Diverse

Als in jou Februarie 2011-uitgawe + Michélle sê: “Ons dink nie twee keer oor vlieg nie”

Met vlieg is daar maar min verrassings. Dis mos die chicken-or-beef! So, ek gaan sit, skakel my selfoon af, gespe my vas en slaan my boek of skootrekenaar oop. Gesels? Nee, dié doen ek nie. Toegegee, soms beland jy langs die interessantste mense wat vir jou ‘n wêreld inkleur waarvan jy niks weet nie.

Maar die stilte is dan juis een van die hoofredes waarom ek vlieg. Geen telefone, geen e-posse, geen SMS’e, die niks sê. Net my gedagtes.

Maar dis wanneer dinge in die lug, of nog op die grond, ‘n bietjie anders verloop dat jy weer ‘n slag dink oor vlieg, en praat beter raak as stilbly. Net ‘n paar weke gelede is my vliegtuig van Johannesburg na Kaapstad erg vertraag. Uiteindelik aan boord speel die kaptein oop kaarte. Hul vorige vlug – die einste vliegtuig waarin ons eintlik moes terug Kaap toe – het bo Bloemfontein angswekkende turbulensie ervaar. Só erg dat ‘n nood-daling met al die noodmaatreëls gedoen moes word. Die vliegtuig is genadeloos rondgepluk, endie passasiers en vlugpersoneel se senuwees is behoorlik getoets. Die kaptein het besluit geen verdere vlugte vir die dag vir dié vliegtuig nie – vandaar ons vreemde vliegtuig wat uit die loods gesleep is.

Michélle van Breda Só ‘n storie is genoeg om selfs vir my van my boek af te laat opkyk. Toe ons vliegtuig boonop ná ‘n eerste draai op die aanloopbaan gaan staan en die vlieënier aankondig ‘n span is op pad om vonkproppe te kom skoonmaak om te keer dat die enjin oorverhit, was my volle aandag dáár.

Ook maar goed, want toe tref ook ons daardie donker stormagtigheid. Die vliegtuig ruk en skud, rol en kreun. Dit wil-wil voel asof die vliegtuig onder jou padgee. In die skemerdonker sit elkeen stil met sy eie gedagtes, maar hier en daar maak ek oogkontak. Daar’s ‘n soort dankbaarheid dat ons tog nie alleen in dié vreemde en onbekende is nie.

Ek knoop tussendeur ‘n sinlose gesprekkie aan en kry ewe niksseggende antwoorde. Maar dis reg so, want praat is nou belangriker. Dit voel net beter – so sáám.

Terug op vaste grond besef ek ons onafhanklikheid en gedrewenheid kom teen ‘n prys. Dit isoleer ons dikwels van ons wêreld, en sosiale media wat mense kwansuis so connect is ook nie aldag die antwoord nie, want hoeveel daarvan is eg?

Ons het eenvoudig nodig om na mekaar uit te reik en die boodskap uit te stuur: Ek sien jou en erken jou. Ons moet bly praat, al is dit net deur ‘n kitskennismaking op die lughawe. Want ons behoud is in sáám – altyd. In voorspoed en in nood. Dis deur sáám dat ons regkry om ook te vlieg.

Tot ons weer gesels wanneer ons Maart-uitgawe van 14 Februarie op die rak is. Kyk dan uit vir ons nuwe Voorbladinspirasie-wedstryd. Wie weet, dalk is jý op SARIE se volgende voorblad. Praat van vlieg!

Groete,

Michélle van Breda

In jou Februarie 2011-SARIE

Nataniël verklap sy vele liefdes

Gewese TV-vrou verloor 40 kg + 3 dae van haar eetplan

Sjokolade
Ja, jy mag maar! 5 verlei-resepte

Is jy ‘n Survivor in die regte lewe?
12 eienskappe wat jou sterk hou

Spesiale spyskaart
Valentynsdag met vriende
Kom ons kook almal saam!

Spesiaal

Lucas Maree: “Ek’t byna als gedoen wat ek wou”

Jy & hy

  • Altyd eerlik? Nee, hou dít vir jouself
  • 3 lesers vertel: my nie-ideale perfekte man
  • Verkulde vrou soek antwoorde – Hoe kan ek hom weer vertrou?
 

  • NDref6 eiuehlqqqhuk, [url=http://pbyjuzgijyjb.com/]pbyjuzgijyjb[/url], [link=http://nwupgcfkpsbz.com/]nwupgcfkpsbz[/link], http://csdsepygaubh.com/

  • Liesl Levey

    Voorblad BO!-Februarie 2011 uitgawe!

    Dis nie baie dat ons ‘n man op die voorblad van Sarie sien nie! Baie verfrissend! Veral omdat dit so ‘n spesiale man is met soveel oorgawe vir die lewe en alles wat mooi is! Die voorblad kleurskema was ook pragtig en het definitief met my ‘gepraat’!

    Ek kan dit nie bekostig om elke maand ‘n uitgawe te koop nie, maar die Februarie uitgawe kon ek nie by verby loop nie! Soms ‘erf’ ek a uitgawe by my Ma wanneer sy een kon bekostig en dit dan klaar gelees het. Ek verslint elke woord van elke brief en al die fantastiese artikels, en lees baie weer en weer.

    Dis soos ‘n ‘mini vakansie’ wanneer ek klaar is met die dag se gejaag en al die aand se dinge afgehandel het, dan klim ek in die bed met my Sarie! Baie dankie vir die wonderlike bederf!

    Liesl Levey, Amanzimtoti, Durban

  • vsidomufv

    KkxVFQ nujmdryfkiid, [url=http://oipoexziwhml.com/]oipoexziwhml[/url], [link=http://bmrypofaghfa.com/]bmrypofaghfa[/link], http://ksefxzezozvs.com/