Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Diverse

Onderstebo-piesangkoek

Dié lekkerte kom uit Brasilië, waar dit Bolo de Banana genoem word. Dis werklik ʼn heerlike klam koek en ek het besluit om jogurt en heuning in die mengsel te gebruik. Die kombinasie van bestanddele laat my nogal aan ontbyt dink.

Genoeg vir 10 snye koek

baktyd: 1 uur 15 minute

  • 115 g (125 ml) botter
  • 170 g (200 ml) strooisuiker
  • 1 lemoen se skil, fyngerasper
  • 4 eiers, geskei
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml Griekse jogurt
  • 45 ml heuning
  • 4 piesangs

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n 22 cm losboom-koekpan met kleefwerende kossproei. Room botter, suiker en lemoenskil tot lig en romerig in jou elektriese menger. Voeg eiergeel een vir een by en meng goed ná elke byvoeging. Sif meel, bakpoeier en koeksoda saam. Voeg droë bestanddele om die beurt met jogurt by bottermengsel. Klits eierwitte styf en vou versigtig in. Sny piesangs in lang skywe. Pak styf langs mekaar in koekpan en gooi heuning oor. Skep koekbeslag bo-op. Bak in warm oond vir 1 uur 15 minute. Toets met dun toetspennetjie om seker te maak dis gaar. Maak die kante van koek versigtig los. Plaas bord bo-op pan en keer versigtig om. Sprinkel nog heuning bo-oor. Die koek is op sy lekkerste nog effe warm.