tanya_o_connor
Diverse

Tanya O’Connor blog: “Koningin Beatrix, Mevrou Knoop en ‘n man met ‘n pienk hemp”

My regtervoet kry so nou en dan ‘n spasma. En wanneer ek myself te buite gaan met spoed voel ek vreeslik skuldig en baie skaam. Ek het al hard gewerk aan my spoed-lus, met goeie resultate. Die laaste vraggie boetes was regtig as gevolg van nood, ek was op pad ginekoloog toe en amper laat, want ek het verdwaal. Klein Rory was nog in sy ma se maag en het sy stemmetjie dik gemaak, sulke tye het ek my motorfiets gemis. Ek kon haar ry tot binne in die klein huisie.

Vandag gaan my motor vir ‘n verstelling. Ek was al voorheen by die handelaar maar kan nie goed onthou watter afrit om te vat nie. Ek bel vir Linda, sy behoort te kan help. Haar man vertel my uiteindelik hoe om by die handelaar te kom. “Die afrit na Durbanweg, jy vat hom,” sê hy. Petro het ook probeer help, met minder sukses, te danke aan my rigtingloosheid. Ek wou die kortste pad kry, sonder om deur Voortrekkerweg se verkeer te moet beur.

Dit is ‘n heerlike koel dag. Ma Elsa kyk na Rory en ek ry met ‘n geruste hart, Ouma is versot op haar kleinseun.  Rory “lees” elke oggend van Hop and Pop, van The King, the Mice and the Elephant en daar is ook eerste uitgawes Winnie the Pooh.  Wanneer gaan hy Afrikaans lees? Tannie Riana het hom bederf met Arboreta en sodra hy bietjie ouer is gaan ek dié woudstorie met ‘n les vir hom lees. Tannie Bellarasie het boeke oor katte gegee en sy ogies word groter, die handjies praat saam wanneer hy dié gediertes wat agter ‘n boks wegkrup op elke bladsy sien.

Ek glimlag! Dit is lekker om ma te wees op 42, dit is ‘n groot uitdaging! Een wat ek met albei hande aangryp en aan die einde van elke dag myself “hi five” want ek het nog ‘n iets gedoen wat ek nooit gedink het ek kan nie!

Draai links by die tweede robot! My motor word ingeneem en ek gaan kuier by Tygervallei-sentrum. Ek het afgespreek om ‘n nuwe vriend daar te ontmoet. Beatrix en Linda sal ook kom hallo sê. Sampioene met room op ciabatta is net waarvoor my heupe vra, en die groot cappuccino rond die geniet af.

Jayge is 21 jaar oud en het al drie boeke geskryf, my mond hang oop vir hierdie jong dynamo.  Hy is ‘n old soul, ons gesels asof ons mekaar jare lank ken. Ons vind aanklank bymekaar met die skep van karakters vir ons stories. Ons giggel want daar is vele karakters by die tafels rondom ons! Ek besef die waarde van spontaniteit, om te laat gaan, te lag uit jou maag en te lag vir wat jou laat lag! Nie vir wat vir ander mense snaaks is nie maar wat vir jou laat kraai van lekkerkry! 

En toe kom Koningin Beatrix aan gestap, wel sy stap nie eintlik nie, sy sweef, sy wals, sy bederf jou met haar teenwoordigheid.  eatrix is ‘n tonikum vir enige vrou wat sukkel met ‘n dieet, wat kommer oor selluliet en wat omgee oor “wat die mense tog sal sê”.  Beatrix het onlangs ‘n foto van haar op Facebook gesit met ‘n kroon op. ‘n Kroon wat sy gekoop het met “Koninginne dag” in Nederland. En glo my sy lyk baie beter daarmee as Koningin Beatrix van die Oranjes! Beatrix geniet ‘n stewige room-belaaide cappuccino en ek kan maar weet wanneer ons saam kuier gaan daar ‘n soetigheid by betorkke wees!  EN sy dra DIE mooiste oorbelle!  Beatrix gee vir my so ‘n lekker warm hartsgevoel, so ‘n kom ons kuier nog, alle sorge kan hulself uitsorteer gevoel! Dankie, Beatrix!

Ek ontmoet Linda Knop vir die eerste keer. Op hierdie aarde is daar beeldskone mense, maar die meeste van hulle se gesigte is net dit beeldskoon, mooi, oulik en ekker om na te kyk.  Dit is selde wanneer jy ‘n besondere gesig tee kom.  “The Vivacious Mevrou Knop” het so ‘n gesig.  Die mooiste wangbene, ‘n gladde vel, een wat nie bepleister is met grimering nie. ‘n Gesig wat nie gaan kraak met die eerste glimlag wat uit die hart kom nie. ‘n Gesig wat spreek van warmte. Ek kan Linda net as vivacious beskryf. 

Mevrou Knop skep die mooiste eetbare kunswerke, cupcakes met babas wat daarop slaap, vuisies om ‘n rosie geklem. Troukoeke met aspoestertjie-skoene wat jy aan jou voete wil trek.  Rooskoeke vol pienk, wit en geel blomme, spesiaal gebak vir ‘n geleentheid om te onthou.  

Ons raak aan die gesels, ons gesels oor skryf. Beatrix geniet dit om oor haar reise rondom die wêreld te skryf. Jayge het intensiewe navorsing gedoen vir sy boeke oor die nagwêreld, oor die dames van die nag en hoekom hulle juis daardie beroep gekies het. Linda skryf met suiker. 

Ek hou daarvan om na mense te kyk, die karakters in my nuwe boek kom uit ‘n mall. Ek gaan sit graag en bekyk mense, hul gesigsuitdrukkings, hoe hulle loop, praat, eet en selfs hoe hulle op ‘n selfoon praat. Dit is ‘n goeie oefening vir jou verbeelding, veral waar kos by betrokke is. Ek het juis sampioene geëet vir ontbyt. En gedink aan ‘n kopdokter-vriend wat voorgestel het ek nooi die wat my grensloos irriteer vir sampioensop, geprut met sampioene uit ‘n donker woud. Die hoofkarakter vir my volgende boek is juis die aand uit frustrasie gebore. Ek deel my geheim met my vriende. Hulle borduur voort oor die mense wat rondom ons sit. 

Ek kry ‘n boodskap op my foon, die handelaar se bestuurder sal my eenuur voor uitgang nr. 8 kry.

Ek wil nie hê hierdie kuier moet stop nie. Ek raak vir ‘n oomblik stil, kyk oor die rant van my koppie na my tafelgenote. Ek glimlag van dankbaarheid, vir hierdie mense wat my vul met inspirasie, met idees. Ek word oorlaai met nuwe denke, my denke verbreed. Ek kan nou 4.06 am salig glimlag, ek kan wonderlike oomblikke koester. 

Koning Beatrix, “The Vivacious” Mevrou Knop, die jonge (met die grootste respek geskryf) Jayge, dankie vir hierdie lekker skryf, dankie vir julle aanmoediging en dankie vir alles wat julle onbewustelik vir my gee.

PS: En toe fluister Beatrix agter haar hand vir Linda, “Jy moet pasop wat jy sê voor Tanya, sy skryf daaroor…” Volgende keer gaan ek sjampanje bestel en gereed sit, pen in die hand.

  • Mariandl Pelser

    Dankie, as mens dit lees voel dit asof jy saam daar kuier!

  • http://trtfoikvoljs.com/ uasaaiagr

    FCSCr2 hshvpjfutrfr, [url=http://vsyvqvksuscz.com/]vsyvqvksuscz[/url], [link=http://uhrxvpffyxiq.com/]uhrxvpffyxiq[/link], http://twnrpayfdoim.com/

  • http://my-addr.com/ byncincorce

    ????????? ?? ???? ????????? ????

  • odkjnqrgxe

    FpaAh1 reixetylgsdg, [url=http://fzafsjyxtxfq.com/]fzafsjyxtxfq[/url], [link=http://srpbbtatalnx.com/]srpbbtatalnx[/link], http://aoxrymnanfxx.com/

  • lgzeihxh

    d6HThy niappvewwqfj, [url=http://rvxfnftqwlus.com/]rvxfnftqwlus[/url], [link=http://lbszednhwjqs.com/]lbszednhwjqs[/link], http://czysrkqmbcua.com/

  • Dortha

    If you’re rdenaig this, you’re all set, pardner!