Diverse

Woordelys

Fillodeeg
Papierdun velletjies ongesuurde deeg wat veral in Midde-Oosterse en Griekse kookkuns gebruik word vir gebak. Dit word gemaak van meel, water en ’n klein bietjie olie. Gewoonlik word dit in etlike lae gebruik, met botter tussenin. Dit word baie bros wanneer dit gebak word.

Mozzarella di bufula
Italiaanse mozzarella-kaas gemaak van waterbuffel-melk.

Pannacotta
’n Koue Italiaanse nagereg van room, suiker en gelatien. Die naam beteken ‘gekookte  room’. Dikwels voorgesit met bessies, karamel of ’n vrugtecoulis (’n taamlike dik sous van versoete, deurgesygde vrugtepuree).

Ragù

’n Italiaanse term vir ’n vleisen- tamatie-sous, gewoonlik voorgesit saam met pasta en berei deur vleis by ’n halfgebraaide mengsel van uie, seldery, wortels en geurmiddels te voeg en dit dan lank te prut met ’n bietjie tamatiesous of -pasta.

Rillette(s)
Soortgelyk aan patee. Vleis (oorspronklik varkvleis) word in blokkies gesny of gevlok, gesout en dan stadig in vet gekook. Dit koel dan in genoeg van die vet af om ’n pasta te vorm. Dikwels koud op brood geniet.

Sorbet

Bevrore nagereg gemaak van versoete water en (gewoonlik) vrugtegeure.

Tapas

Oorspronklik Spaanse voorgeregte of kroeghappies, in klein porsies voorgesit en dikwels deur almal aan tafel oor-en-weer gedeel.