blessthischick_162x180
Diverse

Tallie blog: ‘My Saterdag-koerant ‘

Die Saterdag-koerant is my gunsteling-leesstof van die week. Ek wil Saterdagoggende lekker laat slaap. Wakkerword met die koerant langs die bed, en ‘n lekker koppie koffie op die tafeltjie langs die bed. Mmmmm ja, ek weet ek is bederf.
 
Saterdag-koerantlees is ‘n hele ritueel. Ek begin gewoonlik met die hoofkoerant, net voor die sport-deel, maak ek die koerant toe. Dan volg die an die By en sterfgevalle, snuffels en fliek-deel. Die loopbaangedeelte bêre ek vir later. (Mens kan ook net soveel werke op een slag doen.)
 
Dan volg die Eiendomsdeel – en dis hier wat ek soms net ‘n “huh?” uitkry.
 
Huis in dorp A:
 

Pragtige 4-slaapkamerhuis, met 3-slaapkamers ens. (Die opwinding tel op en ek kan nie wag om verder te lees nie.) 2-Onthaal-areas, 2 x badkamers.  En die beste van alles is die foto wat die agent plaas.
 
‘n VRUGTEBAK MET VRUGTE WAT OP DIE EETKAMER-TAFEL STAAN!
 
Ek bedoel, Hallo?  Wys my die huis.
 
 
Hier’s huis no. 2
 
Ouwêreldse wonder met pragtige houtvloere. Handyman se droom. Die ou dame wag vir die regte kopers. Rustige omgewing.
 
 
Foto? Ja, gefokus op die delicious monster in die tuin met ‘n voëltjiebak langsaan. O ja, en twee kabouters wat besig is om te speel onder die voëltjiebak.
 
Wanneer jy DIT sien, moet jy weet, jy gaan jou gat af werk om die huis leefbaar te maak. Die enigste groot WONDER  is die gewonder oor wat die restourasie van die ou dame jou gaan kos. Gmf…
 
 
En dan die pryslose wonders
 
Huis word beskryf en vir ‘n slag word daar ‘n behoorlike foto van die eiendom geplaas.
Prys word as ??? aangedui.
 
Kan julle my sê: Wat beteken ???
 
Wat eintlik beteken: Bel my, dan het ek jou nommer op my foon en kan ek een van die 70 000 huise op my boeke aan jou probeer verkoop!
 
 
Of wat van?
 
Netjiese eiendom vir beginners (of afgetredenes). Gewoonlik is dit die badkamer wat afgeneem word, met ‘n stort en toilet – en nie hoe nie? – Die toiletdeksel moet opgeslaan wees.  – Slaan tog die toiletsitplek af – almal ken die grootte van ‘n toilet se binnekant.
 
Wat die advertensie eintlik sê, is dat die res van die eiendom so klein is, jy sal liewer die meeste van jou tyd in die badkamer wil deurbring.
 
 
O ja, en my gunsteling!
 
Eiendom kos x-bedrag. Prys drasties verlaag – nie verder onderhandelbaar nie!
 
Die eiendom was van die begin af te duur. Huiskopers ken hulle pryse en is nie meer bereid om die eienaar se totale skuldlas af te los ten einde die eiendom te bekom nie.
 
 
Na my huiskykery, blaai ek na die besighede te koop, sommer uit blote nuuskierigheid, want mens weet nooit wanneer jy ‘n besigheid op die platteland, wat min werk verg, en baie geld inbring nie – natuurlik teen ‘n hengse winskoop – raaklees nie. (Ja Tallie, droom aan).
 
Eers dan, met my koffie-koppie dolleeg en yskoud langs my, lig ek die warm vere-duvet om die Saterdag aan te durf.
 
 
 
 
 
 
 

  • Umer

    sagt:Herzlichen Dank an ein tolles und eneegiartgs Team. Mit Ihrer Zusammenarbeit wurde auch der Kooperative IVATEX zum ersten Mal klar, welch wunderbaren Stoffe dort entstehen. Auch die Besucher und potentiellen Kunden auf der imm Cologne waren begeistert. Wir freuen uns auf die weitere Zusammenarbeit!Ihre Lukardis von Studnitz