streicher
Diverse

Streicher se Voetspore-blog nr. 5: “Oor lekker Afrikaans praat in Zambië”

Ons het Mosambiek verlaat en is in Zambië. Van die begin van die grenspos af het ek ʼn groot verskil in die mense se persoonlikhede gesien. Die mense van Zambië is ongelooflik vriendelik en behulpsaam.

Ons is eers verder wes na Zambië se hoofstad, Lusaka, toe. Dit is ongelukkig al roete wat gebruik kan word om by die massiewe Tanjanieka-meer uit te kom. Maar al langs die roete was daar ʼn klompie hoogtepunte om te sien. Ons was eerste na die Pioneer-kampterrein net buite Lusaka. So klompie jare gelede met my eerste Voetspore-reis het ek ʼn duifie grootgemaak met die naam Upington. Upington het ongelukkig net buite Lusaka doodgegaan en dit was by die Pioneer-kampterrein waar ons hom toe begrawe het. My pa wou my graag weer soontoe vat om te sien of ek kan onthou waar ek hom begrawe het. Vandag is ek embarrassed daaroor, maar 6 jaar terug het dit vir my baie saak gemaak!

Ons is verder Noord om by ʼn groot Suid-Afrikaanse boeregemeenskap besoek af te lê. Die manne boer al vir 20 jaar in Zambië en dit was vir my ongelooflik om te sien wat hulle al hier reg gekry het. Hulle het vir my alles gewys, van die stropers tot die silos. Dit was vir my rêrig baie lekker en ek het ook bietjie die Afrikaanse geselskap geniet. Die kuier by die boere was baie lekker maar ons moes verder reis.

Ons is toe na die Bangweulu Nasionale Park om die rare shoebill-voëlspesie (Balaeniceps rex) te sien. Dis maar ʼn snaakse voël! Hy lyk bietjie soos ‘n kombinasie van ‘n ooievaar, ‘n pelikaan en ‘n dodo. Ons moes vir 5 ure deur ‘n moeras stap om na die kuiken te gaan kyk. Die stap het my baie moeg gemaak, maar dit was ʼn belewenis. Daar is baie min shoebills oor en ons is baie gellukig om een te kon sien.

Na die shoebills is ons na die Tanjanieka-meer. Ons wou gaan vaar met die 98 jaar oue MV Liemba. Dié skip is deur die Duitsers gebou en vaar al op die meer vir jare. Ons het gesukkel om die Amaroks op die skip te laai en ons was baie op ons senuwees. Uiteindelik het ons hulle op die skip gery sonder enige duike. Die vaart op die meer was baie lekker maar baie vuil. Dit was ʼn groot ondervinding om dit te kon doen. Tussen Mpulungu en Kigoma stop die skip 14 keer. Elke keer word daar vrag en passasiers op- en afgelaai. Dit lyk soos wanorde maar volgens die kaptein weet hulle presies wat aangaan. Na die drie dae op die meer het ons af geklim by Kigoma en ons was baie vuil want nie een van ons het kans gesien om op die skip te stort nie. Ons het die aand by ʼn gastehuis ingecheck om weer als bietjie skoon te kry. Nou is ons oppad na Rwanda!

Groete,

Streicher

  • oIWYTyJjtn

    xanax antidepressant xanax online pharmacy reviews – buy xanax legit