Diverse

Tallie blog: ‘Maak die beste van elke minuut’

Vandag was ons hele dorp se krag af van vroegoggend. Ons het ons egter nie daardeur laat onderkry nie, en manlief het al vroeg-vroeg die vuurtjie brand gemaak. Kort-kort is daar nog ‘n hardehout stompie op die vuur gegooi. Eers vir kookwater, want mens kan ook nie sonder jou koffie nie, en daarna was die vuurtjie vir wat ook al was wat lekker gelyk het vir die rooster. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ons albei vroegmiddag al met ‘n boek gesit, sonder ‘n blêrende TV of radio in die agtergrond. Die gevolg? Dis 11 uur in die aand, en ek is besig met wasgoed. Nou ja, mens moet mos doen wat mens moet doen.
 
Ons goeie vriende se dogter wat die galblaasoperasie gehad het, is op Lentedag oorlede. Die oproep was ‘n skok, want niemand verwag dat iemand van 35 jaar oud, wat ‘n paar maande gelede nog blakend gesond was, nou dood is nie.
 
Dis toe ek gistermiddag op O R Tambo-Lughawe aankom, dat ek uitvind daar is geen plekke beskikbaar op ‘n vroeër vlug huis toe nie. Ek gaan sit toe in ‘n koffiewinkel en probeer die 4 ure omkry wat ek moet wag voor my vlug vroegaand vertrek. En dis terwyl ek die koffie teug vir teug sit en drink, dat ek wens ek kon hierdie 4 ure neem en vir Ems se man, kinders, ouers en vriende gee, en se, “neem dit, julle het ‘n ekstra 4 ure by julle geliefde Ems”.
 
Wat sou hulle vir haar wou se as hulle geweet het hulle het nog 4 ure saam met haar? Wat sou sy vir hulle wou se? Hoe neem jy afskeid as jy weet jy het net 4 ure? Vir iemand wat op ‘n lughawe sit en wag vir ‘n vliegtuig is 4 ure sieldodend baie lank. Vir iemand wat net 4 ure oor het saam met ‘n geliefde, is daardie 4 ure die korste van sy of haar lewe.
 
Ek kry soms ‘n oproep van ‘n vriendin wat my nooi vir ‘n kuiertjie, maar ek het nooit tyd nie, te besig, te veel om te doen. As ek my oë uitvee dan is die jaar verby. Vroeg in die nuwe jaar begin ons mekaar weer belowe om regtig ‘n plan te maak om bymekaar uit te kom.
 
Dis elke dag se elke minuut wat tel. Moet oor niks spyt wees nie. Ons het vandag om vandag se minute te gebruik. Ons kan nie van gister se minute oordra na vandag, of van more se minute gaan leen nie. Vandag het sy afgemete minute. Hulle gaan nie meer word nie, en ook nie minder nie.
 
As daar iemand is wat jy lanklaas gesien, gebel of geskryf het, maak onmiddellik werk daarvan en doen dit nou. Sit neer waarmee jy besig is. Niks is belangriker nie. Vir jou kan dit voel soos ‘n nietige paar minute, vir die ander persoon kan die dit kosbaarste paar minute van sy lewe wees.
 
Nie ek of jy weet wanneer ons met ‘n kosbare minuut in ons hand sit nie. Gebruik elke minuut asof dit jou laaste bruikbare “4 ure” kan wees.
 
Groetnis
 
 

  • Annette Gilham

    Baie, baie waar. En ons laat ons so maklik meesleur deur die gejaag na wind. En dood het daardie manier om almal tot stilstand te ruk. Ek bid vir hulle. Groete

  • kiwi-esther

    Hallo Tallie, Dis so waar en mens besef nie dat soms het die persoon jou sooo nodig en jy dink later veel later sal ek tyd he vir die kuiertjie. Donderdag het ‘n dame my vertel sy is so eensaam sy bel met allerhande navrae na die mpye net om met iemand te kan praat…….sy bel selfs net om die tyd te hoor by ‘n automatiese antwoordsentrale. Net om iemand se stem te hoor wat met haar praat. Eensaamheid is ‘n vreeslike ding…….wat sou sy doen as sy iemand na aan haar verloor….daar is niemand om mee te deel nie.Ek bid vir julle met jul verlies en dat iemand daar sal wees om te luister en te troos.
    Ons hoor nie altyd dit wat tussen die lyne gese word nie en verstaan soms eers later….sterkte maatjie liefde van kiwi-esther

  • myperfectmoney

    [url=http://myperfectmoney.com/]money[/url]

  • TopGames

    [url=http://top1001games.com/]Top10001games[/url]

  • Aidshelpforyou

    [url=http://aids-helpforyou.com/]http://aids-helpforyou.com/ [/url]

  • Travelwithus

    [url=http://100best-places.com/]Best Travel offers[/url]

  • Travelwithus

    [url=http://100best-places.com/]Best Travel offers[/url]

  • Hassan

    Hoi Nadine, werkt dit alleen voor zietkes met een genetische basis? Dus heb je hier wat aan om bijvoorbeeld ouderdomsdiabetes of longkanker te bestuderen? Die zietkes hebben uiteraard ook een genetische component, maar zijn niet aangeboren.gr Fedde