Diverse

Tallie blog: “Rolien vervolg…’

Toe sy begin praat, kon ek aan haar lyftaal sien iets is fout. Sy het die telefoon teen haar oor gehou en na die res van ons in die kantoor gedraai met ‘n vraende uitdrukking op haar gesig. Sy het die telefoon neergesit en stadig in ons rigting begin stap.
 
“Daar’s groot fout. Dis iemand wat dringend na ‘n kontaknommer vir Roelien se ouers soek.”
 
 
Nou moet ek darem eers bietjie agtergrond oor Roelien se ouers gee. Die plattelandse dorpie waar hulle woon, is gesentreerd rondom die geteerde hoofstraat wat soos ‘n swart stuk droplekker deur die dorp loop. Dit is sout van die aarde mense wat daar woon. Inwoners wat so afhanklik is van wat die natuur en grond aan hulle bied. Sommige jare is dit baie en soms bittermin. Die gemeenskap is dus genoodsaak om op mekaar te steun vir ondersteuning wanneer nodig.
 
Die hele dorp help kinders grootmaak. Die kinders is almal se kinders, want aan waardes word daar nie gepeuter nie. Waar siekte is, word met raad en medisyne bygestaan.  Roelien se ouers is baie gelowige, goed opgevoede mense wat net die beste vir hulle twee dogters wou hê. Vir jare is daar elke maand geld weggesit sodat die kinders ‘n leergeldjie sou hê vir verder-gaan-leer.
 
Hulle rykdom het in hulle liefde en opvoeding vir hulle kinders gele. Ek glo dat, indien dit moontlik was, sou hulle die twee meisiekinders vir altyd by hulle wou hou ten einde hulle te beskerm teen die bose buitewêreld.
 
Tog, was dit ‘n groot opgewondenheid toe Roelien na matriek ‘n goeie betrekking in die stad losslaan. Daar is gepak, gebak en reggemaak sodat die kind niks sou kortkom in die stad nie.
 
Aanvanklik het Roelien een maal per maand met die trein gaan kuier. Soms sou sy ‘n geleentheid saam met ‘n kennis kry. Die kuiers het al minder geraak totdat dit later heeltemal opgedroog het. Die platteland was nie meer genoeg vir haar nie. Sy het nog nie geweet wat sy wil hê nie, maar dit was definitief nie meer die platteland nie.   
 
Op kantoor kon mens agterkom dat die ongekunstelde Roelien verander het. Mens kon dit aan haar manier van aantrek en praat hoor en sien. Haar ouers het later al hoe meer kantoor toe begin skakel, omdat hulle al minder van Roelien gehoor het. Soms kon mens die haastigheid en onvergenoegdheid in haar stem hoor wanneer sy met hulle praat.
 
Dit was nie omdat sy nie meer lief was vir hulle nie, dit was meer ‘n geval van, haar besige lewe het net nie meer plek oorgehad vir kleindorpie geselsies nie.
 
Min het sy geweet hoe verkeerd sy kon wees.  
 
 

  • Gwen

    Nagut dann mach ich mal den Ersten, der einen Kommentar hinterle4dft.Ich kann auch nur beste4tigen das es eine sehr schf6ne Hochzeit war und das ihr beide die Glfccklichsten Menschen in dieesm Augenblick wart, denke das sieht jeder der sich die Bilder anschaut. Ich kf6nnte hier jetzt noch was von Wfcnschen ffcr die Zukunft schreiben, denke aber ihr widft schon was ich euch wfcnsche. Und ich mudf jetzt erstmal den Flitterwochenartikel lesen und die Bilder anschauen.Tobi