honda_accord_wen
Diverse

Motor van die Jaar – Honda Accord

Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste kies jaarliks finaliste uit al die motors wat in die voorafgaande jaar in die land bekend gestel is. ’n Paneel van senior joernaliste het dan die finale sê.

Die Ford Fiesta 1,6 Trend (5 deure)was na verneem word ook ’n groot gunsteling vir vanjaar se kroon. Ander motors wat meegeding het, was Volkswagense Tiguan 1,4 TSi Trend & Fun 4Motion, die Suzuki SX4 2,0, Suzuki Swift 1,5 GLS, Mazda 6 2,5 Individual, Jaguar XF 3,0 V6 Premium Luxury en die Honda Jazz1,5 EX.

Die Honda Accord  is ’n stylvolle en elegante motor en bied waarde vir geld.Hoewel kopers deesdae kleiner, meer ekonomiese modelle verkies, is die Accord ’n goeie voorbeeld van hoe ruimte, werkverrigting en luuksheid gekombineer met spaarsamigheid, doeltreffendheid en waarde’n begeerlike en relevante motorpakket kan bied, het mnr. Yoshiaki Nakamura, Honda SA se bemarkingsdirekteur, gesê.

In die Accord-reeks is daar 2,0 liter- en 2,4 liter-modelle, asook ’n i-DTEC-dieselmodel. Pryse begin by R270 000.’n Ander Honda-model wat al dié gesogte prys gewen het, is die Civic.