photo_on_2010_03_17_at_16.01_2
Diverse

Tanya O’Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!

En ek het gedink oor 2010!

Ek het ma geword op 42. Ek het my verstand gekry op 42. Ek het myself gevind op 42. Ek het besef wat goed is vir my op 42. Ek het begin leef op 42!  Ek het elke oomblik van my lewe begin geniet op 42.  Ek het op 42 ophou terugkyk.
 
Dit het my 42 jaar gevat om te leer om aan te beweeg. Ek het besef die pad vorentoemet sy slaggate, verspoelde brûe en ompaaie is ‘n uitdaging. En ek kan altyd kortpad op ‘n “scrambler” deur die veld vat. In die veld is meer dongas om my uit te daag, om oor  te spring of sommer vir die pret deur hulle te ry.
 
Ek ry al motorfiets vandat ek 11 jaar oud is. En met ‘n XR 200 en ‘n XR 500 is ek al twee keer deur ‘n woestyn.Ek het die Swartberge en sy grondpaaie verken met ‘n veldfiets. Ek het al die mooiste plekke op aarde ontdek op ‘n veldfiets.Dit was net ek en my getroue Yamaha Tenere, toe ek gevoel het ek vat aan ‘n ster in die berge.Twee wiele het my al soveel van die lewe geleer. Ek het geleer om die lewe aan die brand te skop, al kon ek nie dadelik vuur in die motorfiets se enjin inskop nie, het ek aanhou probeer. En die lieflike dreun van daardie enjin het my laat besef daar is altyd hoop en altyd vuur vir aangaan vorentoe.
 
My Yamaha MT-01 kry lewe met die druk van ‘n knoppie, “with a flick of the switch”, dit is te maklik.Dit is veel lekkerder om ‘n veldfiets aan die brand te skop en die veld in te vaar.Jy leer van jouself wanneer jy ‘n donga sien wat jou vra: “Kom spring oor my, ek daag jou uit!”
 
Op 42 gaan ek weer ‘n veldfiets koop, ‘n model wat ek nog aan die brand moet skop!
  • Isabella Niehaus

    Jy sit ‘n smile op mens se gesig en laat my op 55 sommer ook lus kry om ‘n mal perd op te saal. Dankie vir jou inspirasie en energie in 2010….sien uit na nog baie daarvan in 2011. xx Bella.

  • http://dlmaivrwyvds.com/ pafpflzp

    sehrtU rjkqdbmzfver, [url=http://bvhwqytvdnrq.com/]bvhwqytvdnrq[/url], [link=http://qdcufrkuggdy.com/]qdcufrkuggdy[/link], http://awacxnijbocl.com/