Eie stories

Baba Duney uit die teater

Dunay Nortjé (Kurt Darren se verloofde), na wie klein Duney genoem is, het ná sy van Baba Duney se storie gehoor het, besluit om geld in te samel vir dié groot operasie. Lees hier hoe hulle dit gedoen het. Duney is gebore met Vacterl TOF OA, ‘n rare sindroom waar ‘n babatjie se esofagus (slukderm) en tragea (lugpyp) verbind is, met die gevolg dat kos of melk in die longe beland. Gisteraand se operasie se doel was om die lekkasies te herstel.

“Dokters het haar ‘n skraal kans op oorlewing gegee en gesê dat sy vir byna 6 maande op ‘n ventilator sal moet bly, of minstens 2 weke. En wonder bo wonder toe Baba Duney uit die teater kom, het sy self asemgehaal. Dis net ongelooflik!” het Dunay vanoggend gesê.

“Op die oomblik is sy net aan 20% suurstof gekoppel. Die dokters het gesê die operasie was veel moeiliker as wat hulle verwag het. Hulle het die belangrikste prosedures afgehandel, en hoewel daar nog werk was, wou hulle nie vir klein Duney so lank onder narkose hou nie.

“Sy gaan vir 3 dae onder verdowing bly, want sy het te veel pyn,” het Dunay gesê.

Duney se ma, Mariska, het die volgende op Facebook laat weet:

“Hi almal dit gan goed met duney sy op so 20 persent suurstof ma dis net om ha te help want sy kry morfien ens. dis die kritieke 72ure en ons bid dat sy nie die vent gan benodig nie! dankie almal wat vir ha bid en ons ondersteun! dankie vir die wat fondse insamel God seen jul hartlik ons sou dit nie kon dun sner almal van jul ni!”

Julle het aanhou gee

“‘n Mens sou dink dat mense nou sou ophou gee omdat ons al die geld bymekaar kon kry, maar steeds stroom die donasies in. Mense hou aan gee,” het Dunay gesê.

Dunay Nortjé en Baba Duney

Só kan jy help

Jy kan ‘n donasie aan die Duney-hulpfonds skenk
Rekeningbesonderhede:
Duney Hulpfonds
Standard Bank
Lichtenburg-tak: 052539
Rekeningnommer: 284363219
Spaarrekening

OF Besoek haar Facebook-blad en versprei die nuus.
 

  • Sarie

    Is dit Dunay Nortje wat die baba vashou? Vir ‘n oomblik gewonder hoe dit moontlik is dat Duney se Mamma, sô baie na Dunay Nortje kan lyk… Sò dankbaar dat die operasie ‘n sukses blyk te wees.

  • Shirley

    Dis is vir my hartroerend om te sien hoe die ou lyfie daar lê en Dunay, ons kort nog mensies soos jy in ons land! Ons Liewe Vader sal jou Seen!!! Sy sal in ons gebede bly en ons glo vir ‘n volle genesing!

  • Sandra Erasmus

    Ek is so bly vir julle, vir al die ondersteuning wat julle gekry het!
    Ek het julle in die Kloof hospitaal ontmoet, toe ek my dogeterjtie gevat het vir toetse.
    Ek was verstom oor julle blymoedigheid ondanks al die terugslae.
    Het jou nommer verloor, anders het ek lankal al kontak gemaak.
    Mag die Here julle op julle pad seen, en julle net vreugde uit albei julle dogters kry!

    Groete
    Sandra Erasmus

  • alma boonzaier

    Mariska, Glo in die almag van GOD, dit is al wat my 17j terug laat aangaan het, my dogter is al 17 jaar en baie gesond,die kinderarts kuier nou baie hier en vertel al sy vriende van die wonderwerk. Glo glo

  • kate naude

    dankie Dunay maar alle eer aan die Here, sterkte aan die baba en haar ouers.

  • mariska ludick

    Hi Sandra ek soek jou al hoe lank en jyt my nommer gevat en het uit gesien om van jou te hoor ma het niks weer gehoor nie en ons het sleg gevoel omdat ons nooit kon dankie se nie jyt net verdwyn en toe nou kyk net hier vind die storie jou op SARIE…..wow dankie Sarie Sandra my nr is 0714427049 kontak my asb.

    Aan die res dankie vir julle suport en bystand. Jul gebede en geloof deur dit als saam ons julle is regtig so Amazing deur die hele ding saam ons dankie vir dit.