sr1005hjg_3_
Eie stories

Akteur Stefan Ludik: “Ek wil my laaste dag op aarde saam met my ma deurbring”

Hy’t gesê sy moenie skrik nie, hy is nie depressief of “af” nie, hy wil net hê sy moet weet hy het haar die liefste op aarde en dat sy vir hom baie beteken, dat hy oor alles met haar kan gesels.

“Ek was bewoë, maar op ‘n high. Van kleinsaf was Stefan my spesiale kind, ‘n dromer wat gereeld geskenkies aangedra of vir my iets te ete gemaak het as ek van die werk af kom. As hy aangevoel het dat ek nie lekker voel nie, sou hy vir my ‘n tydskrif koop, of musiek speel en blomme bring.

Tydens hul grootwordjare het ek baie met Stefan en sy broer, Hugo (26), ‘n regsgeleerde en liedjieskrywer van Johannesburg, gesels en dit help dat hulle nou nog met my oor enigiets kan praat.

Stefan en ek gaan eet graag uit, doen saam klere-inkopies of ruik nuwe parfuums. In Namibië toer ek saam met hom en dan kuier en gesels ons baie.

Ek kom uit ‘n gebroke huisgesin. My pa is weer getroud, weer geskei en het toe selfmoord gepleeg. My ma het haar verlore jeug nagejaag en meestal veel jonger kêrels gehad.

Toe ek en my man, Paul, ‘n forensiese deskundige, deur ‘n krisis in ons verhouding gegaan het, het ons besluit skei is nie ‘n opsie nie. Ons het besef geluk lê in jouself. Jy láát die
huwelik werk. Ons is die kinders se vangnet en dít het hulle ‘n goeie selfbeeld gegee.