is107_003
Diverse

Wat wou jy nog altyd vir ‘n man vra?

Met ‘n onlangse meningspeiling op sarie.com wou die meeste van julle weet wat ‘n ontkleeklub so ‘n wonderlike plek vir die manne maak, en die tweede gewildste vraag was of hy al ooit op ‘n ander vrou verlief was. (Daar was natuurlik ‘n paar navrae oor wat in ‘n mansbadkamer aangaan…)

So hier’s jou kans! Stuur vir ons die vrae in die kommentaarblokkie hieronder.

En as jy ‘n bietjie inspirasie soek om jou aan die dink te sit? Die Great Male Survey is pas op AskMen.com bekendgemaak.

  • Tina Venter

    Hoe voel mans regtig oor oorgewig vrouens veral as dit jou vrou is?

  • Ilse Roos

    Met ‘n vorige Sarie peiling was daar vasgestel dat mans ontrou is, alhoewel die vrou alles reg doen, altyd mooi lyk en nie koud is nie (net om daardie manlike jag-instink te bevredig). Hoekom verwag hulle dan dat die vrou buitendien aandag aan haarself moet gee en altyd wonderlik lyk? Miskien sodat hy lekker kan voel as hy langs haar loop? Hoekom kan sy dan nie maar in haar japon by die huis loop nie?En dan wil ek weet hoekom soveel mans vir hul vroue se hul borste is perfekte grootte, dit moes definitief nie groter gewees het nie, as die vrou wil gaan vir ‘n borsvergroting, maar hul oe dwaal altyd na vroue wat groot is. Hou hulle nie van die kunsmatigheid van die borste nie of is dit maar net instinktief om te kyk, alhoewel daar geen emosie betrokke is nie(as dit moontlik sou wees).