photo_on_2010_03_17_at_16.01_2
Diverse

Tanya O’Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem

Hy ry al van Vrydagaand af met my boek in sy motor . . . en dit is nou Saterdagoggend 11.30 en ek kan nie meer wag nie!
 
“Hier is jou boks, baie geluk.” En daar gaan hy, ‘n baie slim mens met woeste hare, hope kreatiwiteit, ‘n lekker groot funky bril en ‘n baie mooi meisie aan sy sy.  Deon het vele talente gekry, een was beslis die vermoë om dit wat ek geskryf het op die buiteblad van my boek vas te vang. Hallo Lewe en ‘n rooi Revlon Lipstiek en dan natuurlik Sarie heel bo-aan.  

Sarie verpersoonlik inspirasie en ek is trots daarop om vir Sarie te kan blog en deel te wees van ‘n wonderlike span mense. Van die eerste dag wat ek by die redaksie-kantoor ingestap het is ek geïnspireer. Maryke se welkome e-pos met die link na my blog en haar stem, altyd vriendelik en vol lag oor die foon moedig my aan om elke dag te skryf.
 
Ek jaag huistoe, ek weet darem nou al waar die spoedkameras wegkruip. Ek sit vir ‘n paar minute voor ek uitklim, hierdie oomblik sal nooit weer wees nie. My eerste boek langs my op die sitplek! My man kom help my dra,”Congratulations Honey!” Skoonma staan reg met ‘n kristal glas vol sjampagne, sy haal nie sommer haar gunsteling glase uit nie. Ons klink ‘n glasie op so baie vieringe.
 
2010 was ‘n goeie jaar, ek het begin blog vir ‘n paar publikasies, ‘n uitgewer het my blog raakgesien en ‘n aanbod vir ‘n boek gemaak, binne 4 maande het ek my boek klaar geskryf. Ek het ‘n uitstalling by ‘n wynkelder gehad van my skilderye. En die kersie op die koek was Rory S O’Connor wat gebore is op 28 Augustus!
 
Hallo Lewe was lekker om te skryf, want met elke woord het ek nog meer vrede gekry in my gemoed. Ek het nooit gedink dit sou gebeur nie, maar hier vandag kan ek nou my boek vashou!
 
Wat doen ek wanneer dinge goed gaan? Om eerlik te wees ek soek vir nog dinge OM goed te gaan, dit kan mos nie ophou nie of hoe? Elke dag is soo goed vir my al gebeur dinge wat nie lekker is  nie, ek het besluit om selfs dit tot my voordeel te gebruik. En dit is maklik, jy kan dit doen! Sien jy die woeste see, of sien jy die kreef wat daarin swem?
 
Wanneer dinge goed gaan wil ek altyd my ma bel . . . 044 272 5698, maar die nommer bestaan nie meer nie. Ja ek het al ‘n paar keer wel die nommer gebel, sommer aan die gesels geraak met ‘n stil foon. Ek sit en kyk oor die see, berge in die verte, ‘n kalm windjie wat die branders roer, ek glimlag. Ou Joanie waars jy tog vandag? Waar sweef jy rond? Kan jy sien wat jou dogter als doen?
 
‘n Traan loop oor my wang, hoe kan ek haar rus wil verstoor deur my eie selfsugtige wense? Sy het vrede gekry waar sy nou is weg van ‘n wêreld wat haar nie verstaan het nie.  Ek kan net terugdink met baie liefde aan my wonderlike ma en sê dankie ek het jou geken Ma!
 
Die lewe gaan voort en daar sal altyd vir my sulke oomblikke wees, kosbare oomblikke wat sorg dat ek die lewe nog net meer waardeer en elke dag begin met HALLO LEWE!

*Lees meer oor haar nuwe boek, Hello Lewe!

  • http://npxwfxpflury.com/ ozbjvaytb

    hG8RD0 ddpeznzxteui, [url=http://oxpkieuikoej.com/]oxpkieuikoej[/url], [link=http://pvaqezvkbhai.com/]pvaqezvkbhai[/link], http://dbvsvroglfmy.com/

  • http://www.buypenisenlargement.com bigger

    Hi everyone, this is my site large penis 3-4 Dot Com. I appreciate any advises to improve my content and sells. This site about penis bigger and penis enlargement pills products. Thank you in advance! Any suggestions or marketing help is appreciated.

  • http://www.buypenisenlargement.com penis enlargement

    It’s so hard to get backlinks these days, honestly i need a backlink by comments on your blog / forums or guestbook to make my website appear in search engine. I am getting desperate Now! I know you’ll laugh while reading this comment !!! Here is my website bigger penis I know my comments do not relate to the topic, but PLEASE HELP ME!! APPROVING MY COMMENT!
    Regards: PoormanBH2011

  • Kevin

    Die Spiegel-Prfcgeleien Auto- vs. Radfahrer (Print) und Rad- vs. Autofahrer (Spon) sind noch aus einem anderen Grund albosut niveaulos. Abgesehen von Aggressionen kf6nnen die Auflistungen von besonders krassen Verkehrsfcnden nichts nfctzen. Es we4re konstruktiv, zu schreiben, wie wir realistisch unser Verkehrssystem umbauen kf6nnten, so dass durch bessere Strukturen weniger Konflikte entsehen. Und die Frage, was wir daffcr zu zahlen bereit sind.