sr1209redbrief_4_
Diverse

Michélle se redakteursbrief: Die inspirasie van ‘n wengees

Op 31 Julie het Le Clos nie net vir Madiba trots gemaak nie, maar ook wêreldnuus gemaak. Hy het sy held en die grootste Olimpiër van alle tye, Michael Phelps, in die 200 m-vlinderslag geklop om goud. Hy kon dit skaars glo; die wêreld kon dit skaars dink. Phelps, die koning van die swembad, geklop deur ’n jong man met ’n vinnige glimlag. ’n Onvergeetlike oomblik. En só is ’n nuwe ster gebore: jonk, fiks, vreesloos, onkeerbaar. Net oomblikke daarna sê Le Clos vir Phelps: “Ek wil hê jy moet weet jy is my held, my rolmodel.”

’n Paar dae vroeër het ook Cameron van der Burgh op die podium gestaan nadat hy die wêreldrekord in die 100 m-borsslag verbeter het. Suid-Afrikaners was uit hul nate. Só sien hy homself, met daardie goue medalje, het Van der Burgh ’n jaar terug in ’n SARIE-onderhoud gesê. Dís sy enkele grootste fokus. Sy goue droom.  

Die Olimpiese Spele is ’n grootse gebeurtenis. Ons sit vasgenael voor daardie kassie, verstom deur die mens se fisieke vermoëns. Maar dis daardie aanhouer-wen-gees wat jou asem wegslaan. Die pyn, die teleurstelling, die mislukking, die selftwyfel is nooit genoeg om daardie gees te blus nie.

Niemand vertel hierdie storie beter as Oscar Pistorius nie. Met sy 89-jarige ouma in die stadion het hy teen van die beste naellopers in die 400 m gehardloop: hulle met ’n vaste tred, hy op sy blink, geboë lemme. ’n Medalje was die “Blade Runner” nie beskore nie, maar vir baie het hy gewen nog lank voordat hy deelge-neem het. ’n Held; die inspirerendste storie van die Spele, het die wêreld laat weet.

Waaraan skryf ons hierdie wen-gees toe?

My ma, sê Pistorius eenvoudig. Die ma wat hy op 15 verloor het. Sy wat hom geleer het dat verloorders nooit dié is wat deelneem en laaste kom nie, maar dié wat in die eerste plek nie deelneem nie. Nee was nooit deel van haar woordeskat nie. Dis ook nie Oscar se taal nie

Pure passie straal uit die jong Le Clos. Jy hoef nie te vra waar dít vandaan kom nie. Luister net hoe praat sy pa, Bert, in die BBC-TV-onderhoud (kyk op YouTube) met drif oor sy seun. As kind het hy veg-gees getoon, sê sy onderwysers vandag. En ’n verbysterende werketiek.

Vir Van der Burgh is dit die geloof dat elke mens se toekoms in sy eie hande is. “Vanaand toe ek uitstap om te swem, het ek vir myself gesê: Jy bepaal jou sterre. Ek het ’n kans gehad en dit benut!”

In so ’n wêreldarena sien ons mense op hul beste, wanneer hulle die geskiedenis herskryf en die haas onmoontlike regkry. Ja, ons sien uitsonderlike talent, maar laat ons nooit vergeet nie dat dit die resultaat is van jare se opoffering, grenslose passie en sonderlinge fokus.

Soos met alles in die lewe: As jy dit wil hê, moet jy dit gaan haal.

Chad le Clos

Oscar PistoriusCameron van der Burgh

  • Jeanne Loubser

    My dogter, Cornell (19) is gehoorgestrem en ook ‘n swemmer. Sy is met Trecher Collins Sindoom gebore. Sy het verlede jaar aan die Wêreld Swemkampioenskap vir Dowes deelgeneem en ‘n 6de plek in 100m vlinderslag behaal. By die SA Nasionale Swemkampioenskappe is sy gereeld op die medaljepodium. Chad en Cameron is haar rolmodelle. Ook die ander olimpiaan, Charl Crous. Ons kan getuig dat hierdie swemmers nie net hard werk nie, maar ook nederig, vriendelik en plat op die aarde is. Ek is trots om te kan getuig dat SA se swemmers voorwaar verdien om rolmodelle vir vandag se jeug te wees.
    Ons hou ook duimvas vir die paralimpiese span wat sopas vertrek het. Ons glo ook dat hierdie swemmers (Emily Gray, Shereen Shapiro, Charl Bouwer, Sharkie, Kevin …..) SA se naam sal hooghou. Sterkte, ons hou julle met belangstelling dop.
    Dit is egter jammer dat ons dowe swemmers bykans GEEN publisiteit kry nie. Daar is alreeds ‘n paar wat vir die Deaflympics 2013 in Bulgarye gekwalifiseer het en onder moeilike omstandighede dit reggekry het. Miskien sal hulle volgende jaar ook so ‘n helde ontvangs kry!!

    Jeanne Loubser, Kroonstad.

  • Anet

    Neil Armstrong went to be with the Lord yesterday. He was a great American. He was a devoted Christ follower.

    Of course, you wouldn’t know about Armstrong’s Christian faith from the obituaries published by such bastions of liberal journalism as the New York Times and Washington Post. They didn’t consider it worthy of comment.

    Nor would you know that Armstrong loved the Lord from the perfunctory tribute offered by President Obama, who mentions Christianity only when it serves his political purposes (like defending his support for homosexual marriage).

    But Armstrong’s life story cannot be told without mentioning his walk with Christ.

    Indeed, perhaps the most under-reported story about Armstrong concerned his visit to Israel following his historic trip to the moon, where he made his one small step for (a) man, one giant leap for mankind.

    The American astronaut was taken on a tour of the old city of Jerusalem by Israeli archeologist Meir Ben-Dov. When they got to the Hulda Gate, which is at the top of the stairs leading to the TempleMount, Armstrong asked Ben-Dov whether Jesus had stepped anywhere around there.

    “These are the steps that lead to the temple,” Ben-Dov told him, “so He must have walked here many times.”

    Armstrong then asked Ben-Dov if those were the original stairs and Ben-Dov confirmed that they were indeed.

    “So Jesus stepped right here,” Armstrong asked. “That’s right,” answered Ben-Dov.

    To which Armstrong, the devout Christian, replied, “I have to tell you, I am more excited stepping on these stones than when I was stepping on the moon.”

    The secular world remembers Armstrong as, variously, an aerospace engineer, a university professor, a Navy fighter pilot and, of course, as the first man in history to peer back at Earth from the surface of the moon.

    But those who were closest to the famous astronaut – his widow, Carol, his two sons, Eric and Mark (from a previous marriage), his brother and sister, and other survivors – remember Neil Armstrong as a man of faith.

    ——————————————————————————–