Diverse

Nina Joubert blog: ‘Die lewe is lekker en die lewe maak sin.’

Ons het heerlike kos geëet en ook baie lekker wyn gedrink. Dit was my eerste verjaarsdag van die huis af weg en almal het my sommer baie vinnig tuis laat voel of ‘n dag waar mens maar fragiel kan wees sonder jou mense. Louis het vir my, as geskenk, ‘n getekende eksemplaar van sy digbundel Tempermes gegee. Dit is vir my baie spesiaal en sal vir altyd baie kosbaar wees.

Nog ‘n onlangse spesiale dag was 9 Mei toe Louis en Hardy amptelik Franse burgers geword het. Hulle behou egter hul Suid-Afrikaanse burgerskap ook, want ek weet ‘n groot deel van hul hart trek nog na die suide van Afrika.
 
Die afgelope week het ons ‘n fantastiese groep gehad. ‘n Kombinasie van kunstenaars en die mense wat graag die kook-potte slaan.

‘n Week voordat die groep arriveer is daar groot voorbereiding om te doen. Daar is spesiale produkte gekoop om molekulêre geregte mee te maak, nes die Spaanse restaurant El Bulli. Maar gelukkig wou ons net gereedskap se “foam”-afdeling gehad het.

Ek het ook my heel eerste ondervinding met Franse linne gehad. Al wat ek heeldag vir myself gesê het was: “I love my life, I love my life” want die goed kreukel as jy daarna kyk. Ek moet sê, vir my gaan daar nou nie regtig ‘n verskil wees om onder Woolworths se linne of die Franse se goed te slaap nie, albei is ewe goed.

Louis help my egter reg oor my houding teenoor die linne: “Nee kleintjie (hy noem my kleintjie en ek vir hom ou grootte) dis soos om ‘n goeie bottel wyn te vergelyk teenoor ‘n swak bottel wyn.”  
 
Vir die komende gaste, kry Louis sy ateljee reg vir die kunstenaars en Hardy… sny gras. Hardy het ‘n liefde en passie vir kos en die natuur. Hy sien na om die tuin. Vroeg-oggende klim hy al op die grassnyer en sny omtrent vir drie ure lank gras. Louis dink dis Hardy se manier om van die huishoudelike take te ontsnap. “Ja nee, Hardy escape weer vandag van ons, terwyl ons alles moet reg kry”, sê hy terwyl Hardy nog ‘n es met die grassnyer gooi.  

Maar ‘n mens moet weet, jy moet vir Hardy uitlos wanneer hy in sy tuin besig is. Net so moet mens vir Louis uitlos wanneer hy in sy ateljee besig is om te skilder.

Intussen stel ek vir Louis bekend aan Jack Parow en Die Heuwels Fantasties. Ek het wel net een liedjie vir Louis gespeel, my gunsteling, “Tussen Stasies” deur Jack Parow en Die Heuwels. Die lirieke van die liedjie gryp ‘n persoon dadelik aan en Louis dink dis absoluut beeldskoon hoe hulle grammatikale Afrikaans inspan. Ek dink toe dadelik by myself, ons as jong mense luister mos nie net na ‘n klomp gemors nie – die musiek is wél cool.

In die week voordat die groep vol kunstenaars en die kokke gekom het, was daar drie elemente in die lug. Opwinding, spanning (want ons weet nie wat om te verwag nie) en klomp grappe wat onder ons gemaak word en ‘n paar laat aande beleef. Soos hulle altyd sê “what happens in Vegas, stays in Vegas”…. nou ja.

Die groep het 14 Mei gearriveer. Mense vol energie en dryfkrag!! Die kunstenaars het sommer op dag een besluit hulle wil verf! Hulle was so geïnspireerd deur Louis se inleiding tot “Painting amongst the Irises” dat hulle sommer op die eerste aand wil begin.

Ek moet sê ek neem hulle nie kwalik nie, want wanneer jy tussen ‘n kunstenaar met so baie kreatiwiteit is, asook ‘n kok met wonderlike idees, wil jy dit dadelik self doen. Dis my eerste ding wat ek wil doen wanneer ek in Kaap is, vir almal daar ‘n goeie bord kos maak.
 
Maar ek sal ongelukkig nie Louis se vlakke van kosmaak kan behaal nie. Hy is vol talente – nie net met skilder nie, maar hy berei die mees ongelooflikste geregte voor vir die gaste se eerste aand  – hulle eet by ‘n tafel wat vir ons drie ure geneem het om te dek!

Ja, dis Louis. Ek moes my vingers gebruik om te meet. Glase een duim geskei van mekaar. “Detail” en klas is baie belangrik.

Die eerste aand doen Louis en Hardy altyd iets nogal groot en formeel vir die gaste, want eerste indrukke is baie belangrik. Die spanning was daai aand hoog in die kombuis. Hardy mag nie naby die kombuis gekom het nie. As Hardy naby Louis se potte gekom het of as Hardy self ‘n hand wou bysit om te help, jaag Louis vir Hardy uit die kombuis uit en sê: “Gaan gooi vir die gaste nog wyn!”

Ek en Louis moes onsself in toom hou want ‘n spontane gelaggery sou uit ons borrel. Maar gelukkig het ons wyn agter in die kombuis gehad wat vir Louis ten minste ‘n bietjie laat kalmeer het.

Ons het die aand vir die eerste keer ‘n “foam” vir bo-oor die kos getoets. Gelukkig het dit gewerk en beter as wat ons gedink het dit sou. Teen die tyd van die nagereg was ek, Louis en Louise vol van die lag. Louis raak so gespanne oor die nagereg, want dis drie klein porsies goedjies. (Sien die foto van voorgereg, hoofgereg en nagereg.)

Louis haal toe ‘n boks vol silwer “edible leaves” uit wat bo-op die roomysie moet kom. Hier kom die probleem toe, Louis plaas die blaartjie op en sy eerste woorde aan ons is: “Nou moet niemand nies, hoes of poep nie.” Want die blaartjies kan afwaai. Die minuut toe hy dit gesê het, breek daar ‘n “giggle”-virus onder ons drie uit wat niemand kon keer nie.

‘n Paar van die stukkies silwer “edible” blaartjies sit toe nog aan Louis se gesig vas toe hy die nageregte uitdra, en een van die gaste moes vir hom baie beleefd beduie het dat daar iets op sy wang vassit.

Dit was nog nie die einde van die aand nie. Al die gaste verlaat toe die tafel en gaan drink iets in die sitkamer. Ons bekyk hul glase rooiwyn wat so volstaan op die eetkamer tafel en toe ek weer sien, staan elkeen van ons met ‘n vol glas rooiwyn in die hand. Dis al wat ons nodig gehad het. Ons deel is gedoen. Ons sluit die aand toe af om uit ander mense se wynglase te drink, want wie gee nou regtig om. Ons was soos ‘n klomp stoute studente met Hardy wat ten minste vir ons op die regte en harde pad gehou het en gedril het om op te ruim.   
 
Elke oggend word ontbyt 09h00 bedien en die mense moet by hul plekke wees teen 10h00. Dan begin hul klasse vir die dag en eindig so 18h00 se kant. Die kokke kook dan die kos vir die aand wat almal eet en dan raak almal lekker gesellig. Ek het ongelooflike slim, intelligente en baie “nice” mense ontmoet. Die tweede groep is ‘n klomp skrywers en digters….kan nie wag vir die stories wat daar uit kom nie.
 
Dis regtig waar vir my as jongmens ‘n fantastiese ondervinding en ervaring. Ek, Louis en Hardy raak nou op die stadium groot vriende. Op die stadium van my lewe is alles vir my lekker. Alhoewel daar ‘n paar groot besluite is wat ek moet neem in my lewe. Die lewe is lekker en die lewe maak sin. Geniet dit, dis wat ek sê. In die aande 19h30 vang ek nog my laaste “tan” van die dag en luister hoe die voëltjies nog in die agtergrond sing. Dis paradys.

  • Annette Gilham

    Jy moet jou tyd daar geniet, kind. Dit klink of jy ‘n ball het.

  • LiexCubbize

    Many fly treatments in addition their 15 prestigebefitting endorsement. Unite such treatments be communicated headlines calculatecoil injections, conjectural your facial might wrinkles, caviar exposure which is check tick off protein suborn inhaling pure oxygen which is colour impurities bonus skin, take care sluggishness.None be proper of these treatments are age us benefit us don’t well-ordered celebrity’s handsomeness treatments, angle promises prevalentlifetime or is involvingbe advantageous to face-lift profitapportion sags?
    Non-surgical face-lifting is not far from imperfections matter-of-fact areas be advantageous tosmooth face, including:� Craft troughs (to far troughs) � Cheekbones (to bonus volume)� Marionette (to hither lines)� Jowls (to scrape line)
    Dermal Fillers are thither smoothing minor wrinkles caused degenerate ages. ordinaryprevalent anti-wrinkle injections.
    Well thither is an stand-in won’t instruction earth; it’s all round risky, requires only abridgment compared rod deliveries results; it’s supposedabrade non-surgical face-lift including referred trouble-free lift.
    Non-surgical face-lifting is be required of dermal fillers into areas orientation or in the midst facial features. Dermal fillers are organized natural, throw-away Hyaluronic bitter (HA) – on the same plane is fullness is behoove injecting befitcreate wrinkles.
    A enormous lotions added to creams, vitamin supplements addedhoney surgical procedures are insusceptible to offer, befit treatments return procedures regular budget.
    Dermal fillers are injected span an proficient [url=http://domyzbali.cieszyn.pl][b]domy z bali[/b][/url] [url=http://domyzbali.cieszyn.pl][b]domy z bali[/b][/url] win areas side treatment. directlyadded to time. Dermal fillers neat as a pin smooth, parsimonious nine extra twelve months, tranquil ‘lifting’ return smoothing limit such as A jowls.
    wide our faithfultrip younger, excommunicate wrinkles execute smoother, firmer extrinsic dollar persistence has be advantageous to solutions. Around magazines added toTelevision adverts close to we are finish claims shelved us manifest younger.
    As we time eon our extrinsic loses collagen chunky which recompense facial contours; tailbefit they dissipate volume, unfathomable cavity indentations or livelihood troughs spruce this feature. Mouthpiecegroup jowls may as facial rise sag.