peter_1
Diverse

Peter Veldsman-blog: Gedagtes rondom Kersfees

Die span by my restaurant het ‘n paar gedagtes oor Kersfees om te deel. Ek hoop dit inspireer jou.

Peter Veldsman – 3 boeke
Soos alte dikwels in my lewe hou ek daarvan om boeke as Kersgeskenke te gee. Vanselfsprekend is Marlene van der Westhuizen se Sumptious. Maar die wonderlikste, eerlikste kookboek wat ek nog in my hand kon hou, is Waar vye nog soet is deur Emilia le Roux en François Smuts. Dan is daar die liewe Errieda en Francois se Huiskok, Glanskok

Johan Odendaal (my sakevennoot) dink dat vanjaar se Kersgereg ‘n ontbeende hoender is. Met stampkoring en droëvrugte-vulsel, opgerol en gebak is dit die ware Jakob om die broekskeur-jaar te besweer. Soos hy sê: “Voorspoed is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie.” Dit pas by sy lewensfilosie dat die slegte tye daar is om ons te herinner dat die goeie tye om die draai wag.

Johan Odendaal

Nikos Mamakis (Emily’s se bestuurder) is ‘n Boere-Griek (sy Ma is Afrikaans, sy Pa Grieks). Nikos het mode-ontwerp studeer en het jare lank die produksie van Gerrit van Rooyen se Thomas Red-ontwerpe behartig. Tans verdeel hy sy skeppende vermoëns tussen Emily’s en sy eie mode-onderneming NIKU, wat in ontwerpers-onderbroeke vir mans spesialiseer. Soos te wagte gaan hy en ‘n jongklomp Kersfees langs die see vier met bruchetta, tapenade en allerlei smere, ligte wyn, denkbare en ondenkbare olywe, Spaanse, Franse en Duitse ham en ‘n torta di Sienna vir agterna.

Nikos Mamakis

Andrew Whelan, Emily’s se hoofsjef, wat ‘n paar maande gelede vir die tweede keer pa geword het, bied ‘n familiefees by sy huis aan. Hy gaan een van die restaurant se treffers, basiliekruidroomys, met aarbeie en groenspanspek as nagereg voorsit.

Nikos Mamakis

En ons studente? Hulle is maar te bly om by die huis te wees en Ma se kos, by wyse van verandering, te kan geniet sonder om self ‘n vinger te roer!

Ek groet tot later en onthou om te kom inloer.

Liefde, Peter.

PS: ‘n Glasie op Emily’s

Die afgelope maand was besonders goed vir my restaurant. Soos almal in die kosbedryf het ons ook maar deur ‘n lang en droefgeestige winter gegaan, maar nou skyn die son weer. Die Kaapse mense eet weer uit en rosegeur en -kleur is aan die orde van die dag. Ons het die hoogste toekenning (Diamant) van Diners Club vir ons wynlys en wynversameling ontvang, is deur American Express aangewys as een van net enkele Platinum-eetplekke in Kaapstad en les bes het ons die eerste plek behaal in die Wes-Kaapse kompetisie vir eetplekke wat in winkelsentrums handel dryf.

Emily&aposs

Goed en wel, maar wat is nuut op die spyskaart?

Kekerertjie-tjips!

  • Elmarie Kemp

    Haai Peter en Johan

    Mis julle! Sit voor die kaggel terwyl ons eerste winterstorm buite baljaar …. klink die strandpiekniek wonderlik. Ek en Theo het vanoggend ‘n massa sneeu weggeshowel!!! Ons gesin gaan darem na Playa del Carmen, Mexico, toe van Kersfees tot na Nuwe Jaar. Ek & Theo sien julle September. Verlang na ‘n lekker kuier by Emily’s – dankie vir die lekker saamkuier in Junie. Liefde Elmarie Kemp, Red Deer, Alberta, Kanada

  • http://pwcejbstubns.com/ vlwdhhzbxk

    jRkkdl aflpjruudvoz, [url=http://jhvlpwklping.com/]jhvlpwklping[/url], [link=http://pnawjkfeotmj.com/]pnawjkfeotmj[/link], http://mmftvgiemccq.com/

  • Marta

    Ich bitte Sie alle Anschuldigungen und Kommentare fcber Ramona W. zu unterlasse. Ich wfcsste gerne mal von wo ihr das Material habt fcber Sie. Und wer sagt dass das 100% stmmit? Ich habe schon paar Sachen da gelesen und weis selber das es nicht stmmit. Desshalb bitte ich euch hf6rt auf mit dem. Wen Ihr nicht 100% genau wisst ob es wirklich stmmit. Und wer sagt dass die Mutter von Ramona W. den Tre4nen nahe stand? Wegen dem Auto. Von wo wollt ihr dass wissen? Ich bin ganz ehrlich und ich halte nichts von David Von Felten. Aber das was ihr mit Ramona W. macht finde ich nicht korrekt. Habt ihr mal Persf6nlich mit Ihr gesprochen? Glaube ich nicht. Es we4hre nett wen Ihr mir ein E-Mail zusenden wfcrdet und meine fragen beantwortet. Danke und Freundliche Grfcsse