Eie stories

Annie Basson (7de Laan) se lewe, vrese en hoop

EK HOOP

dat daar genoeg opwindende, stimulerende werk vir ons spelers wag as hulle 7de Laan verlaat, sodat hul talent nie verlore gaan nie.

dat kleinkinders voor hul oumas en oupas grootword en eendag na hulle sal omsien. Dis tog die normale verloop van die
lewe . . .

om te reis en te reis tot die verste uithoeke van die wêreld: Moskou, St. Petersburg, Beijing, Luxor en die Vallei van die Farao’s, die Noorweegse fjords, die Asteek-tempels . . . Een leeftyd is nie lank genoeg vir als wat ek wil sien nie!

daar sal eendag werk wees vir my huishulp, Linah Knanyani, se seun, wat nou met sterre in sy oë die geleentheid het om meganiese ingenieurswese te studeer.

bekwame, hardwerkende mense word in bestuursposte aangestel sodat hulle ons land kan regruk. Selfverryking en korrupsie gee aanleiding tot miljoene wat gemors word en in amptenare se sakke verdwyn.

EK VREES

ek sal my sin vir humor verloor.

dat ek verstandelik of fisiek nie meer in staat sal wees om te werk, te lees of die dinge te doen waarvoor ek lief is nie. Om die teater te besoek, rolprente te kyk, musiek te luister of kuns te geniet. Dis dinge wat lewensvreugde gee. Daar is baie mense in hul tagtigs, selfs negentigs, wie se lewens positief vol is. Sal dit nie wonderlik wees as ek so gelukkig is nie?

die dag as ek nie meer kan reis nie.

dat my lewensmaat, Danie Odendaal, mede-vervaardiger van 7de Laan, en my goeie vriende voor my doodgaan. Dit sal eensaam wees sonder hulle.

vir die land se onderwys, hospitale, administrasie van stede en dorpe, skoon water, elektrisiteit – vir die skade wat dit aan die ekonomie doen as dit nie ordentlik bedryf word nie en uiteindelik uitkring tot werkloosheid en armoede.

WAT EK NOU WEET

As jy glo in ‘n speler se talent moet jy nie te gou moed opgee nie. Wanneer jy dit die minste verwag, is daar skielik ‘n deurbraak. Soms kan dit ses maande tot ‘n jaar neem! Dié sepie was sover baie opwindend omdat ons so baie nuwe talent
ontdek en sien groei het.

Ek het by 7de Laan geleer jy moet elke dag alles gee. Dis die enigste manier om ‘n goeie standaard te stel en te handhaaf.

As ‘n mens jonk is, dink jy nie aan oud word nie, en dis ook goed so. Maar as jy mý ouderdom bereik, besef jy oud word is nie vir sissies nie. Veral nou moet jy jouself nooit te ernstig opneem nie. Die eie ek en ego moet nou liefs gaan rus. Indien nié, sal jy inderdaad baie ongelukkig wees.

‘n Goeie vriend van my wat klasgee in die kunste het jare gelede baie ontsteld vir my gesê die jong studente weet nie meer wie ons is en wat ons gedoen het nie. Toe reeds het ek besef: Moenie vasklou aan ou prestasies nie. Elke dag vorentoe moet jy opnuut weer kreatief en positief vul.

Die liefde is seker die heel belangrikste ding in die lewe – vertroetel dit. Hoe meer jy opoffer en gee, hoe meer sal jy ontvang. ‘n Cliché, maar dis waar. As jy ‘n lewensmaat het wat saam met jou oud word, is jy baie bevoorreg, maar daar is ook familie en goeie vriende wat met jou ‘n pad geloop het. Net so spesiaal!

‘n Mens kan nie van almal hou nie. Selfs nie eens jou eie familie nie. Maak jou keuses en moenie energie vermors op diegene wie se taal jy in elk geval nie praat nie.

Ek praat van dit wat ek ken: my wêreld. Die toneel, rolprent- en televisiebedryf. Ek wil trots voel op die gehalte van programme. Ek het ‘n leeftyd gewerk in my vakgebied. Ek wil voel daar is mense wat kan oorneem en gehaltewerk lewer. Ek wil nie sit en skaam kry of selfs gril nie. ‘n Klein begroting is nie ‘n verskoning vir swak werk nie. Mense probeer allerlei belaglike truuks terwyl hulle nog nie die ABC van programme maak begryp nie. Daar is geen verskoning vir onkunde nie.

Ek is mal oor jong mense se vars idees en kreatiwiteit, maar moet dit asseblief nie verwar met onkunde en pretensie nie.

Die wysste woorde ooit was dié van die toneel-leermeester Babs Laker: “Negatiewe kritiek moet jou nie onderkry nie. Neem kennis en laat dit vir jou ‘n aansporing wees om nóg beter werk te lewer.”

  • pPAsdq munwuswimecn, [url=http://fbbkmxjljkgj.com/]fbbkmxjljkgj[/url], [link=http://bpqaykylgzvn.com/]bpqaykylgzvn[/link], http://qoqnecueqrju.com/

  • Ian

    7de Laan is op die oomlik die beste "soap" op die kasie. Sal eendag graag saam al die kerakters op die stel n dag te beleef.

    Moet se well done aan al die kerakters en sterre van 7de Laan daar is nie een ster wat ek kan uit sonder bo die ander een nie. Julle almal is gr8.

    Keep it coming.

    Well Done
    Ian Van Zyl

  • SARIE PEENS

    HALLO, EK IS DRINGEND OPSOEK NA MEESTER WAT OP SABC UITGESAAI IS. MY OUERS WAS ALBEI BYSPELERS EN EK SAL BAIE GRAAG VIR MY EN MY MA ‘N KOEPIE WIL AANKOOP, MAAR EK WEET NIE WAAR NIE. HELP ASSBELIEF