tanya_o_connor
Diverse

Tanya O’Connor blog: “Die trane loop…”

My ma was altyd so trots op haar rits name. Dit is vandag haar verjaarsdag, sy sou 70 jaar oud gewees het. Sy is nou al 19 jaar nie meer hier nie.

Op Hallmark is daar ‘n “trailer” van Mamma Mia, die fliek oor musiek van Abba as ek dit so kan beskryf. My ma se gunsteling-liedjie was , “I have a dream”. Die woorde weergalm vanoggend in my kop, en die trane dam op binne in my brilraam!

“I have a dream, a song to sing, to help me cope with anything, if you see the wonder, of a fairytale, you can face the future” . . . . sy kon nie “cope” nie. Ek het met ‘n ma grootgeword wat aan depressie gely het vandat ek 11 jaar oud was.

Ek kyk by die venster uit, soek haar agter ‘n sipres boom in die tuin, die hoop beskaam nooit nie, al weet ek sy kan nie daar wees nie. Sy leef voort in my hart, ek mis haar as dinge goed gaan en dit is 99% van die tyd in my lewe.

Vandag is ‘n dag van dankie sê, dankie dat ek haar my ma kon noem en dat ek deel van haar lewe kon wees, al was sy siek vir die grootste tyd wat ons mekaar geken het.

My oë gly oor my “ma”, my skoonma se lappies gebreide kombers, dit vou my toe vandag met liefde en “toemaar huil maar my kind” soos sy vanoggend vir my gesê het.

Ek glimlag, ek het weer ‘n ma gekry. ‘n Ma wat soggens opstaan en met wie ek kan gesels. Ek kan die twee nie vergelyk nie, ek weet net dat ‘n grooot venster van geluk het weer oopgegaan toe ek weer ‘n ma gekry het.

Hoe was dit om saam met haar te leef? Ek kan dit beskryf soos slaptjips en roomys, saam op een bord, met ‘n hele chilli opgekerf en bo oor hierdie gereg gestrooi. Soet en eina saam. Die roomys – hoop van my ma wat gesond sou word was altyd daar.

Soggens is ek skool toe met ‘n vrees, sou sy leef as ek by die huis kom? Sy het drie maal probeer selfmoord pleeg, die derde keer het sy geslaag. Twee keer in my matriekjaar probeer.

Ek het middae na skool by haar gesit, probeer gesels, met haar gedeel wat by die skool gebeur het. Ek het maar net voort ge”yap”, my ma het haar rug op my gedraai en ek het met ‘n bondeltjie bene gepraat. Haar gewig het gedaal tot 45 kg, sy was nie lus vir kos of vir die lewe nie!

Ek kon nie ‘n eier bak of ‘n automatiese wasmasjien aan die gang kry nie, my ma het my nooit geleer nie! Sy was ‘n perfeksionis, sy wou die wêreld skoonmaak en regpak, regruk en in orde kry, sy kon nie!

Depressie het so skielik in ons lewens ingesluip, een dag was sy nog ‘n raakvat ma en die volgende ‘n niksvat ma.

Is ek kwaad vir haar ? Is ek bitter oor my kindertyd ? Sou ek my lewe wou oorhê ? Die antwoord is NEE op al hierdie vrae. My verlede laat my die hede meer waardeer, my verlede het my ‘n sterker mens gemaak. My verlede het my laat besef hier en nou is wat tel.

Ek glimlag, vee die trane af, hulle sal seker later weer terug wees, maar ek KAN glimlag, ek kan nou glimlag. Ek kan weer haar gunsteling-liedjie op iTunes kies, saamsing met “I have a dream”, lekker diep asemhaal en dankie sê dat ek geen verwyte het nie. Ek het vir haar blomme van “all shapes and sizes” gegee toe sy gelewe het!

Rus in Vrede my dierbare dierbare MA!

  • Theresa Potgieter

    Pragtig geskryf, Tanya! Daar is niks soos moederskap om jou van jou eie ma te laat onthou nie – die lewe is bittersoet!

  • ALMARINE

    Dis mooi Tanya! Eks bevoorreg om te se dat ek jou ma geken het! Nie soos jy nie, maar dat ek en jy oorslaap aande gehad het! En julle huis was altyd silwerskoon – ‘n ware raakvat ma wat daar was! Ek dink vandag aan jou vriendin!

  • Bernie Colyn

    Ai Tanya ek dink nie ander mense het ‘n besef wat mense deurmaak met depressie en ook die mense wat met hulle moet saam leef nie. My hart gaan vandag so na jou toe uit.Ek het ook vir Catherine Joan Winifred geken en sy was vir my so ‘n mooi mens. Dankie Tanya dat ek ook vandag saam met jou kan huil oor haar. Vergeet sal ek haar nooit vergeet. STERKTE en geniet die mooi onthou dinge van haar.

  • http://ptbmvvkqprrh.com/ nruohhfh

    mst7Wt zmhheswgbgse, [url=http://pkjamyijpioi.com/]pkjamyijpioi[/url], [link=http://ztekwgyzreoc.com/]ztekwgyzreoc[/link], http://eaynvexflzyh.com/

  • fanoasydropay

    IPQijMbj tods shoes IAKcxWrb http://todsshoes.webeden.net/

  • Yukiko

    Wij wetenschappers hebebn als mens de plicht respect te hebebn voor de andere mens. Respect houd ook in dat de privacy van de mens moet gerespecteerd worden. We kunnen wel een groep mensen bestuderen, maar dat wil niet zeggen dat iedereen moet geobserveerd worden. We kunnen wel een groep mensen bestuderen, maar we moeten de identiteit niet linken aan de resultaten. etc Het opgeven van de privacy houd een veel groter gevaar in dan we vermoeden. De 2e wereldoorlog is daar mooi een voorbeeld van. De joden moesten ook hun privacy opgeven door een ster te dragen.Als wij als wetenschapper lichtzinnig omgaan met waarden als privacy, dan zijn wij een deel van de oorzaak van die dergelijke gevolgen kan hebebn.