Eie stories

Aan my skoonouers …

Snags word ek wakker en voel of my man nog langs my lê. Dan wonder ek hoe hy elke dag so vol moed en liefde kan opstaan as hy soveel seer in hom ronddra?
Hoeveel keer kan ’n mens deur jou eie ouers verwerp word? En dan verstaan jy nie eens mooi hoekom nie!
Wie kry die blaam? Die gebroke huis waaruit jy kom, foute waaruit jy self moes leer of die gesukkel met jou eie menswees?
Skoonouers, sal julle ooit besef hoeveel seer julle veroorsaak? Hoeveel keer ek moes help om te herbou aan geloof, hoop en liefde nadat julle dit sommerso kom afbreek het?
Ek wens julle kon hom sien vir die goeie mens en liefdevolle pa wat hy is en hom waardeer as jul seun. Hy’s immers maar net geleen aan julle en aan ons …
Hartseer, FS