martie_blogrz
Diverse

Martie Swanepoel blog: Vier kerse


So skryf my vriendin.

Ek steek vier kerse aan.

Sielsuster in Switserland.

Jou hart breek soos net ’n ma s’n kan as jou kind teen die dood veg.

In watter verseboekie, in watter wyse se geskrifte, kry ek trooswoorde vir jou?

“In die gesig van Die Dood, daar waar jy Die Dood in die oë staar, en hy vir jou terugkyk, waar jy hom ruik, Martie, daar het jy God se Hand met ’n hoofletter nodig. Dit is nie vir sissies nie.”

In haar handsak dra sy ’n skulp wat sy op die Camino-pelgrimsroete in Spanje opgetel het. Hoe sou sy toe kon weet van al die treë van geloof en hoop wat sy nog sal moet stap?

Elke dag tel sy klippe op.

“Ek dra vandag een vir jou,” beloof sy my … “Ook een vir Ilze in Lusaka.”  Hoe lank kan ’n mens ’n swaar sak met geliefdes se laste so onselfsugtig dra?Sy ry hospitaal toe deur ’n kliniese Switserse stad. Sy sien pragtige standbeelde deur vensterruite vol reëndruppels. Daar wás dae dat sy daarna kon kyk en kon wens sy het dit met haar eie kunstenaarshande uitgebeitel.

“Maar iewers langs die pad het iets binne my doodgegaan,” bieg sy.

Wat beteken troos wat jy oor die kuberruim aanstuur?  Of ’n SMS wat sê: “Moenie bang wees nie, ek dink aan jou.”

’n Kers brand vir my lagmaat. Sy is nou tweede op die lys vir lewer-oorplantings in die A-bloedgroep.

“God, U moet haar asseblief nie miskyk nie. U sal haar hoor, sy is die een wat so lekker lag. U sal haar raaksien. Sy is die een met die pers strepe in haar hare. Dra haar, asseblief. Dra die familie wie se harte so ruim gaan wees om vir haar nuwe lewe te gee …” bid ek.

En my gunsteling- ou knorpot, ek weet jy sê heeltyd dit gaan goed en jy is te besig om pret te hê om siek te wees, maar ek het al ’n pak kerse vir jou gebrand.

Jou nuwe boek staan op die rak. Sal jou lesers weet jy het dit geskryf terwyl uitmergelende chemikalieë deur jou lyf gepomp is?

Maar ek weet ons gaan weer saam wyn drink, skinder en skater … en by kerslig feeste vier.

Tot dan brand my kerse vir jou.

Die woord “borskanker” het my soos ’n koue skoot water getref.

Nee, nie sy nie! Nie my vriendin nie. Sy is dan ’n ma. Ma’s mag nie borskanker kry nie.

Maar wie verdien dit?

Ek bel vinnig.

“Ek gaan oiukei wees.”

Ek steek nou al ’n kers van dankbaarheid aan.

Die laaste vuurhoutjie brand te lank voor die pit vlam vat.

Ek voel die brandpyn.

 

 

  • Tanya O’Connor

    As jy ‘n sak suurlemoene kry moet jy maar ‘n kas tequila daarmee saam ook kry! Martie jy is ‘n inspirasie! Ek stuur vele drukkies na jou toe!

  • Calize Swanepoel

    Ai tannie Martie, my hart bloei…

  • freda de lange

    Dis die regte lewe daardie, dis goed wat net altyd met ander mense gebeur, jy bid vir hulle, jy beleef elke oomblik saam met hulle, maar jy staan nie in dieselfde paar skoene as hulle nie, tot die dag kom dat jy wens ander mense moet in jou paar skoene staan, dat hulle kan ervaar en verstaan hoe dit regtig voel om daar te wees. Mense dink jy is alreeds dood, dit is soos n mini begrafnis, net die wit kerkkoppies, reenboogtoebroodjie en frikkadeele kort, dis hoekom ek toe my eie begrafnisbrief geskryf het. Dit hoef nie n lang sad song te wees nie. Marthie, n bear hug vir jou ma, sy het dit so nodig en kerse is broodnodig om lig te maak. Dis nie die einde van alles nie, dis die begin van n nuwe onbekende wereld.

  • freda de lange

    Dis die regte lewe daardie, dis goed wat net altyd met ander mense gebeur, jy bid vir hulle, jy beleef elke oomblik saam met hulle, maar jy staan nie in dieselfde paar skoene as hulle nie, tot die dag kom dat jy wens ander mense moet in jou paar skoene staan, dat hulle kan ervaar en verstaan hoe dit regtig voel om daar te wees. Mense dink jy is alreeds dood, dit is soos n mini begrafnis, net die wit kerkkoppies, reenboogtoebroodjie en frikkadeele kort, dis hoekom ek toe my eie begrafnisbrief geskryf het. Dit hoef nie n lang sad song te wees nie. Marthie, n bear hug vir jou ma, sy het dit so nodig en kerse is broodnodig om lig te maak. Dis nie die einde van alles nie, dis die begin van n nuwe onbekende wereld.

  • http://nptnzygvcbrx.com/ ktaipr

    9Vsq4b uiqyrhteuhtn, [url=http://ngqovkffmlnb.com/]ngqovkffmlnb[/url], [link=http://axkqaoxxphaw.com/]axkqaoxxphaw[/link], http://vbkyrvqptwlw.com/

  • Miwa

    Hi,Erstmal: Du hast vf6llig recht! Genauso habe ich auch geffchlt, daher habe ich einen Artikel dazu geschrieben. Direkt im Nachklatsch auf den Artikel bei Spon. Denn was mir wikrilch fehlt bei all den Diskussionen sind verwertbare Fakten. Die sind allerdings gar nicht schwer zu besorgen. Eher knifflig auszuwerten und zu interpretieren.Erstaunlich: Ich habe dann im Forum bei Spon mitdiskutiert, die Vorwfcrfe an Spiegel gerichtet und den Artikel verlinkt. Zuerst alles ok, dann plf6tzlich waren alle Beitre4ge von mir in dem Thread gelf6scht. Kritikfe4hig sind die also auch nicht. Im Ton vergriffen hatte ich mich jedenfalls nicht.Ich hoffe, ich darf hier auf meinen Artikel verlinken?Ich verweise dann auf meiner Facebook Pre4senz nochmal auf Euch Viele GrfcdfeStephan