vrouemaand_facebook_100w
Diverse

Ons vier Vrouemaand met júlle stories

Lees hier stories van inspirerende vroue in Suid-Afrika

1 Augustus: Swemmer en musikant Carina Bruwer swem om Kaappunt vir ‘n organisasie wat jong kankerpasiënte steun.

2 Augustus: Minder as ’n jaar
 nadat Camilla Howard Kilimandjaro kaalvoet uitgeklim het, het sy nog ’n ekspedisie aangepak – dié keer om bewustheid rondom rommelstrooiery onder Suid- Afrikaners te skep.

3 Augustus: Jacky Goliath, mede-eienaar van De Fynne-kwekery op Simondium naby die Paarl, wou van kleins af in die natuur werk. Vandag kweek sy byna 500 000 fynbos- plante per jaar en die toekennings rol in!

4 Augustus: Vir haar is hulle helde en nie slagoffers nie. so sê Angela Larkan, 2011 Clarins/SARIE Most Dynamic Woman, oor die weerlose kinders van KwaZulu- Natal. Vir hulle is daar nuwe hoop en ’n nuwe toekoms.

5 Augustus: My pienk Franse château: Wanneer Lanie van Reenen haar hart op ’n herehuis in die Franse platteland verloor, koop sy dit. Dié nuwe begin loop later erg skeef, maar onderkry is min …

6 Augustus: Tania van der Merwe is verlede jaar ná slegs vyf jaar in die onderwys as die beste opvoeder in vroeë kinderontwikkeling in die Wes-Kaap én in die land aangewys.

7 Augustus: Alice Vogt het vyf jaar gelede ’n dubbele longoorplanting
en ’n kans op ’n vol lewe gekry. Haar dankbaarheid ken geen perke nie.

8 Augustus: Anita Labuschagne, stigter-eienaar van sweet Temptations, het binne ’n jaar 11 pryse gewen met haar smullekker karameltoffies wat nou landwyd te koop is

9 Augustus: Katie Thompson, eienaar van Recreate, ’n binneversierwinkel in Woodstock, Kaapstad, het in Februarie 2009 haar eie onderneming begin. Deur ou meubels te herwin kry ook hulle ’n “tweede kans”.

10 Augustus: Catherine Deane se ontwerpersrokke help agtergeblewe kinders …

11 Augustus: Die sangeres Sarah Theron het 15 kg afgeskud, maar moes eers leer om haarself nie jammer te kry as sy minder moet skep nie… Lees haar storie en dieetwenke hier!

12 Augustus: Die veteraan-TV-nuusvrou, Bettie Kemp het verlede jaar op 5 November die eerste keer in 2 dekades weer haar verskyning op die kassie as aanbieder van ’n ontbytprogram gemaak.

13 Augustus: Wanneer ’n kans jou pad kruis, moet jy dit aangryp. Marlene Vos van Pretoria het. Haar eenvrousaak het so uitgebrei dat sy nou die besturende direkteur van haar eie tekstielmaatskappy is.

14 Augustus: Die sangeres Karin Hougaard sê sy is gebore onder ’n rondloperster. Daarom sal sy nooit kan ophou reis nie…

15 Augustus: Die Johannesburgse rolprentvervaardiger Hanneke Schutte was in April in LA om te werk aan haar eie kortfliek – haar prys as die SA wenner in die internasionale Jameson First Shot-kortfliekkompetisie.

16 Augustus: Die gewilde skrywer Helene de Kock se oudste seun, Jaco, is agt jaar gelede in ’n motorongeluk oorlede.Twee jaar later het sy ’n boek, As dood leweword (CUM Boeke, 2007), daaroor geskryf…

17 Augustus: Die SA model Katryn Kruger is gesog by internasionale modehuise soos Louis Vuitton en Prada. Maar vir haar gesin is sy net “Katryntjie” en daar is groot opgewondenheid oor elke advertensie-veldtog.

18 Augustus:Die sangeres Andriëtte Norman het 10 kg afgeskud, maar moes eers leer om trots te wees op haarself … Lees haar storie en dieetwenke hier!

19 Augustus: Rouxvé Meyer, ‘n graad agt-leerling aan die Hoërskool Parel Vallei op Somerset-Wes, het in April met die hulp van haar pa, Frans, en broers, Francois en Jacques, ‘n webblad vir rugby-ondersteuners begin….

20 Augustus: Reeds in st. 8 (gr. 10) het Devi Sankaree-Govender besluit sy gaan joernalis word – en boonop ’n verslaggewer op die ondersoekende aktualiteitsprogram Carte Blanche.“Dit was kort nadat ek die eerste keer Carte Blanche gesien het. En ek was vas oortuig dat ek dit ook sal doen, al het my vriende vir my gelag.”

21 Augustus: Rina Belcher (66) se semi-harde bokmelkkaas Kilimanjaro is verlede jaar by die World Cheese Awards in Londen met ’n silwermedalje bekroon. Dit is nie haar eerste medalje in dié kompetisie nie…

22 Augustus: Die skrywer Ettie Bierman woon die afgelope sewe jaar saam met haar man, Roelf van Rensburg, skrywer en oud-uitgewer, op Ramsgate in KwaZulu-Natal.

23 Augustus: Marike Hartslief, ’n onderwyseres (nou tuisbly-ma) van Pretoria, het nog altyd ’n passie vir minder bevoorregte kinders gehad…

24 Augustus: Vida Ryan (28) het verlede jaar dié toekenning ontvang vir matie-studente wat bo hul omstandighede uitstyg. Lees haar roerende verhaal…

25 Augustus: Vicki Fourie (23), Mej. Dowe SA vir 2009 gaan later vanjaar, wanneer sy genoeg geld (sowat R198 000) ingesamel het, in die Tygerberg-hospitaal in Bellville ’n kogleêre inplanting in haar regteroor ontvang. Lees haar inspirerende verhaal…

26 Augustus: Marcelle Nienaber (15) het op 5 Januarie vanjaar by die Wonderboomlughawe in Pretoria die jongste meisie in die land geword wat ’n kwartier lank ’n Cessna 172-vliegtuig gevlieg het…

27 Augustus: Tiffany Onderstall, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, is gekies as die illustreerder van Die Prins se naam is Knietjies deur Maretha Maartens…

28 Augustus: Die sangeres Zanne Stapelberg het 12 kg afgeskud … Lees haar storie en dieetwenke hier!

29 Augustus: M’Lani Basson,’n geregistreerde traumaberader wat perdeterapie gee op die plaas Amado in die Paarl, ry al perd sedert sy drie is. Sy het ’n passie vir kinders omdat hul problem opreg is – “nie soos grootmense wat sielkundiges wil sien omdat dit in die mode is nie.”

30 Augustus: Aaminah Patel (11), ’n gr. 5-leerder aan die Laerskool Robertsham in Johannesburg, het verlede jaar haar sussie, Afeefah (8), gehelp skryf aan ’n brief aan pres. Jacob Zuma, waarin hulle hom smeek om die renosters te red.

31 Augustus: Die MasterChef SA-kombuis in die Paarl verskaf die oorskietbestanddele aan mense wat dit werklik nodig het. Jolanda van der Lingen is die hoof- uitvoerende direkteur van Valcare-trust, ’n nie regeringsorganisasie wat dié kos aan liefdadigheidsorganisasies versprei.

WEN bederfgeskenkpakke

Parfuumgeskenkpakke van Her Golden Secret deur Antonio Banderas

‘n Wintergeskenkpak van Vicks

‘n Geskenkpak vir jou hare van Pantene