phyllis_290_
Eie stories

André Fourie van Pretoria, skryf dié liefdesgedig uit Angola:

AAN JOU, MY VROU

Met jou blou oë so mooi, nuuskierig deur jou

glimlag genooi. Nou sit ek en droom, van ’n

leeftyd saam met jou, my wonderlike vrou

en steeds sweer ek trou,

vir altyd my liefde net aan jou!

 

Die tyd het geleer, sodat ek en jy nooit

weer, sonder mekaar deur die lewe hoef te

beur, want kosbaar en kort is die toekoms

in Sy beheer.

 

’n Vrou van durf en daad, by dit alles

my beste maat. Ek smag na jou in al my

verlange, met net een soos jy, koester ek

vele lewensverwagtinge.

 

Hier waar ek jou mis in ’n verre land,

voel ek jou kus hier diep in my hart,

ja, net twee met so egte band, vol

liefde met die Vader aan albei se

kant.

 

Met my kop op jou skoot, voel my liefde

so groot en vleg jy jou vingers deur

my hare, weerspieël die grys lange

jare. ’n Beter moeder vir ons seuns,

sal daar net nooit, ooit weer wees, want

jy is nes ’n engel in ware Gees!

 

Hier aan my sy, staan jy altyd by my,

met hierdie gedig en my liefde aan jou,

belowe ek steeds plegtig dan nou,

om vir altyd en ewig, ons huwelik

steeds nederig, op ware liefde

te bou!