Diverse

Michélle van Breda: “‘n Begin en ‘n einde. So werk dit mos met alles.”

In die laaste week van die toernooi moes ek na die East Hamptons, buite New York, vir werk – ja, hartseer sonder my vuvuzela! Hoe interessant was dit nie om die  toernooi van buite die landsgrense te ervaar nie. InAmerika, waar sokker kwansuis nie so groot is nie,wou almal net een ding praat: sokker in Suid-Afrika. Vrae op my vorige besoeke oor misdaad en werkloosheid en vigs en korrupsie was nêrens ter sprake nie. Dié keer was dit oor Bafana, die awesome paviljoene, die Groot Vyf, die strande en safari’s, ons kos en ons mense én “that vuvu thing”!

’n Middernagtelike besoek aan Times Square in New York het my ook onkant gevang. Só ’n skare het ek lanklaas gesien. Mense wat op grootskerms luid en opgewonde na van die vroeër sokkerwedstryde kyk en hul geld op ’n moontlike wêreldkampioen sit. En Suid-Afrika was dáár – ek kon dit voel, ek kon dit hoor met elke vuvuzela wat blaas, ek kon dit sien in ons land se kleurryke beelde wat op die skerms geflits het.

Sondagoggend, terug op O.R.Tambo-lughawe, was dit deur die oë van ’n besoeker dat ek ons-land-in-die-kollig kon ervaar. My hart het bokspronge gemaak, want elke tree van die vliegtuig na die aankomssaal

 

Ons kán maar ons makarapas opsit en ons vuvuzelas op ons
toekoms blaas”

was soos ’n fan walk.

Ons vlag, Madiba, ons lewendige Afrika-kleure, ons vriendelike glimlagte het oral verkondig: Jy is hier en jy’s welkom! Dit het gebruis van ’n land se nuutgevonde energie.Die Spanjaarde wat saam op die vlug was, was gedrapeer in hul rooi-en-geel vlag. Hulle het gesing en hul vuvuzelas geblaas, en ons wat dit aanskou het, het net geweet: Dís die wenspan dié. Met sulke gees kan niemand geklop word nie.

Net ure later in die vliegtuig onderweg na Kaapstad vlieg ons oor Soccer City in Soweto. Ek het ’n knop in my keel. Die stadion met sy byna 90 000 mense was gebaai in helder ligte en helikopters het wye sirkels oor die paviljoen gevlieg.

Ons Madiba sou ’n staande ovasie ontvang en sowat 700 miljoen mense wêreldwyd sou dié opwindende eindstryd op die Afrika-vasteland aanskou.

 

Hierdie is die gees van ’n wenner!”

 

Ons het dit gedoen! Ons het dit waaragtig gedóén, het ek gedink. SA het teen die wêreld (en dikwels ons eie) verwagtinge inmet sukses die grootste skouspel op die planeet aangebied. Iets wat nog net 16 ander lande kon regkry. En hierdie eer kom jou en my en almal om ons toe.

Ons wat die besoekers ontvang en bygestaan het, ons wat ons huise oopgemaak en nuwe vriende gemaak het. Ons wat die stadions, paaie en lughawens gebou het. Ons wat in lang toue gestaan het om kaartjies te koop en die fan walks en fan parks in ons derduisende ondersteun het.Ons wat gul agter ander lande gestaan het toe ons eie Bafana uitgeval het en ons hart op die ou einde vir Ghana gegee het.

Laat ons nóóit weer dink ons kan nie of ons is nie goed genoeg nie. Hierdie is nie die einde nie, maar die begin. Hoop is wat SA weer nodig gehad het om die vele uitdagings op ons pad vorentoe aan te pak.Ons kán maar ons makarapas opsit en ons vuvuzelas op ons toekoms blaas. Want hierdie is die gees van ’n wenner!

  • T08CLM qpbueiqhqsgu, [url=http://gkhycimackxh.com/]gkhycimackxh[/url], [link=http://vgyrwfhmphwx.com/]vgyrwfhmphwx[/link], http://ejqteuuieqdh.com/

  • UXu4FO jbkzgvpmkbaw, [url=http://inxhxwmhgqme.com/]inxhxwmhgqme[/url], [link=http://iizsrhluiedr.com/]iizsrhluiedr[/link], http://fzyawrwchhuo.com/

  • Ayu

    Alhoewel ik dezelfde mennig toebedaan ben als de auteur, wil ik ook een lans breken voor wat (volgens mij) de paus e9cht wil zeggen. Het is wellicht een snelle oplossing’, dat gebruik van condooms, maar het lost het probleem niet op. Het is meer symptoombestrijding. De echte oplossing’ licht meer in de trant van:Enige reflectie van de dader’ over wat hij het slachtoffer’ aandoet, en een verandering in gedrag die daar het gevolg van zou moeten zijn (de onthouding). Dat is wat de paus eigenlijk naar voren wil brengen.Als we echter allerlei niet-religieuze management-modellen (maslov?) erop loslaten, blijkt dat de omstandigheden waarin dader en slachtoffer verkeren niet zodanig zijn dat ze al bezig kunnen zijn met dit soort reflectie, laat staan met e gedragsverandering die door de paus zo gewenst is. En laat dat nu het e9chte argument zijn tegen wat hij verkondigt.Let wel: wat hierboven staat is een manier van kijken (zoals wetenschap dat wel vaker is ).