mich_herrie
Diverse

Michélle van Breda vang sokkergees: “A-nee-a, dis 2010, dis Wêreldbekersokker, ‘n vlag vir my motor sál ek koop.”

‘n Paar weke gelede is ek in Johannesburg, en wat begroet my? Duisende wapperende Suid-Afrikaanse vlaggies. Waar jy ry, sien jy hulle op motors, in busse en bo-op taxi’s. Hier’s iets aan die gebeur, dink ek opgewonde.

In die SARIE-kantoor hier in Kaapstad wapper die vlae by ons vensters, op ons lessenare en selfs op ons motors. In Kaapstad begin die opwinding nou opbou met ‘n massiewe vuvuzela wat op een van die snelwegbrûe vasgemaak is, en ‘n groot wiel amper nes die London Eye.

In haar Junie-redakteursbrief skryf Michélle van Breda:

“Ons was nog nooit gul met ons landsvlag nie. Iets wat ek nie verstaan nie, want ons het een van die heel mooiste vlae in die wêreld. Afrika-kleure: rissie-rooi, goudgeel, hemelsblou, grasgroen. En die Y-patroon duidelik die simbool van die eenheidspad wat ons as ‘n nasie moet stap.

“Rugby- en kriekettyd, dán is die paviljoene en velde skielik ‘n ontploffing van kleur soos ons ons vlag swaai. Net om weer weggepak te word tot ‘n volgende keer. ‘n Vlag sal ons nie sommer by ons voordeur plant, of in ons tuin of op ons dak laat pryk nie. In Amerika doen hulle dit – daar sien jy oral die star-spangled banner.

“Maar ‘n paar weke gelede is ek in Johannesburg, en wat begroet my? Duisende wapperende Suid-Afrikaanse vlaggies. Waar jy ry, sien jy hulle op motors, in busse en bo-op taxi’s. Hier’s iets aan die gebeur, dink ek opgewonde. Kan dit wees dat ons die sokkergees begin vang en ons mompelinge oor skuld, padverleggings, bouwerk en toeskouers wat dalk nie gaan kom nie eenkant toe skuif?

“Op die lughawe sien die skoenpoetser my op ‘n afstand aankom. Ek het ‘n paar moeë, nou al vaalswart leerstewels aan. A-nee-a, sê Elvis, in 2010 kan niemand só lyk nie! Net R15 dan maak hy daardie stewels vir my só blink ek sal ‘n sonbril moet dra. Hy begin vir ‘n vale poets, maar eintlik wil hy net sokker praat.

“Oor die beautiful game wat hy in die township se stof leer speel het. Oor Bafana Bafana wat ons asseblief nie net moet afskryf nie. Mense kan maar sê wat hulle wil, afrigter Carlos Parreira word gereken, herinner hy my. Ek vertel hom ek was so pas in Brasilië en daar spreek hulle sy naam Pa-herra uit.

“Dankie, sê Elvis. Sulke goed is belangrik om te weet. Hy praat oor sy helde, wat hy binnekort elke dag op TV sal sien, en wie se skoene hy dalk sal kan poets. Wie’s my gunsteling? vra hy. In my kop soek ek verwoed ‘n naam, want ek kan Elvis nie nou teleurstel nie. Lionel Messi, antwoord ek. Hy hou op met poets en doen ‘n vinnige dansie – ek’t die jackpot geslaan! Hy lag van tevredenheid. Ja, besluit ons, ons sit ons swaar verdiende rande eers op Bafana Bafana (ons moet mos!), dan op Argentinië oor Messi.

“Ons onthou van Engeland, hulle het nie meer vir Beckham nie, maar Wayne Rooney is warm. Brasilië met Kaká moet ‘n mens nooit onderskat nie, en wat van Italië? Hulle was immers die vorige wêreldkampioen. Nader aan huis klop ons harte warm vir die Ivoorkus met die blits-doelskieter Didier Drogba.

“Toe ek afkyk, blink my boots soos ‘n spieël! Terwyl ek wegstap, onthou ek ‘n Saterdagmiddag in Ghana op ‘n straatmark. Ek soek krale, maar die manne sit met hul transistor-radio’s styf teen die oor. Ghana speel teen Mali, en dis oorlog.Toe Ghana die eerste punte aanteken, ontplof die mark. Daar’s ‘n gedans,’n gejuig, toeters wat blaas. Ek wag om te betaal, maar die kraleman wil niks van geld weet nie. Hy’s buite homself van vreugde. Hy hang die krale om my nek en sê: You South Africa. Nelson Mandela!

“Mark Feeesssshh! You take for free.

“Net daar op O.R.Tambo besluit ek a-nee-a, dis 2010, dis Wêreldbekersokker, ‘n vlag vir my motor sál ek koop”

  • http://www.joolstowear.com/ Marie-Louise Myburgh

    Die vlae wat so op die maat van die Vuvuzelas in die Kaapse wind wapper lyk fantasties!
    Lekker sokker!
    Marie-Louise

  • Susan Combrinck

    Ek weier om ‘n vlaggie te koop. Die sokker het nog nie begin nie en die humeure loop al hoog vir die mense wat geen respek vir ander het nie. Ek en my man het vanoggend by die Post House restaurant in Clarens gesit om bietjie koffie te drink. Ek het vir die eienaar gesê dat hulle besigheid gaan verloor oor die geblaas van die vuvuzela’s – hy het dit goed gedink dat die kelners elk ‘n vuvuzela oor die skouer dra. Nadat ek ook vir die kelners gevra het om nie die vuvuzela te blaas nie het een van hulle direk in my ore belaas toe ons loop en die ander kelners het gedink dit is ‘n groot grap en het heerlik gelag. Dit is mos nou ‘n goeie voorbeeld van disrespek en daardie mense wat nie vir my respek het nie kan mos nie verwag dat ek vir hulle respek moet hê nie en in die verolg wanneer ons dalk weer na die restaurant gaan moet hulle nie enige fooitjie verwag nie.

    As dit so gaan by meer restaurente en ander plekke wil ek nie weet wat goed gaan uit die sokker kom nie.

  • http://bedezfgvordv.com/ squbuxyhhvg

    ShYw7p etpuulovjrmz, [url=http://davfgcsyidan.com/]davfgcsyidan[/url], [link=http://upszbxayfmjg.com/]upszbxayfmjg[/link], http://tzeupoqryeiw.com/

  • binbango

    http://www.binbango.com/?p=328037
    Speel en wen groot pryse! registrasie is gratis!

  • http://rklvpwynajnr.com/ wdeixwpu

    3Iixzg uewafufbrtky, [url=http://didbarysivrl.com/]didbarysivrl[/url], [link=http://mznmindvkdhm.com/]mznmindvkdhm[/link], http://sjzrqcjrvpqt.com/

  • yhfjmmevim

    FYnLtr ejratvdrkxsp, [url=http://hjhfkomlbbnp.com/]hjhfkomlbbnp[/url], [link=http://kevxmairszrq.com/]kevxmairszrq[/link], http://zcbdelcrbpsz.com/

  • rqkfmai

    DziWSp hwqlphlejkzn, [url=http://gedlesvnpjpu.com/]gedlesvnpjpu[/url], [link=http://xkuiizgyryui.com/]xkuiizgyryui[/link], http://pndiaujesevl.com/

  • Bolshakov28Egor

    ?????? ??? ?????? ???? ?? ???????????? ??????

  • Masayoshi

    Das Problem ist doch weniger die dtoltmitterfirschung. Die Drittmittelforschung ist gerade in Kostenintensiven Bereichen unersetzlich, das leuchtet selbst mir als Politikwissenschaftler ein. Die Abhe4ngigkeiten sind da immer ein Problem, aber keins, was nicht in den Griff zu bekommen we4re.Vor allem wenn nicht die gesamte Forschung auf eine Geldquelle angewiesen ist. Und das ist in diesem Fall doch das eigentliche Problem. Wenn nur ein Institut eine Forschung betreibt bleibt notwendigerweise die Vielfalt der Perspektiven und damit die Mf6glichkeit von unabhe4ngiger Kritik auf der Strecke. Wfcrde die deutsche Wissenschaft abseits von einigen Informatikern und Netzutopisten (aka. Medienwissenschafltern) die Reichweite der Vere4nderungen der Gesellschaft durch das Internet endlich wahrnehmen, ke4me eine umfangreiche Forschung schnell von selbst in Gang. Was ich im allte4glichen universite4ren Umgang mit dem Internet allerdings viel zu he4ufig erlebe, ist eine Herabstufung des Internets in der Wahrnehmung vieler Wissenschaftler in meinen Fachbereichen auf einen schnelleren Post Service, der die Sekretariate entlastet und den Studierenden beim abschreiben hilft. Die Bereiche die sich mit dem Netz besche4ftigen weisen oft einen der Art oberfle4chlichen Zugang und ein erschreckend geringes Abstraktionsniveau auf, dass man sich die Arbeit des Forschens gleich sparen kf6nnte.Solange kein Problembewusstsein entsteht, die Auswirkungen immer wieder kleingeredet oder auf spezial und Randphe4nomene Urheberrechtsverletzungen oder Facebookparties reduziert wird, wird es keine Umfassende Forschung geben. Und das ist die einzige Mf6glichkeit zu wirklich unabhe4ngiger Forschung, Konkurrenz der Ideen und eine breite wissenschaftliche Debatte dann sind auch die 4,5 Mio von Google kein ernstzunehmendes Problem mehr.