wat met die boom kon toor en sy het ook. Sy dorings het afgeval en haar omhels met alles wat hy het.
    Selfs slotte en kettings het hy gaan koop sodat niemand daar in die tuin kon kom wandel waar hulle liggame in mekaar verstrengel was.

    Sy was satan, hy het haar heuning gevoer met oe wat glinster wyl die ander een wat die boom se saadjie geplant het met die hoop vir die mooiste BLOMME buite moes slaap.

    Hulle liefdesnes my kamer, was besmet met die boosheid van die gevalle engel terwyl sy,sy wat die saadjie gesaai het, in die skadu sit moes sit…vir lafenis, sy is verjaag om te verdroog in die son.

    Haar sy lewensmaat se geroep na water het om dowe ore geval. Hy het net oe vir haar die hoer kind gehad.

    Hoe seer haar menswees, versmaaide liefde van al die jare het haar oud gemaak eensaam en alleen.Die lig van die klokhelder siel was bekrap met dit wat ewige letsels laat.

    Koester liefde dis so mooi. Niks mooier as die liefde wat GOD vir ons gee. Liefde o’ hoe smag ek na jou en aanvaarding sonder die ewige seer.

    Die gevoel van verlatenheid geen slaap opstaan skreeu waar niemand hoor soos ‘n dier gewond.

    Liefde wat my kom verswelg omvou met engelvlerke van beskerming…bring verstaan gee my vashou plek gee my gesteelde lewe terug.

    Daar is een vraag wat bly maal in my kop. Is dit beter om jou man aan die dood af te staan as aan ‘n ander vrou of liewer kind??

    Amanda/mara

    12/06/2010

    So alleen.. leeg en verworpe met geen doel op hierdie aarde. Ek is seer en voel vernietig ‘n ding wat geen reg het om suurstof in te asem. Ja soos ‘n dier wat die woestyn moet in om te gaan vrek sodat ander die stank van verotte vlees nie kan ruik en die diere van die veld kan pik eet en vol word van dit wat vir niemand niks beteken. My gedagtes is leeg die nagte lank die hoekom en waarom’s kamer het nie ‘n deur….

    Bind jou siel in jou vas met gebede sodat dit heel kan bly. Gee jy dit vir ander word dit geblus met die seerste seer wat nie verwoord kan word.

    Mara die bitter een sonder hoop..My siel se lig is gesteel en donkerte omvou my denke my bestaan.
    Kon ek maar voor jou sit en die versugting wat so swaar op my hart my hele wese druk met jou deel.Jy is nie hier jy is weg.

  • ingrid

    Ja ek het weer jou blog verraad gelees .

    Niemand skuld jou geluk dit kom van binne jouself die werels skuld my niks so het ek agter gekom .

    Geluk is n keuse jou keuse dit kan nie gekoop of by ander gedwing word jy alleen is die skepper van jou geluk.

    Dit kom van vrede in jouself te kry deur God se Liefde vir jou die unieke mens te aanvaar en daarin te glo en uit te lewe.

    Deur eers lief vir jouself te wess soos God is dan kan jy dit uitdeel.
    Maar jy kan nie gee wat jy nie het.

    Ek jy kan niemand dwing om vir jou lief te wees.

    Mense beweeg aan .

    "Judas" het aanbeweeg en is gelukkig in sy 4 de huwelik ïts meant to be"

    Die gesegte if you love something let it go. . .

    Wees lief vir jouself.

  • C8FCDv hoykywhjkxhz, [url=http://kuteokhsiqsx.com/]kuteokhsiqsx[/url], [link=http://ldbjgaysancb.com/]ldbjgaysancb[/link], http://hxgcaojtnuyp.com/

  • Martie Swanepoel

    Ingrid, ek dink nie jy verstaan die boodskap van die blog nie.Dit gaan juis oor opstaan en aangaan, maar NIE daaroor om die bedrieër te laat wegkom met sy sondes nie. As mens stilbly, beteken dit jy keur sy gedrag goed. Te veel vroue doen dit. Dan dink die bedrieglike man hy kan dit maar weer doen. Aikona! Natuurlik weet ek die lewe skuld my nie geluk nie. Ek het hope daarvan wat uit my borrel. Maar ek het ook geleer om op my regte te staan en nie ‘n push over te wees as iemand my leed aandoen nie. Ek gaan nie eens met jou redeneer oor wat jy meen my my saligheid sal kos nie. En, ek is bitterlik baie lief vir myself. Dis hoekom ek dankbaar is ek is ontslae van Judas.
    Hiermee beskou ek die gesprek as afgehandel.

  • ingrid

    good for you

  • Danylah

    Robert zegt:Hallo 3e,Mooi verslag. Jullie waren 1 van de sptoirefste ploegen die ik tot nu toe heb gefloten.Succes in de competitie en fijne feestdagenGr.Robert Roemers, arbiter bij de wedstrijd meddo 4 svgg 3