Diverse

Michélle se Maart-redakteursbrief

Min vertroue in wie en wat ons regtig is, ‘n bietjie minderwaardigheid? Met die Oscars om die draai val die kollig op ‘n klompie merkwaardige rolprente – elk met

Suid-Afrika as inspirasie.Almal eg Suid-Afrikaanse stories wat met jou binneste toor en dit regkry om internasionale gehore te laat regop sit.Wie sou kon raai, vra ons so half verstom, dat óns alledaagse lief en leed net soveel trefkrag op die silwerdoek het as enige ander? Dat juis óns stories ‘n universele boodskap van vergifnis en hoop uitdra?

Kyk maar na Invictus, die verhaal van Madiba en François Pienaar en sy manne wat ons tot barstens toe trots gemaak het toe hulle in 1995 die Wêreldbeker-rugbytoernooi gewen het. Vir elke Suid-Afrikaner was dit ‘n uitbundige gebeurtenis, maar tóé het ons nie die mensestorie en emosie agter daardie oorwinning raakgesien het. Dit het ‘n Clint Eastwood en ‘n Hollywood-rolprent gekos om ons te wys wat regtig daardie dag in SA gebeur het. Nou sién ons dit as ‘n wonderstuk in die ingewikkelde legkaart van nasiebou.

Tans in ons teaters wys Skin, die verbysterende storie van Sandra Laing, wat in die 1950’s in SA as klein, bruin dogtertjie van wit ouers met die wreedheid van apartheid te doen gekry het. Dit het ‘n onherroeplike letsel op haar lewe gelaat. Oorsee het resensente hierdie storie van vervreemding met verwondering begroet. En ons? Ons het nou, dekades later, die kans om daardie onmenslike deel van ons landsgeskiedenis te sien en te verwerp vir wat dit was.

District 9, baanbreker-wetenskapfiksie so reg uit SA, het Hollywood (en ons!) behoorlik onkant gevang.Hierdie fliek, geskiet in Johannesburg, het dit reggekry om selfs die rolprent GI Joe: Rise of the Cobra in sy openingsweek uit te stof en het die no. 1-posisie by die Amerikaanse loket ingeneem. Soos met Invictus is daar sprake van Oscar-benoemings.Wie van ons sou nou ooit kon glo dat ‘n sci-fi-prent met ‘n Suid-Afrikaanse geur, en, van alle dinge, ‘n Van der Merwe as hoofkarakter, die wêreld se aandag sou trek? Ook dat die verhaal van Distrik 6 in dié rolprent die inspirasie sou wees om sosiale euwels van gister, vandag en môre op die wêreld-silwerdoek te takel.

En nou beland Afri-Frans op ons voorstoep.Ons hoor van ons heel mooiste Afrikaanseliedjies – in Frans.“Kinders van die wind” (kyk die video hieronder),”Waterblommetjies”, “Blouberg se strand” . . .liedjies wat al jare saam met ons kom en wat ons maklik saamneurie. Maar in ‘n vreemde taalgebeur iets anders. Jy hoor elke fyn heimwee-noot, jy verstaan elke emosie. Dis asof ons virdie eerste keer die melodieë sién vir wat hulle is.Ja, wie sou nou kon dink dat ons eie liedjies net so Frans, net so gevoelvol en net soromanties sou kon klink as elke ander Franse chanson. Luister na “Lisa se klavier” vanKoos Kombuis in Frans – op dees aarde kan daar nie ‘n mooier melodie wees nie.Tog het dit‘n ander taal gevra om ons weer te laat hoor en sién.Om ons weer met verwondering te laatkyk na dít wat ons eie is.

Vir die volgende maande is Afri-Frans een van SARIE se opwindendste projekte wanneer ons landwyd met dié vertoning toer. Kom saam met ons en ervaar die beste van ons land en die beste van Afrikaans, met so ‘n tikkie Franse flair. Wat meer kan ek sê, behalwe c’est la vie – dis mos die lewe!

Tot ons weer gesels wanneer ons op en wakker April-uitgawe teen 8 Maart op die rak is.

Groete,

Michélle van Breda

  • lxnJde buhgmruthcnu, [url=http://snpulglylehy.com/]snpulglylehy[/url], [link=http://zsrlxufargqi.com/]zsrlxufargqi[/link], http://vbtisjrwruep.com/

  • [url=http://fenoletipyks.ru]????? ??????? 2 ?????[/url]

  • Roosmarie Cornelius

    Wil graag jou ring van nader bekyk – dis stunning