Diverse

Tanya O’Connor blog – “Dag-tot-dag”

21 Julie 2010
 
Hoe word babas gemaak?

Hoe het dit gebeur? Hoe het ek swanger geraak? Ja, ek weet, ek weet . . . . maar hoe het dit met die aan-die-gang-, altyd-aan-die-hardloop-Tanya gebeur? Ek het nogal vanoggend 3:15 vm. daaraan gedink.  
 
Ek het nooit aan babas gedink toe ek klein/jonger was nie, ek het nie aan babas gedink ná skool nie. Ek moes oorleef, met ‘n ma wat aan depressie gely het vandat ek 11 jaar oud was, het trou en babas nie in my gedagtes opgekom nie. Ek moes ‘n paar boeke gaan koop om van babas te leer, sy het my nooit van hulle vertel nie. Ja, jy lees reg! Ek het wel met babas en kinders in kontak gekom.  
 
‘n Vriendin, Ilse, was die eerste in my vriendkring wat ‘n baba gehad het. Ek was maar lugtig vir die bondeltjie mens. Nou is die bondeltjie mens groot en sy Tannie Tanya het hom ‘n paar jaar gelede aan AC/DC voorgestel.  
 
Ek ontmoet Ilse die afgelope naweek vir koffie en wat gee sy my? ‘n CD van Rockabyes for Babies deur AC/DC, my mond het letterlik oopgehang. Sy verduidelik toe dat die tromme en kitare oorgevat is deur “bells”. Ek kon dit nie glo nie! Ek was aangenaam verras. Sy vertel my haar seun Johan het gesê, “he is just returning the favour” , klein Rory moet ook na hierdie groep luister.  
 
Rory en ek luister nou saans na AC/DC se Rockabyes en ons slaap heerlik. Ja, ja, die arme kjent met ‘n ma soos mwa!
 
Ek glo klein Rory het net op die regte tyd gekom. Ek het my binneste skoongemaak van enigiets wat nog weggekruip het in 2009. Ek het vrede gemaak met dit wat nog êrens in my kop gepla het. Ek het besluit niks gaan my meer ontstel nie. Ek het besluit ek gaan nie my emosies vermors op mense/gebeure/dinge wat dit nie werd is nie. Ek het tot die besef gekom dat ek tevrede en gelukkig is, dat niks my meer jaag nie. Ook dat ek niks aan dié rondom my of aan myself hoef te bewys nie.  
 
In 2009 het ek begin skryf oor EK, in 2009 het ek my siel oopgeskryf. Ek het wel voorheen ‘n motorrubriek vir die plaaslike koerant geskryf, advertensies vir die maatskappy waar ek gewerk het, maar nie soos ek nou skryf nie.
 
‘n Salige lap van rus kom lê op my skouers, Chivas lê en snork langs my op die bed. Die wind hardloop om die huis se hoeke en die haantjie van langsaan sê hallo vir die dag.  
 
Ek het swanger geword, want my lyf het gesê dis nou oukei, ou girl, jy het my vrede gegee en nou gaan ek jou ‘n groot geskenk gee.  
 
Wanneer ek dink aan hoe my binneste voel en lyk, kan ek dit net vergelyk met ‘n bergstroom. Dit kabbel oor vele klippe en heel onder kan ‘n mens bakhand gaan staan en water drink wat soos lemonade smaak.  
 
Dit was ‘n harde uithourit tot hier, 5:39 vm., 21 Julie 2010, maar dit was ‘n goeie rit. Ek het geleer hoe om bo-op die lewe se galloperende perd te bly. Die perd het my ‘n paar keer aan die voet gesleep, maar ek het weer opgeklim.
 
Ek onthou ‘n spesifieke vers uit Spreuke, uit my ouma se Engelse Bybel. “Since the Lord is directing our steps, why try to understand what happens along the way.”
 
Dankie vir nou, dankie dat ek hier kan wees, dankie vir liefde en vrede, en dankie vir Rory!  

20 Julie 2010

Plooie

“Jy moet darem onthou jy is 42!” Só deel my fisio my mee toe ek vra hoekom kraak als in my lyf dan wat sy so mildelik trek en strek. Ek is na hierdie wondervrou toe met my seer gewrigte.

Ek het vroeër vandag in die spieël gekyk, was besig om oorlogsverf aan te sit en het op die plooitjies gelet. Ek hou van my plooie, het liefdevol daaroor gestreel en besluit, Botox? Nie vir hierdie gesig nie!

My ma is op 52 dood sonder ‘n plooi, moet die gene wees, want op 42 lyk my gesig darem nie te onaangenaam nie. Ek sit en vra myself hoekom? Ek skryf dit toe aan om te lag soveel as wat ek kan, en om beslis ook vir myself te lag.

Ek kyk deur tydskrifte en vergaap my aan die wonder van Photoshop. Miskien, eendag, kan almal Photoshop in plaas van onderlaag en grimering? Jy staan voor ‘n spieël en kies jou gesig vir die dag, jou gesig word dan net so opgeverf in ‘n oogwink.

My skoonma is 75 jaar oud, haar lewenslus, haar durf en haar entoesiasme vir wat sy ook al aanpak, verbloem haar plooie. Sy kan nog ‘n gholfstok met mening swaai en het al drie “hole in one’s” behaal.

Ek glo dat mooi, beeldskoon, tydlose skoonheid van binne kom. Jy kan soveel La Mer-potjiesroom opgebruik as wat jou geld kan koop. Maar as jy nie gelukkig is nie gaan die roompies nie help om die ongeluk op jou gesig te verbloem nie.

Ek kyk terug op 42 lewensjare en ek glimlag. Al die jare was nie lekker nie, maar dit het my die mooi van nou en die oomblik van nou laat besef en waardeer. Dit het my sterker gemaak. Ek weet ek kan die toekoms verwelkom, wat dit my ook al gee, ek sal dit kan oorkom en oorwin.

Nie een van ons is dieselfde nie, elkeen se plooie is uniek, elkeen se lewe is uniek en elkeen se hanteer van die lewe is uniek.

Ek word elke dag liewer vir oud word, dit bring plooie, beslis, maar saam met elke plooi kom meer wysheid en lewenskennis!

19 Julie 2010

Niks pas meer nie

Ek staan voor my skoenkas, ek het toe ek laas getel het, 152 paar skoene! Ja, ja, ja, ons almal het ons ou probleempies, myne is skoene en handsakke. Ek is vandag lus om iets spesiaals aan te trek, op die bed lê my keuses. Daar is ‘n wit gewaad wat lekker los sit om my maag en ‘n wit broek met genoeg plek vir die groeiende Rory. Daarmee saam dra ek ‘n pasjmina van ‘n ou gordyn wat ek op ‘n Kersuitstalling by ‘n vriendin se teetuin gesien het. Dit is gemaak van satynmateriaal, geborduur met fluweelrose.

En nou soek ek ‘n paar skoene om daarmee saam te gaan. Daar is sulke plat fluweelskoene met satynrose opgewerk, net die skoen om te pas by die pasjmina, maar . . . helaas nie net het my maag gegroei nie, maar my voete ook. Die skoene is beslis nou te klein en ek lyk skoon potsierlik met my klein skoene. My voete swel onmiddellik nog meer op en ek skop die skoene dat hulle doer trek.

Ek soek maar vir my Crocs, en grawe rond in my naaldwerkmandjie vir lint. Daar is groen lint en dit word geryg deur die Crocs se gaatjies. Improviseer is die antwoord met hierdie lyf van my.

Ek kyk na my varkworsie-vingers, ek kan nie meer my seëlring wat skoonma gegee het, afkry nie, en besluit, so sal ek maar moet hospitaal toe een van die dae. Ek benodig die Irish luck nou ernstig en dit was hoeka my man se pa se ring, is saam met hom om die wêreld en deur die Tweede Wêreldoorlog.

My trouring is ook buite die kwessie en my horlosie begin nou swaar word. Eintlik begin dit my druk en ek sal maar ‘n ander een moet gaan aansit as ek weer my juwelier besoek. Die kan juis my siel so uittrek en hy moet net versigtig wees, een van die dae kry hy ‘n volstruisleer-handsak met baie knoppies teen die oor! Gelukkig swel my oorlelletjies darem nie op nie en ‘n handsak sal altyd pas.

Ek raak ongeduldig, moeilik met my lyf, maar wanneer ek dink aan die wonderlike vooruitsig, weet ek dat alles die moeite werd is, en al word ek groter, dit sal ook oukei wees.

Ja, ek weet baie vrouens het al gekraam en verwag elke dag, maar ek glo elke swanger vrou se ongemak voel sy is uniek aan haar. Die baba-hormone het my darem nog nie gedryf tot geweld en kos nie! Al waaarsonder ek nie kan nie, is Milo en Oats-pap. Dit is al waarvoor ek lus het en die krag het om te maak.

Ek wonder nog soms, kan hierdie prentjie die waarheid wees. Wel, as ek so afkyk na my hande en voete en ek gee myself ‘n seer knyp, dan weet ek dit is ‘n werklikheid.

Ek is 42 jaar oud en een van die dae vir die eerste keer ma. Ek het al vulletjies grootgemaak, my drie honde vandat hulle babas was, maar hierdie is ‘n ander bordspeletjie wat voorlê!

Is ek bang? Jy kan maar weet die antwoord is ja, ek is bang, maar ek het besluit om elke dat te vat net soos dit kom, om geen vooropgestelde vrese te ontwikkel nie en om aan my bangheid te werk.

Ek gaan dit maak, ek weet dit! Ek, my groooot voete, varkworsie-vingers en al!

17 Julie 2010

Woestynroos

Ek hou van sweet peas, pronkertjies klink net nie so goed soos sweet peas nie. Ek onthou van kleintyd hoe hulle gerank het teen ‘n draadheining, die kleure wanneer die son daarop skyn en die geure sal my altyd bybly.

Ek is nie eintlik die blomme-tipe vrou nie, het tot gesê dat wanneer ek trou, wil ek ‘n doringtak as handruiker hê. Ek is baie lief vir ‘n doringboom.

Ek het nie een keer blomme vasgehou toe ek getrou het nie, ook maar aweregs, van die pad af as ek dit so kan noem. Ek het net nooit daaraan gedink nie. Die eerste keer se trou was nie in ‘n kerk nie, maar in ‘n paleis van ‘n huis se tuin, die tweede keer in ‘n klein katedraal.

Ek en Paddy het binne ‘n week besluit om te trou. Die ring moes ek maar mooi voor soebat by my juwelier om dit betyds klaar te kry. Hy is ‘n terggees, maar my ring was klaar.

Ek het besluit op ‘n akwamaryn en ‘n solitaire-snit-diamant. Hierdie steen was nog altyd ‘n gunsteling. Die steen is gesny in ‘n “trillion cut”, ‘n baie spesiale snit. Daar is soveel fasette in dié spesifieke snit, vandaar die naam “trillion cut”. My trouring herinner my elke dag aan hoeveel fasette daar aan liefde is, en dan nog veel meer as wat my ring vir my wys.

Ons moes Dean Green (Anglikaanse predikant) gaan sien voor ons trou. Ek en Paddy was maar senuweeagtig. Wat sou hy ons als vra?

Hoekom wil julle trou? was sy eerste vraag. Ons altwee antwoord gelyk, seker maar die senuwees, maar beslis ook die eerlikhied, “because we love each other.”

Ons het nie nodig gehad om te trou nie, maar ons wou. Dit het die seël geplaas op ons liefde vir mekaar en die feit dat ons die gelofte voor God sou doen, het bevestig dat ons bymekaar sou wees tot die dood ons skei.

For better or for worse, in sickness and in health . . . hierdie woorde het eers later in ons huwelik betekenis gekry. Ons was daar vir mekaar deur hartseer en deur lyf-eina.

Die dag het aangebreek, ons het stadig die paadjie na die kerk se voordeur gestap en toe die spesiale verrassing. In die kerk se tuin het mistletoe gegroei. Hier was ‘n hele bos van die soenplant, ons het mekaar later onder die bos gesoen.

Ek en Paddy kon nie ophou glimlag nie. Daar was net twee getuies, ‘n dierbare vriendin, Elsje Futter, en my juwelier se ma, Marlene Nunes. Die dag was ‘n dag net vir ons, ons het later makietie gehou in Gordonsbaai.

Dean Green het ons vertel van die driepootpot, ek, Paddy en God, en hoe die huwelik nie sonder een van die pote kan bestaan nie. Dit was ‘n helige oomblik toe hy ons as getroud verklaar.

Die son het op die huweliksregister geval, deur antieke loodglasvensters. Ek het soveel liefde, vrede en geluk ervaar en ek ervaar dit nog elke dag van ons getroude lewe. Ek ervaar dit wanneer ek by my man is en ook al is hy ver van my af.

Ek kan nie sê hoekom ek my man liefhet nie, daar is nie een spesifieke rede nie. Opregte liefde het nie rede nie, dit is net daar. En daar laat die Ier nou sowaar langs my hoor, terwyl ek dié vir hom lees: “But I’m a cool ou, honey.” My hart raak net voller met liefde vir hom al het hy nou net sy yskoue hand onder my warm boud ingesit.

My oog vang die woestynroos wat hy amper vier jaar gelede vir my gegee het. Paddy het nog nooit vir my blomme gegee nie, hy noem homself die praktiese romantikus en dit is ook hoe ek dit verkies. Sy eerste bos blomme aan my was om die drie honde na die hondesalon te neem. Sy elke-dag-se-blomme is om na my te kyk en vir my te sorg, nie die sorg wat geld bied nie, maar die sorg van “will you make me some Milo, honey?” Die sorg van opstaan in die nag en ‘n glas melk gaan haal. Die sorg van om my hormone te verstaan, en nie vir my kwaad te raak as ek ‘n hormonale tantrum gooi nie. Net hy kan vir my sê: “Honey, is it the hormones?”

Omgee, liefde gee, sorg gee, verstaan, noem maar op, kan nie gemeet word aan hand in die agtersak sit om ‘n beursie uit te haal, of plastiek deur ‘n masjien te trek nie. Omgee, liefde gee, verstaan en sorg gee is ver verhewe bo die geklingel van geld!

Ek kyk na die woestynroos en sien die liefde wat ons het, ek weet dit sal hou vir ewig en al gaan sit ek hierdie roos in ‘n windstorm sal dit nog net mooier word elke dag.

Dankie Paddy vir MY woestynroos!

16 Julie 2010

Macaroni-wat-te-lank-gekook-het-dag

Het jy al aan macaroni gevat wat te lank gekook het? Dit voel so mislik glibberig, drellerig (is daar so ‘n woord?) en smaakloos. Nou, dit is hoe ek vandag voel.

Ek is vanoggend ginekoloog toe, sommer met neus by die deur uitsteek het die trane geloop. Sulke stil jammer-vir-myself-trane.

‘n Grou grys dag het my begroet, ek het my reënkappie stywer oor my kop getrek, die deur gesluit en solank die garagedeur met die afstandbeheer-knoppie laat oopgaan. Stadig die trappe afgeklim, twee voete op elke trappie.

En toe sowaar wil die damn deur nie oopgaan nie, dit het net so halfpad gekom. Toe kom die harde, rukkende trane, dit het my herinner aan sewe jaar gelede toe my garagedeur in Gauteng ook nie wou oopgaan nie. My man was so pas dood en alles in die huis het begin breek. Die huis het vir my gesê, vat jou goed en ry, girl. Ek moes vele kere die garagedeur self oplig, ek het uit pure moedeloosheid dit gedoen en elke keer met die eerste probeerslag het ek twee rol-garagedeure laat beweeg. Gewigopteller? Mmmm, gelukkig het niemand die oefening gesien nie.

Die deure het my ook geleer dat ek enigiets kan optel en uit my pad kry wat my pla. En net daar sê ek dankie, Deur, dat jy my weer vanoggend laat dink.

Ek bekyk die deur so, en praat met hom, nie een swetswoord kom oor my lippe nie. Wat sal Rory van sy ma dink as sy haar matroostaal vrye teuels gee? Ek moet mos ‘n voorbeeld stel!

Uiteindelik, na ‘n paar keer se knoppie-drukkery en ‘n bietjie hulp met die beweging, het die garagedeur oopgegaan.

Ons het so pas ‘n SUV gekoop, ‘n vat-my-swaar-lyf-oor-die-aarde-voertuig. Ek het ingeklim, bly dat ek die vermoë gehad het om vandag oor ‘n sypaadjie te ry, of nog beter die veld in as die gevoel sou ontstaan.

Die ginekoloog het my vertel dat als nou wel is met my bloedsuiker en my bloeddruk. En . . . “Tanya, jy moet nou rus hoor!” Dit is moeilik vir my om rustig te wees, te rus, plat te lê, laat te lê. Ek sukkel om ander mense te vra om vir my iets te doen. My pa het my tot Selfina gedoop toe ek klein was, want ek wou als self doen.

Ek het besef, ou girl, dit is nou tyd om briek aan te draai. Vandag se garagedeur optel, raadgewende ginekoloog en die koute het my finaal laat besluit, jy gaan NOU lê as jy by die huis kom. Rory is net so woelig soos ek, maar hy het sommer ook sy klein stemmetjie laat hoor en my tot in die bed gekry.

Ek het my drie honde verlei met ‘n beskuitjie tot op die bed en ons het onder ‘n kombers ingekruip. En hier sit ek nou en skryf.

Soveel gaan deur my verstand, dit was ‘n laaaang pad tot hier, maar ek is hier en ek is gelukkig, al is elke dag nie wonderlik en met rose besaai nie, dae soos vandag leer my ook om handskoene aan te trek teen die dorings wat aan die roostakke sit!

15 Julie 2010

Om te kan ruik

Wat hoor jy wanneer jy jou oë oopmaak? Vanoggend was dit net voëls om die huis, sommer in die huis ook. In die dak het die spreeu-familie omtrent ‘n keel opgesit, seker maar oor die kinders wat nie die nes wil verlaat nie. ‘n Paar seevoëls het ook kom môre sê en ‘n troppie wilde fisante het hulle stem laat hoor.

Dit reën by die see, so ‘n snerpende ysreën. Ek sit in die bed met bril en beanie, al drie honde het sy eie plekkie op die bed. Ek skryf. Dit is lekker om in jou hart rond te krap, te kyk wat jy vandag wil deel. Dit is goed om waar te neem, te luister, jou sintuie te gebruik.

Ek kan ongelukkig nie meer al my sintuie gebruik nie, my reuksintuig lê êrens op ‘n klipperige Klein-Karoo-pad. ‘n Perd het my aan my voet gesleep en so met die sleep het ek my reuksintuig verloor. Maar . . . dit is ook oukei, ek kan nog steeds luister en sien, loop en praat.

Ek het geleer om saam te leef met “ek kan nie ruik nie”, ‘n vriendin vergeet daarvan en sal maklik in ‘n winkel vra, “wat dink jy van dié parfuum, ruik gou hier.”

Toe ek nog kon ruik, het ek wel aan alles geruik. Nou kan ek nie meer baie reuke onthou nie; ‘n nuwe motor se leer, spek wat sizzle in ‘n pan, babasjampoe en . . . dit is al. Ek het al vergeet hoe lekker dit was om te kan ruik. Ek het my verlies aanvaar.

Ek waardeer my ander sintuie meer noudat ruik weg is, ek sal langer na ‘n denneboom staar en probeer onthou hoe die dennenaalde ruik. Ek hou grond tussen my hande en kyk na al die klein korreltjies en ek ruik dit in my verstand. Ek vat aan goed, ek neem tyd om dit wat rondom my is in te neem.

Mis ek die verlies? Nee, nie meer nie, ek sê dankie die ongeluk het gebeur. Ek bewonder dit wat rondom my is nou baie meer vandat ek nie meer kan ruik nie.

14 Julie 2010

Ek wil al my SARIE’s hou!

Dit is lekker om weer in jou eie bed te slaap alhoewel ek Ma se laataand Milo en semelbeskuit-aandra baie mis. Ek mis ons saamlag en saamhuil, ek mis haar! Gelukkig kan ek elke dag met haar gesels en die entoesiasme in haar stem vanoggend oor haar gholfspelery het my goed gedoen. My skoonma is ‘n dynamo!

Ek het huis toe gekom met lysies: lysies om te doen, weg te gooi, bymekaar te sit en weg te pak. Ek hou van lysies, ek voel ek is in beheer en met die baba-hormone wat die gedagtes soms wegvat, help dit baie.

Ek voel soos ‘n gestrande walvis, eers was dit ‘n walrus, ek vorder met die grootte van die soogdier wat ek verteenwoordig.

Die gees was so gewillig vanoggend toe ek my oë oopmaak, maar die vlees was swak. Ek het die vlees rus gegee en besluit ek lê nog ‘n bietjie later. Maar vandag gaan ek met die lysie-afmerk begin.

Bo-aan was tydskrifte geskryf. Wat gemaak met ‘n kas VOL tydskrifte, waarvan ek nie eens dink om een weg te gooi nie. Daar was ‘n vraagteken langs die woord, nie ‘n goeie teken nie!

Ek het voor die kas gaan sit op ‘n groot kussing, hoe ek weer sou opstaan, was later se probleem. Die besluit was om al die artikels wat ek weer sou wou lees uit te skeur en in ‘n leêr te bêre.

Dit was nie so maklik nie. Ek wou elke SARIE net so in my leêr sit, maar ek kon nie. Alles was en is nog steeds lekker om te lees.

‘n Redakteursbrief van Michélle van Breda het die trane oor my wange laat loop. Dit was oor haar twee honde wat een Kersfees soek geraak het. Sy het hulle “gesoek” totdat sy hulle gekry het.

Ek het self drie honde, waarvan die een, terwyl ek hier skryf, by my op die bed lê. Hy is ‘n Labrador, Chivas, genoem na my gunsteling-whiskey.

Ek glo dat hoe jy diere behandel, is hoe jy mense behandel. ‘n Dier kan jou niks teruggee behalwe liefde nie. Ek het die voorreg gehad om die redaksie-kantoor te besoek, dit was voor ek gelees het van die honde.

En sowaar . . . ek glo, “excuse the pun” dat sy haar kollegas soos haar honde behandel. Ek het sooo gemaklik gevoel toe ek daar instap, niemand het met ‘n mislike gesig gesit nie. Almal was vriendelik, spontaan-vriendelik en nie aangeplak nie. Net mense wat gelukkig is in hul werk, en hou van dit wat hulle doen, kan so optree.

Ek het verwag dat sy te besig sou wees om hallo te sê, maar nee, ons het ‘n rukkie gesels en ek het almal ontmoet.

Dit was goed vir my, ek is daar weg vol inspirasie en ook in ongeloof. Ek het nie verwag dat ek sulke aangename mense sou ontmoet nie.

Dankie SARIE! Ek sit egter nog steeds met die dilemma, ek kan nie een SARIE weggooi nie!

13 Julie 2010

Vandag bou ek voort op my goeie voornemens van stadiger lewe, van stadiger dink en stadiger bestaan. Ek maak ‘n fles rooibostee en gaan sit by die see, sommer so in my pajamas. Ek sit my selfoon af en probeer my kop afskakel. Dit is nie so maklik nie.

Water was nog altyd goed vir my binneste, selfs badwater wat intap, is strelend vir my gedagtes en laat my vergeet van wat my ook al pla.

‘n Paar dolfyne kom speel in die water. Ek voel hulle kom sê hallo net vir my. Ek glimlag, wat ‘n voorreg is dit nie om hier, vandag, en nou te wees nie. Wat ‘n voorreg is dit nie om te leef nie.

Elke dag het dolfyn-speel oomblikke, ek moet net my gedagtes daarvoor oopstel. Elke dag het iets om na uit te sien, al is dit net ‘n warm koppie rooibostee.

Ek besluit om in die nou te lewe, om saam met die dolfyne in die water te speel, te voel hoe hulle gly deur die water, en die lewe se golwe te geniet.

Elke dag het erge seestrome, hier en daar ‘n haai wat jou in die vlak water in die hakskeen wil byt, maar haaie moet daar ook wees. Seestrome wat jy teen moet swem, maak jou ‘n sterker swemmer en jy weet volgende keer moet ek versigtig wees.

Dit is nie maklik om elke dag gefokus te bly op die hier en nou se geniet nie. Dit is wel moontlik om te besef dat hier en nou se oomblik nooit weer sal wees nie en om hier en nou vas te gryp met albei hande!

12 Julie 2010

Terug by die huis, wat ‘n gevoel, die stilte is goed vir die siel. Huis is Danabaai. Die verkeer soggens seweuur is ‘n paar wilde fisante wat oor die pad loop en ‘n skilpad of twee wat aansukkel fynbos se kant toe. Ek het eers onlangs agtergekom dat ‘n skilpad wel kan hardloop, daardie geplooide beentjies kan vinnig beweeg wanneer hy weet iemand is agter hom aan.

Als gebeur nou stadiger in my lewe en met my lyf. Dit vat ‘n hele paar sekondes om op te staan, die maag is gedurig in die pad. Snags draai ek om met ‘n hele paar bewegings van die een na die ander sy.

Ek klim stadiger in my motor, ek klim stadiger trappe en loop selfs stadiger om die bed wanneer ek dit opmaak. Rory het al klaar goed vasstrapplek in my lyf en in my hart gekry en die gevoelens wat deur die dag deur my kop spoel, is verstommend. Ek het nie woorde daarvoor nie.

Ek het altyd als vinnig gedoen, soms meer as een ding op ‘n slag. Nou kan ek nie meer nie en dit vat maar baie aanpassing. Frustrasie wou net-net insluip, maar toe sien ek die 4D-“scan” en my hart vermurwe. Dat so ‘n klein wesentjie my nou so in die bek kan ruk?

My kop het altyd aan meer as een iets gedink, nou moet ek net van die bed tot by die badkamer kom en dan eers sal ek verder dink aan die res van die dag. My maag word sulke bulte geskop en met elke skop besef ek hoe ek en my lyf elke minuut van wakker en slaap verander.

Hoekom het ek altyd so gejaag? Vir wat? Ek kry nou ook alles gedoen, net stadiger, en ek voel soveel beter. Ek het besluit niks gaan my meer jaag nie, en as ek wel ‘n paar minute laat is, moet mense maar verstaan.

Ek het my lewe omgejaag tot op die ouderdom van 42. Ek wou altyd als dadelik doen, ek wou altyd als reg doen. Niks verkeerds om jou beste te gee nie, maar nie om jouself liggaamlik en geestelik te benadeel nie.

Ek besluit dat wanneer Rory O’Connor hier is, gaan ek nog steeds alles stadiger vat, en terwyl ek hier tik, besluit ek sommer om dadelik te begin. Ek gaan sommer stadiger tik ook!

  • Elna van Schalkwyk

    Rory O’Connor het ‘n baie groot invloed op meer "ou tannies" as net sy mamma! Dankie Tanya ~ dat jy ons altyd so oulik "in die bek ruk"! Ons waardeer jou! ?

  • Genée

    Netso suster! Beste raad ooit van iemand aan my na my dogter se geboorte: als kan wag as sy slaap, slaap saam" sowaar goed vir jou liggaam en siel! Ergste is, nou is sy 20 en ek bly wakker totdat sy tuis is voor ek kan slaap, op 47 voel dit of ek weer pasgebore baba het! Slaap min en wonder of sy genoeg eet, rus en is sy warm genoeg, is sy veilig ens, ens…….

  • Charlene

    Jy het net die vermoë om ‘n breë gelimlag op my gesig te sit,Tanya.Elke keer as ek jou raaklees, word ek net meer oortuig ons is met geboorte geskei.Nie eers my kinders kon my tot stilstand ruk nie – dit het ‘n veel donkerder ‘minnaar’ gekos om dit te doen.Vandag is ek dankbaar.Eish,kan nie wag om van al Rory se mannewales te hoor in die toekoms nie-dankie dat jy hom reeds soveel met ons deel.?

  • Tertia Bredenkamp

    Ai Tanya,jy is sooooooo ‘n oop skoon mens.Glo my ons lesers wwardeer jou so.

  • Theresa Potgieter

    Ai, dit was lekker om te lees! Ek is bly jy begin dinge stadiger vat!

  • Volgens ‘n goeie vriendin het ek, op 43, glo ‘n taamlike gebrek aan plooie.Mense wat my en my kleinsus nie ken nie,dink altyd om een of ander rede Lande is ouer as ek – terwyl sy 9 jaar jonger as ek is. Plooie is vir my soos ouderdom – alles in die kop. En glo my,party dae is ek nog ‘n 17-jarige verliefde bakvissie! Nee wat, mooiste Tanya, terwyl jy nog AD/DC luister, hunker na jul motorfiets en met woorde en verkwas skilder soos jy dit doen,sal jy nie sommer gou oud word nie. En Rory gaan daarvoor help sorg!?

  • e9vDdo ihmcwpqrowrz, [url=http://leyhlqsqdhpl.com/]leyhlqsqdhpl[/url], [link=http://dildaamzquoh.com/]dildaamzquoh[/link], http://omcdhwbvhhga.com/

  • Coffee stands out as the drink of which all the best. In addition to their tea, coffee definitely is a fabulous inspiring drinks of preference. Important reason there is certainly an extremely substantial interest desirable coffee bags to cling the actual coffee with and in many cases be certain it’s maintained within a ideal affliction. This is exactly why burlap coffee bags remain a terrific attack having coffee manufacturers and also transporters virtually even though it was a great many years bag. This type of bags consist of several forms, that is certainly easiest if you happen to find out what styles of coffee bags construct y want. Naturally, while you’re moving around an investment while cherished along with favorite just like coffee, you need to make sure you keep bear in mind indulge and also suffer a loss of it is distinct flavoring.
    Read more about coffee bags click it out http://coffeeteabags.blogspot.com/

  • o8ROII uxanjpxuwjky, [url=http://qhlmvymwczdu.com/]qhlmvymwczdu[/url], [link=http://rhykgzvlvcrv.com/]rhykgzvlvcrv[/link], http://arujoccjzmjm.com/

  • Leticia

    sagt:@ Steadphan: a) „Die Query ist es, die die Instiadtuadtioadnen ersetadzen kann.“ Ja, das ist ein weiadteadres gutes Beiadspiel ffcr mein Proadblem mit dem Text. Ich we4re jedenadfalls sehr fcberadrascht, wenn die Comadpuadteradgeadselladschaft auf Instiadtuadtiaduoadnen (oder alladgeadmeiadner noch: auf die Form der Orgaadniadsaadtion) veradzichadten kf6nnte. Zur Tatadsaadche, dass Rouadtiadnen sich nicht ablf6adsen (sonaddern fcberadlaadgern) hatte ich oben schon etwas geschrieben. b) „ich sehe nur Feuilleadton“ Feuilleadton sehe ich nicht, aber ich denke ich weiss, was Du misnet. Seit Deiadnem Komadmenadtar ist ja Zeit veradganadgen und mittadleradweile hat @mspro diese Lesadart ja selbst beste4tigt. @mspro: a) „Danke ffcr die ausadffchradliadche Replik. […] Das wird mit bei Baeckers Stuaddien fcberadhaupt nicht klar. Und das nenne ich dann eben „unbeadfrieaddieadgend“. Aber vieladleicht kannst du mir das ja erkle4ren“Keine Ursaadche. Ich veradsuadche mal, so pre4adgnant wie mf6gadlich auf Deine Frage zu antadworadten.Als Unteradscheiadden im Sinne Spenadcer Browns (oder als Beobadachadten mit dem spe4adteadren Luhadmann) bezeichadnen wir die basale Opeadraadtiadonsadweise von Sinnadsysadteadmen – das gilt natfcradlich und notadwenaddig auch ffcr alle Sysadteme triadbaadler Geselladschafadten (Famiadlien, Clans, Bewusstadseine etc.). Wie Baecker in seiadnen Stuaddien schiladdert, stellt ihre Abgrenadzung als „ethadniadsche“ Lf6sung eine kuladtuadrelle Antadwort auf das neue Sprachadproadblem dar (die Einadheit der Unteradscheiaddung kann in ihrer Antadwort aber nicht beobadachadtet weradden). Dass diese Kuladturadtechadnik mit Hilfe einer Form beschrieadben weradden kann (wie fcbriadgens auch die Teleoadloadgie der Grieadchen oder die Equiadliadbriadumsadvoradsteladlunadgen moderadner d6konoadmen) bedeuadtet aber nicht, dass dabei Form schon Kuladturadtechadnika0we4re. Ffcr die triadbaadlen, straadtiadfiadzieradten und funkadtioadnal difadfeadrenadzieradten Geselladschafadten sind Strukadtuadren bekannt (eigener/fremder Stamm oder Clan via Grenzadzieadhung, natfcrliche/gf6ttliche Ordadnung bzw. Schichadtung via Teleologie/Zweck, sachadliadche Ordadnung via selbstadreadfeadrenadtiadeladler Ausaddifadfeadrenadzieadrung speadziaadliadsieradter Funkadtiadonsadsysadteme). Was Form ffcr die Strukadtur der Geselladschaft genau bedeuadtet, ist (noch) nicht klar. Baecker schle4gt die Form selbst vor – weil sie es ermf6gadlicht, mit Unbeadstimmadten zu rechadnen. Und zwar im Konadtext einer Unteradscheiaddung, die auf ihrer Innenadseite zwar etwas bezeichnet/anzeigt (und so Anschlussadfe4adhigadkeit ffcr weiadteadres Opeadrieadren ermf6gadlicht), gleichadzeiadtig die Audfenadseite unbeadstimmt lasadsen kann, als Mf6gadlichadkeitsadraum oder Konadtext. Aber situaadtiv reaadgieadren kann. Leiadder finde ich den Voradtrag nicht wieadder, in dem er sagt, dass es sich hieradbei am Ende um eine Variaadtion von Luhadmanns Medium/Form-Differenz hanaddelt. Das fand ich damals sehr aufadschlussadreich. Sie erlaubt (mit Frane7ois Juladlien gesproadchen) das lauadfende „Suradfen“, mit Deradrida das aktive Difadfeadrieadren der difadfe9rance. Falls Dir soladche dcberadsetadzungsadveradsuadche eher hilfadreicha0sind. b) „Dass mein Text ein Symadptom der Krise der Buchadkuladtur sein kf6nnte, finde ich eine charadmantea0These“ Das geht auf die Ausadeinadderadsetadzung mit Klaus Kusadaadnowadskys Bloadgadaradtiadkeln zurfcck. Letzadter Stand der Disadkusadsion stellt (ffcr mich) der oben refeadrenadzierte Artiadkel „“ dar. Da finadden sich auch weiadtere Links, falls Du die Spur aufadnehadmen willst…