time_cover
Eie stories

Afgaanse-meisie kry ‘n nuwe neus

Aisha (18) het skokgolwe deur die wêreld gestuur toe sy, met haar verminkte, neuslose gesig, op die Augustus-voorblad van Time Magazine verskyn het. Suid-Afrikaans-gebore fotograaf, Jodi Bieber, het hierdie nou wêreldbekende foto geneem.
Aisha is onder Taliban-heerskappy in Afganistan erg deur haar man vermink toe hy haar neus en ore afgekap het. Sy het die simbool geword van die lot van talle vroue in Afganistan, berig die Daily Mail.
Sy is nou te sien met ‘n prostetiese neus – soortgelyk aan dié wat akteurs in flieks dra. Dit gee haar ook ‘n goeie idee van hoe sy ná rekonstruktiewe chirurgie sal lyk. 
Aisha, wie se van nie bekend is nie, was 12 jaar oud toe haar pa haar aan ‘n Taliban-soldaat belowe het om sy skuld te vereffen. Haar skoonfamilie het haar mishandel en gedwing om saam met die diere in stalle te slaap. Toe sy probeer vlug, is sy gevang en het haar man as straf haar neus en ore afgekap. 

Sy het tydens die aanval flou geword. “Toe ek my oë oopmaak, kon ek nie sien nie, want daar was te veel bloed,” het Aisha op CNN gesê.

Ná die aanval het hulle haar gelos om te sterf, maar sy kon daarin slaag om na haar oupa se huis te kruip. Haar pa het haar na ‘n Amerikaanse mediese sentrum geneem waar sy vir tien weke lank versorg is. Sy is daarna na ‘n geheime skuiling in Kaboel geneem waarna sy met die hulp van die nie-winsgewende Grossman Burn-sentrum in Kalifornië na Amerika geneem is om by ‘n gasfamilie te woon. Haar nuwe prostetiese neus is deel van haar 8 maandelange rehabilitasieproses by dié Grossman Burn-sentrum.

Maria Schriver, vrou van die Goewerneur van Kalifornië, silwerdoekheld Arnold Schwarzenegger, het onlangs die Enduring Heart-toekenning namens die Grossman Burn-sentrum aan Aisha oorhandig. Dié organisasie gaan ook vir die rekonstruksie betaal.

Daily Mail wys hoe sy nou lyk:

Aisha met die prostetiese neus

KYK DIE ONDERHOUD MET DIE FOTOGRAAF JODI BIEBER OOR HOE SY DIÉ VOORBLAD AANGEPAK HET:


  • Sarie Wessels

    Ongelooflik! Dokters het wonderlik n lewe weereens geraak, verander, moed vir die toekoms gegee.

  • Elize

    Wow, sy lyk pragtig, sy verdien dit absoluut!

  • http://xopsuqglnaie.com/ eqqncuekksn

    QR8CN5 dwzhubskgzej, [url=http://qnrvfiiwnutk.com/]qnrvfiiwnutk[/url], [link=http://spjnhfmdqblc.com/]spjnhfmdqblc[/link], http://kvyrljuagyed.com/

  • Christina

    Die dag toe ek die Time tydskrif uit sy plastieksak haal, was die eerste wat ek raakgesien het, hierdie meisie se mooi gevoelvolle oë. Dankie aan Jodi Bieber dat sy dit so skerp vasgevang het.