sarie_1
Eie stories

Andri se dieet-blog: “Ek is nie ‘n ‘superhero’ nie”

Ek wil net vir elkeen super-baie dankie sê wat my blog lees en comment, julle ondersteuning beteken vir my ongelooflik baie. Julle het ʼn groot aandeel aan my gesonder leefstyl. En ook baie dankie aan al my vriende, dié van julle wat gevra het “noem my naam”, julle is bedank.

Ek voel partydae soos ʼn superhero, maar ek wil net sê ek is nie. Ek is ʼn doodgewone meisie wat net ʼn keuse tot ʼn gesonder gelukkiger en langer lewe gemaak het.

Ek het nog steeds seer in my lewe, en voel nog nie elke dag gelukkig oor myself nie. Maar wat ek probeer sê is as ek die verskil in my eie lewe gemaak het, kan julle almal dit ook doen. Al is jy tevrede met jou gewig en eet gesond.

Daar is nog ander gesondheidskwessies. Of jy wil dalk minder alkohol gebruik, óf jy wil ophou rook of ʼn rustiger lewe ly. Jy kan! As ek wat ʼn doodgewone mens is dit kan doen, kan jy ook. As jy regtig wil en jou hart en kop speel saam en jy glo in jouself, kan niemand jou keer nie. Ons is sterker as wat ons dink… JUST GO FOR IT!

Wat ek eet op my goeie dae:

Ek eet joghurt in die oggend, ʼn slaai met ʼn proteïen in die middag, en groente of Ryvita/Provita in die aand met kaas, of enige smere. Of weer ʼn proteïen.
En as ek honger word, eet ek joghurt, Provita of ʼn stukkie kaas. Selfs neute of springmielies as ek lus is vir ietsie. Rosyntjies is ook goed.
Nou en dan iets waarvoor ek regtig lus het…

Wenk

Kry ʼn vriendin of enige iemand wat jy ken en weeg elke week by daardie persoon, dit gee motiveer jou meer en jy het ook iets om voor te werk die week.Dan sien jy ook wat werk en wat werk nie vir jou nie. Dis regtig ʼn groot pluspunt as mens elke week kan weeg, want die weke wat ek nie elke week weeg nie, doen ek nie goed nie…

Die dae raak nou mooier, wees selfsugtig steel ʼn tydjie en gaan stap ʼn entjie, dit doen wonders vir die figuur en die siel.

Dankie vir als en onthou julle is awesome mense wat ʼn verskil in my lewe maak.

Tot volgende keer,

Andri

Andri**

  • Mel

    Mooi so .. ek se altyd, "The best revenge is looking good"

  • Yvette Swart

    Baie dankie vir vandag se blog.

    Dit praat reguit met hartskamers en motiveer my net nog meer vir ‘n ‘beter ek’ leefstyl. Ek dink die elkedag winterweer speel ‘n rol om ‘n mens soms, te laat wil-wil moed opgee. Ek het Maandag laatmiddag ‘n ent gaan stap. Die lug het so effense bytjie ingehad en die reëndruppels het liggies begin neerval. Dit was asof die koel luggie my kop skoongewas het en my motiveer het vir die week wat wag. Dankie vir jou raad en dat jy jou hart vir ons oopmaak.

  • Andri Muller

    Ek is ook ‘n Andri op die pad. Dit help om van ander mense se reise ook te lees. Ek stap met pad nou al ‘n jaar
    en is dankbaar dis nie ‘n jaar terug nie. Ekt bietjie van die bus afgeval maar is weer 100% terug! Sterkte vir
    elke dag en moenie moed verloor nie.

  • Lizbé

    Hi Andri, dankie vir die inspirasie, kon nie wag om weer van jou te hoor nie. Jy se niks van water drink nie, maar alle ander diete praat van liters water wat jy moet drink. En hoe baie oefen jy? Ek is nou op 11kg af en die velle begin hang. Enige raad. Groete en sterkte

  • Maretha Maritz

    Jy lyk baie goed. Hou duimvas vir jou. Jy is ‘n inspirasie!!!

  • Charmaine

    Vasbyt — deur ‘public’ te gaan het jy klaar gedoen wat baie van ons nooit die moed sou hê nie.
    Sterkte en ons hou jou dop. Dink aan jou.

  • Sharn Groenewald

    Ek lees gereeld al lewer ek nie gereeld kommentaar nie, ek is en bly trots op jou. Jy is vir ieder en elk ‘n inspirasie. Ons almal hou jou vordering dop en probeer ook so positief en gesond lewe hou so aan.

  • Jurien

    Hey andri , jou blog is motivering en insperasie! Die wereld kan doen met nog meer mense soos jy! !!! Mag di nblog I pad vol sukses wees vi jo en dit di doel bereik wat jy wil he dit moet! U go girl!

  • esther

    Andri, ek is so trots op jou. Ek weet jy kan dit doen. Ek is so bly jy het die regte besluit geneem, sterkte, en Peanut sou SO trots op jou gewees het!

  • Anreza

    Andri, jy is regtig ‘n inspirasie. Ek het dit al gesê, maar ek is saam met jou soooo opgewonde oor die nuwe pad vorentoe! Die beste kom nog :)

  • Suzaan

    Daars struikel blokke in almal se lewens en die feit dat jy gekies het om joune te oorkom en dit stap vir stap aan tepak se ek vir jou WELL DONE!!!!
    Eks self nou op die stryd om so paar Kilo’s af te skud want om op jou eie te lewe waar niemand heeltyd oor jou skouer loer nie vat maar sy tol!!!

    Hou aan om ander te inspereer want dit inspereer jouself!!!

    En om gesond te lewe IS lekker!!!

    Strongs Anna
    We all love u dearly!

  • Martie

    Ek sukkel self met I gewigsprobleem
    .my grootste kwessie is my klerekas,
    ek het so baie klere maar feitlik als in
    verskillende groottes.
    Hoe kan I mens positief bly?
    Gee asb raad. Dan nog iets wat my laat struikel
    is dat die dag goed afloop..maar slapenstyd
    is ek soos I
    Slaapwanelaar kombuis toe…help!