photo_on_2010_03_17_at_16.01_2
Diverse

Tanya O’Connor blog: “Ek het NIE vir liefde getrou nie!”

Hy het daarop aangedring om self te probeer en ek het hom laat begaan. En hy is nogal goed daarmee! Hy is nou net kombuis toe om ‘n snytjie pizza vir sy vrou te gaan warm maak.

Ek terg Paddy, “Honey , I did not marry you for love. Never think that. I married you for your other abilities . . . ” dan noem ek hulle gewoonlik op. En die “abilities” is sooo baie en sooo spesiaal dat ek weer en weer besef hoe lief ek my man het. Ek kan egter nie sê hoekom ek hom liefhet nie, die redes is te veel en hulle “pop” net gedurig op. Wat is liefhê? Hoe kan jy sê jy het iemand net vir dit of dat lief? Jy kan nie! As jy jou vinger op die “hoekom” sou kan lê, het jy die persoon nie eintlik onvoorwaardelik lief nie of hoe?

Liefhê is vir my “ongoing”! My liefde vir my man word net elke dag meer en meer. Ek kyk na hom en my hart word warm, daar wel ‘n vrede in my binneste op, ek kan eenvoudig net nie genoeg van hom kry of genoeg in sy teenwoordigheid wees nie!

Ek gaan sit op die bed, bekyk pa en seun. Rory het aan die slaap geraak en sy een handjie is om Paddy se vinger gekrul.

“Honey, hope you don’t think I married you for love . . . ” val ek weer weg. “You married me for my baby sitting abilities?” My antwoord is ja. En hy seg vir Rory: “Daddy will teach you to aim better next time you want to piepie on mommy’s hand.”

  • Valjean

    It’s relaly great that people are sharing this information.