sr0811plum_blossom4
Eie stories

Anita le Roux van Weltevredenpark, skryf:

Liefste Rocky

Ek hoor die reën, dis nog donker en ek draai om, om jou vas te hou. Die pannekoek-rol waar jou lyf moet wees, is plat. Jy is al klaar op en aan die gang om jou dagtake uit te sorteer. Ek weet ek sien jou eers laat vanaand, moeg en honger.

Gedurende die dag ry jy op en af om ons dogter by die skool te gaan haal en haar by haar buitemuurse aktiwiteite te kry. Tussendeur gaan loer jy in by jou afgetrede ouers, net om te kyk of daar iets is waarmee jy kan help. Weer word ek herinner dat ek goud gevind het.

Ek dink ek sal jou moet ontvoer, net vir ’n paar dae waar ek jou alleen kan kry en bederf, lekker kielie in die bed, saam koffie geniet en uitkyk op die pragskone uitsig oor die see. Daar waar jy kan stilsit en ek weet jy rus.

Vir ’n kort rukkie is ons sorgeloos, alleen en sonder enige beplanning haastig iewers heen. Waar ons soos jong verliefdes kan sit en wyn skink en net die sonsondergang geniet, net weer saam wees sonder baie geraas. Spookasem deel, hande vashou en lang ente stap, net ek en jy alleen.

Net vir lekker bederf, omdat ek mag …