Diverse

Tanya O’Connor blog: “Kraaines”

Ek loop af garage toe, ek gaan nou sommer ‘n kratrol van ‘n visstok afhaal en lyn afrol. Maar o, wee . . . daar is ‘n kraaines in die katrol.  

Paddy is ‘n paar honderd kilometer ver weg. Ek moet maar die kraaines self uitmekaarhaal. ‘n Eerste keer. Ek gaan sit op die gras en begin die warboel uitmekaar trek, maar hoe meer ek trek hoe erger word dit.

Ek het al ‘n paar jaar gelede my eie kraaines-lewe uitgepluis. Ek het net eendag besluit om die vislyn-“koeke” van antwoorde soek op vrae wat ek weet ek nie ‘n antwoord voor sal kry nie los te knip. Die ou vislyn weg te gooi. Ek het besef dat ou vislyn broos is en vir niemand van nut kan wees nie. Ek het besef hoe belangrik dit is om die verlede van nie vergewe nie te laat gaan. Ek het emosie-vermorsing ontdek en begin werk aan wat goed is vir my en wat nie. Ek het elke dag begin waardeer en elke oggend gesê HALLO, LEWE, ek is reg vir jou vandag!

Ek het besef dat sommige kraaineste nie die moeite werd is om uitmekaar te trek nie, ek sou net vieslik vloek indien ek die taak sou aanpak. Ek sou negatiewe kwaadword-energie in my lyf insit as ek sou aanhou karring om daardie kraaines uit te sorteer.  

Hoe gebeur ‘n kraaines, hoe gebeur ‘n lewenskraaines? Is dit iemand se skuld of gebeur dit net, is dit net daar? Ek glo dat mens maar goed sorg vir jou eie kraaines van deurmekaar. Jy self weet goed as jy op pad is na ‘n paar knope, wat jy weet jy nie uitmekaar gaan kry nie. Dit is in jou hande om te sorg dat jou vislyn altyd maklik kan afrol wanneer jy dit nodig het.

My oog vang my man se visvangsak, en ek kry ‘n vars rolletjie vislyn daarin. Probleem opgelos en ek kan my tjint se “mobile” gaan ophang!  

‘n Kraaines is net dit: ‘n kraaines. Dit is jou keuse en dit is in jou hande of jy dit gaan uitpluis en of jy met ‘n nuwe rolletjie vislyn begin en sorg dat jy nie weer sit met ‘n warboel knope nie!

  • Hi, thanks for your ideal info, can I make a copy to my blog?

    I’m starting to play with make money online and a website with following keywords:
    best forex trading platform,
    future forex trading,
    forex trading for dummies,
    forex trading advice,
    forex trading indicator,
    forex trading programs

    what should i do to make my site be spread to many audiences to start earing?

    Thanks!

  • William

    Short, sweet, to the point, FREE-excalty as information should be!